Vergange Sondag lewer ek my kort openingstoesprakie by ’n kunsuitstalling. Wonderlike skilderye deur Marcella de Boom, andersins bekend as my ma. As ek nie ten tyde van die uitstalling heeltemal by my sinne was nie, is dit omdat die skilderye my so oorweldig het. Sowat van metafore en ander wêrelde dat mens vir…
Category: Uncategorized
Hoofsaaklik aankondigings van nuwe bundels
Andries Bezuidenhout. Onbekende kunstenaar met onbekende album
My rekenaar praat Afrikaans. Ek is geensins ʼn taalstryder is nie, maar het per ongeluk op ʼn slag ʼn skakel uit ʼn vonkpos (hoe’s daai vir suiwer Afrikaans?) gevolg en toe het Microsoft my rekenaar se taal verander. As ek nou na musiek op my rekenaar luister staan daar woorde soos “gryp” en “sny” op…
Alfred, waar’s jou pasboek, jong …
(Hierdie skrywe het eers in effens beknopter weergawe as kommentaar onderaan Daniel se blog verskyn.) Ag, hemel, net toe ek gedink het ek en Daniel Hugo kan weer vriende word … Werklik, ek het lanklaas ’n meer gebalanseerde verwoording en beskouing gelees as Alfred Schaffer s’n in gesprek met Louis Esterhuizen oor die poësie van…
Andries Bezuidenhout. Op die pad tussen Ermelo en Morgenzon
ʼn Vroeër weergawe van hierdie een sit op LitNet: OP DIE PAD TUSSEN ERMELO EN MORGENZON verlede oktober wou ek aan die slaap raak op die pad tussen ermelo en morgenzon maar die somer het begin en die stekelstamme van verlede seisoen se mielies lê nog vir kwaadgeld in die lande rond en krap aan…
Bernard Odendaal. Komma by die voegwoord bring
Onlangs is ek en my kollega aan die Vrystaatse Universiteit, Hennie van Coller, in gesprek met ’n aantal M.A.-studente oor die sonnet as digvorm. Een van die gedigte wat ons lees, is “Geswinde grijsart”, deur die 17de-eeuse Nederlandse digter P.C. Hooft. Vir die eerste keer val die oortollige benutting van die aaneenskakelende voegwoord “en”…
Andries Bezuidenhout. “They’re always demolishing buildings in Johannesburg…”
ʼn Paar jaar gelede staan en kyk ek na van William Kentridge se animasievideo’s in die kunsmuseum in Kaapstad. Daar was toevallig ook ʼn toergroep met ʼn gids wat die kunswerke aan hulle verduidelik het. Op ʼn stadium sien ʼn mens, ek dink dis in Johannesburg: 2nd Greatest City after Paris (Kentridge het darem ʼn…
Holst in die Karoo
Holst in die Karoo Daniel Hugo In Johann de Lange se bundel Die algebra van nood (Human & Rousseau, 2009) staan die volgende gedig: Bloem in die Karoo Alles is oud en klaar, byna eentonig grandioos. Verby die treinvenster vaar vlaktes twaalfuur-oseaan. ’n Bruin lei waarop…
Andries Bezuidenhout. Skilder met woorde
POP IN ʼn BOKS (ʼn Kleuterrympie) Pandora of Tant Dorah? Wie sou kon sê wat dan nou onder in die trommel lê? ʼn Gollywog, Jack-in-a-box? Wie sou tog weet wat kan gebeur as jy die slot oop steek? ʼn Kraak, ʼn klap, en voor jy kan sê “mes” het alles verander, is die gees uit…