Peace goes into the making of a poem as flour goes into the making of a bread – Pablo Neruda Laasnaweek kuier ons in die wildtuin – personeeldorp, en hou braaivleis in die veld-veld onder die sterre sonder wagter of heining toe die gasvrou aankondig dat sy gou roosterkoek gaan maak. Ek bekyk die skotteltjie…
Category: Uncategorized
Hoofsaaklik aankondigings van nuwe bundels
Desmond Painter. Op soek na John Lennon Park
Dit was my laaste Saterdagoggend in daardie stad, en dit was tog ondenkbaar dat ek sou vertrek sonder om die Lennon Park te besoek. Lennon, ja, soos in John Lennon, die beroemde, bebrilde Beatle. En nee, die stad waarna ek verwys is nie Liverpool, Londen of New York nie. Dit is Havana — die een in…
Andries Bezuidenhout. Oorlog, goud en diamante
Dis vreemd hoe ʼn persoonlike geskiedenis deur groot geskiedkundige gebeurtenisse gevorm word, soos die ontdekking van goud en diamante, of oorlog. Kuier gister in Pretoria teen die Muckleneukheuwel by ʼn kunsgalery se langtafel in huis wat binnekort gesloop gaan word. Hare Krishna’s in die kombuis. Loop mense raak wat ek twintig jaar gelede raakgedrink het,…
Die metafisika van rugby
Vanoggend dan die persoonlike Nuuswekker soos beloof aan Pieter Hugo. Dit is nou in reaksie op sy (geïmpliseerde) innuendo dat digters amper per definisie sportvreemd is … Persoonlik vind ek dat daar júís baie poësie in sport te vinde is; vandaar vandeesmaand se Blogfokus en ook my eie passie vir ‘n verskeidenheid (uiteenlopende) sportsoorte. Derhalwe…
Jelleke Wierenga. Charmaine is dood
Charmaine C is dood. Mense sê sy was nooit met oom X getroud nie en daarom praat die plaaslike koerante van Charmaine M. Charmaine is dood. Sy is soos ’n dier keelaf gesny, op Woensdag 12 Mei 2010 of Donderdag 13 Mei 2010. Pas nadat nuwe slotte aan haar huis gesit is. Net voordat sy…
The Low Countries 18 nou beskikbaar
Een van die meer gesogte publikasies in Nederland is Ons Erfdeel se “The Low Countries – Arts and Society in Flanders and the Netherlands“. Die 2010-uitgawe daarvan onder die redakteurskap van Luc Devoldere aan die handel beskikbaar gestel en, grootliks vanweë die FIFA Wêreldbeker-sokkerfinaal, geniet ook Suid-Afrika ‘n besonderse fokus in dié betrokke uitgawe; soos…
Philip de Vos. Baie dankie vir die eerbewys
So nou en dan, as iemand êrens dink jou skryfwerk is goed genoeg, kry jy dalkies ’n literêre toekenning wat jy òf kan laat raam en teen jou sitkamer-muur kan hang, waar jou minder talentvolle vriende dit kan lees, òf anders kan jy dit in ’n laai gooi en vergeet. Eenkeer het ek wel ’n…
Andrei Voznesensky oorlede
Andrei Voznesensky, Russiese digter en reus in wêreldpoësie, is eergister in die ouderdom van 77 oorlede na ‘n onlangse beroerte. Voznesensky, wat veral in die 1960s op die voorgrond getree het, was een van die kampvegters vir intellektuele vryheid in Rusland tydens die post-Stalinistiese era. Hy het hom veral van sy tydsgenote onderskei op grond…
