Gisteraand was ek lus vir tradisionele kos. Ek maak toe rooiboksosaties (my skoonsuster Karla het die bok geskiet), gebakte ertappels en boontjies. Die belangrikste deel was die boontjies. Ek hou daarvan as dit op die ou manier gaargemaak word, met gebraaide uie en ertappel wat jy kook tot alles grys is en dan maal jy…
Category: Uncategorized
Hoofsaaklik aankondigings van nuwe bundels
Johann Lodewyk Marais. “Winternag” stimuleer
My belangstelling in die poësie het by “Winternag” begin. Dit was een van die gedigte waarmee ek in 1970 as st. 5-leerling aan die Primêre Skool Harrismith kennis gemaak het. Een of ander tyd aan die begin van daardie jaar het elkeen van ons in die Afrikaans-klas ’n afgerolde kopie van die gedig gekry om…
Johann Lodewyk Marais. Gedig
HIBBERDENE Maak oop die venster dat die see hier ruis. Sit madoembie en geelrys op die stoof. Kom, lief, hou die verlange in bedwang en eet saam met my krap uit die doppe. Buite broei frette in die flambojant. Johann Lodewyk Marais
Andries Bezuidenhout. Portretstudie 4
Ek wens hy wil nou ‘n digbundel publiseer. Vir eers moet ons maar na hom luister.
Andries Bezuidenhout. Nuwe liriek van volgende CD
Hier is ʼn liriek van die volgende CD af. Die CD gaan oor droë plekke. Ek wou dit “Dorsland” noem, maar die titel is reeds gedeps. Nou probeer ek ʼn ander titel vind. Ek dink nie iets soos “Confetti vir die dood se bruid” sal werk nie. Hopelik is dit nog hierdie jaar beskikbaar. SANDMYN…
Andries Bezuidenhout. Portretstudie 3
“…maar êrens diep binne my weet ek waar ek staan…”
Bernard Odendaal. ‘n Afrikaanse gelukbringervers?
Tydens die Volksblad-kunstefees van 2002 vertel wyle prof. Elize Botha ’n anekdote deur haar bewonderde George Steiner oor. “By ’n groot byeenkoms van skrywers in die Sowjet-unie, 1937, waar hulle met arendsoë deur die KGB dopgehou is, was ook Boris Pasternak aanwesig. Sy kollegas het by hom gepleit om nie te praat nie; hy sou…
Andries Bezuidenhout. In die begin was die woord…
ʼn Hele ruk gelede vra Ronel Nel my of ek lus is om aan ʼn projek deel te neem. Die idee is vir musikante om gedigte te toonset – ander mense s’n, of hul eie. Ek is nie seker of enige van my lirieke as gedigte op eie bene kan staan nie, so ek kies…