AANKONDIGING VAN WENNERS | KYK HOE VER HET ONS GEKOM: ’n gedigte- en kortverhaalkompetisie Aangebied deur PEN Afrikaans in samewerking met Versindaba en LitNet Moontlik gemaak deur Kruger Internasionaal PEN Afrikaans het op 8 Junie 2024 ’n kortverhaal- sowel as ’n gedigskryfkompetisie in samewerking met die aanlyn platforms…
Category: Uncategorized
Hoofsaaklik aankondigings van nuwe bundels
Gerda Taljaard: Tweedeplekwenner: Kyk hoe ver het ons gekom gedigtekompetisie
evolusie dalk oor ’n duisend jaar of wat sal iemand haar uitkalwe met skoffel en kwas en wonder wie hierdie mens was met die stewige gebeente, fyn hande en winkeltande en dalk sal antropoloë kan bepaal dat haar oë blou was en dat sy bars kon kyk en verwant aan Koisans en…
Anton Döckel. Gestroop
Gestroop Die digter strek sy vingers na die slotte van sy rekenaar om dit met twee vingers oop te speel Laat ons begin: Dit sal gaan oor herfs – terwyl ’n grys haar gereeld val op die spasiebalk voor die digter soos uit die maanhaar van ’n opgestopte leeu – is winter…
Vincent Oliphant. Geregtigheid
Geregtigheid coligny, 2017- 2020 Die blom plof toe die kind slaapwandelend daarna reik. Die mans kyk, deur goue stof verblind. Hulle het ‘n dief gevind nie ‘n kind deur die gewonde oё van van gogh verwonderd gelaat: Hy het geval toe die bakkie hom haak en in ‘n dodegreep sléép…
Voorgenome limeriekbundel: Wil jy saamskryf?
Is jy ‘n limeriekskrywer? Het jy ‘n fantastiese sin vir humor en ritme? Wil jy saamskryf aan een van die snaaksste boeke wat hierdie jaar die lig sal sien? Marieta McGrath, in samewerking met Ellen Botha, sowel as Naledi, stel ‘n limeriekbundel saam … … en daarvoor benodig ons jóú slim, skreeusnaakse, tip-top limerieke….
Ilse van Staden: Derdeplekwenner: Kyk hoe ver het ons gekom gedigtekompetisie
’n oorsprong dis nag miskien ’n miljoen jaar gelede, miskien minder en in ’n grot waar vuur splinterlig teen mure maak bekyk ’n mensding haar hand praat en beduie: ek, jy, grot, vuur hande wat tongspeel ’n afdruk in die as vingermodder op ’n aangesig ’n hand wys na my en uit…
Digtersprofiel: Adriaan Coetzee
Adriaan Coetzee se gedigte is in Nuwe Stemme 5 opgeneem en het ook op Litnet verskyn. Sy debuutbundel Gordel verskyn in 2014 by Protea Boekhuis. Coetzee het grootgeword in die Bankeveld. Hy woon op Sterkfontein waar hy sy eie tuinboubesigheid bedryf. Volgens Coetzee is hy in murg en been ’n tuinier, met ’n goeie kennis van die natuurlike omgewing waarin…
Henning Pieterse. ’n Huldeblyk aan Johann de Lange (22 Desember 1959-27 Maart 2025)*
In 2011, met die verskyning van Johann de Lange se bundel kwatryne Weerlig van die ongeloof, wens ek hom in ’n e-pos geluk met die bundel. Sy reaksie: “Nee wat, dis maar vingeroefeninge van ’n lui digter.” ’n Lui digter? Aikôna. Iemand wat 14 digbundels, twee kortverhaalbundels en ’n vrugbare blog geskryf het,…