Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Adolph van Coller

 

Adolph van Coller
Adolph van Coller

Adolph van Coller is op 5 Mei 1974 gebore in Thabazimbi se Ystermynhospitaal. Na afloop van sy studies aan die ou PU vir CHO en RAU, praktiseer hy vyf jaar lank as belastingregpraktisyn. Hy is egter nou amptelik ’n gerehabiliteerde prokureur. Van sy gedigte is onder meer opgeneem in die versamelbundels As die son kom oogknip (Protea Boekhuis, 2002), Bieblebom (Bent Uitgewers, 2003), Genugtig! 2006 (Genugtig! Uitgewers, 2006) en verskeie uitgawes van Spilpunt (Praag Uitgewers). Hy voltooi sy Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria onder leiding van Prof. Henning Pieterse.

 

killing time …

En by afloop van my dood se voorspel, my begrafnis stip beplan,

met vinger op pols, krale byvoorbaat gehang en alle dae op ʼn mespunt,

is wat oorbly om van die berge om ons vlieërs te maak

en van die vlieërs lewendige bondels verse,

wat die hand wat dit bymekaarvat ruk-en-pluk-en-ruk-en-pluk,

sodat dit voel of jy in die blouste boot van die nuutste hemel staan en tiervis vang.

 

halwe vers

Ek sal:

ruik aan die momente van die dag en wel in die besef,

van jou sigarette rook terwyl ek na verbygangers staar in die wete,

my oggende omlyn met jou donkerrooi lipstiffies en die gewaarwording herhaal,

vir jou jasmyntee skink en jou fynkam vir die geringste beduidenis van wonde wat stellig sal beweer,

die gedagte opper dat die son eensaam lyk dalk omdat hy in ʼn ewige rebellie leef teen lig en daarop wys,

my uitstrek vir die nag (wat ʼn weduwee!) soos laas vir die waters van Acapulco te midde van my uitroep,

die uitnodigings wat jou oë is ontrafel en geheimenisse van my eie voorlê alles in verband met liefde en oorlog en die belydenis,

jou opdiep uit die woestynlandskap van my kop om nag te sê voor ek alleen gaan lê om te droom hoe vrede moet lyk ten spyte van die toevalligheid,

verse skryf, ʼn baard groei en in sagte pinstripe pajamas uit lewens padgee, alles in simpatie met ons woedende wêreld en ons halwe waarhede wat aanhou uitskree,

dat alles tog so onvoltooid is

 

bekentenis

Hoeveel keer was dit al amper oggend

voor die lewe skielik weer ernstige saak raak en illusies verslaan?

Jy verlang nie meer nie en vroue sal nooit weer vir jou kaalvoet

soos Tequila kan wees nie.

Niks maak melankolie ooit meer minder mank nie,

want álles het ʼn donker kant.

So jy luister maar alleen na die reën –

al hoe harder soos die lewe se snelvuurafdelings.

Jy weet goed hoe jou stoep môre-oggend ʼn fokop gaan wees,

hoe die son soos altyd arbitrêr sal skyn.

Op hierdie datum het jy niemand spesifiek lief nie.

Jy bly vir amper altyd wag op sms’e en die uitslag

van 2005 se rain delayed us pga.

Jy lees die rapport om te kyk

hoe Toast Coetzer leestekens gebruik

en sweer by jouself dat die veradderlike gestigte

van jou verbete realiteit môre anders gaan lyk. Beter.

Drome is nie in ʼn dag gebou nie, maar jy weet:

al spel jy haar min of meer altyd verkeerd,

dis vir haar wat jy môre weer reënbuie en lentes sal wil aankeer:

Want. Sy. Save. Jou. Sy. Hef. Die. Afgrond. In. Jou. OP.

 

die las van geheue

In hierdie tye wat jy die lewe maar toelaat om aan te hou gebeur

terwyl jy jou so verskriklik besig hou met poësie, ja die poësie van alle dinge,

in hierdie tye vind jy jou kort voor lank by die bekslanerhek

waar jou buurvrou aan die een kant se tienerdogter

haar eerste onseker tree gee in die wêreld van mislukte selfmoordpogings,

waar jou buurvrou aan die ander kant op ʼn Saterdagaand

deur jou voormalige tuinier (nou slagter)

eers verwerk en dan van voor en agter verkrag word,

dit alles terwyl jy jou so vreeslik besig hou met wat poësie presies is,

terwyl die dinge begin gebeur waarteen jy nog altyd geskop, geskop, geskop het –

taal word nie meer realiteit nie, maar realiteit word skielik taal en God,

sodat jy móét wonder, jy waarvan die hart

skielik so swaar van geaardheid en donker van gehardheid is,

wat dan geword het van die dae toe jou woorde slegs maar name was

vir die uil op die dak wat nie weg wou vlieg nie

(veilig geanker as gebedsroeper, protesterend soos ʼn knalrooi vlag),

want die geheue is ʼn ivy en durend en met jou tyd vleg jy

tik-tak, tik-tak mandjies waarin jy onthou(-)dinge ronddra

terwyl jy smous met die sekondes van al jou dae.

 

© Adolph van Coller – Maart 2009

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d