Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Andries Samuel

Andries Samuel
Andries Samuel

Andries Samuel het grootgeword in die Vrystaat waar hy verskeie pryse vir kreatiewe skryfwerk as hoërskoolleerling aan Grey Kollege gewen het. Hy verwerf ‘n BA Argitektuur-graad en ‘n B.Arch nagraads aan die Universiteit van Kaapstad. Tussen grade werk hy in Tel Aviv en New York. Sy werk het verskyn op Litnet en in New Contrast. Benewens sy beroep as argitek werk hy ook deeltyds as skrywer en vertaler. Sy debuutdigbundel, wanpraktyk, het pas by Human & Rousseau verskyn.

(all god’s children took their toll)

een oggend vroeg

of miskien nie vroeg genoeg nie

aangesien die toevallige pa

die skoolbus misgis

in die onbeplande ekstra minute

wat ‘n skoolkind se hare vat om te borsel

in die ontoevallige sisteme

van die moderne heilige land

is die skool binne loopafstand

en kan voetslaan nog vir baie tel

ons vergeet ‘n handjie vol sakgeld

vir die klas se vrydagtombolatafel

“net tien sjekels mag ons vat”

die swart ogies blits

die vlegsel skiet in spriete los

ek grawe dan in my beursie

tussen die vreemde note

van ben gurion

om daar te kry

alle tyd verby

drie gewone sikkels silwer

(‘n Gedeelte uit ‘n langer gedig wat verskyn het in Wanpraktyk, Human & Rousseau, 2011)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d