Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Christine Barkhuizen-le Roux

Christine Barkhuizen-le Roux (1959 – 2020) is op 18 November 1959 in Vryburg gebore. Sy studeer op Stellenbosch en behaal ’n BA-graad met Bybelkunde en Sielkunde as hoofvakke.

In 2000 verskyn haar debuutdigbundel, dimensie. In 2005 behaal sy ’n Meestersgraad (cum laude) in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland met Nederlandse poësie as haar navorsingsveld. In Maart 2006 verskyn haar prosadebuut, die kortverhaalbundel Waar koek en wyn ontbreek by Lapa, en einde Augustus 2006 verskyn haar tweede digbundel met die titel roset ook by Lapa. In 2006 skryf sy vir ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfwerk by die Universiteit van Kaapstad in. In 2010 verskyn haar eerste roman, Padmaker, by Human & Rousseau.

Barkhuizen-le Roux was ook ’n skilder en het veral studies gedoen met ’n simboliese inslag.

Lees gerus ‘n meer uitgebreide biografie op Litnet:

https://www.litnet.co.za/christine-barkhuizen-le-roux-1959/


 

reën

 

nóg klem die persbergdraaibos

die somerstof

in kleingekrimpte handjies vas

maar op die suidooswind

ruik ek die eerste reën

en skielik

skarrel ‘n skare geel

blare soos kuikens oor die werf


 

telefoongesprek

 

ag die ou bene pyn maar jong

dis koud en dis alleen

vanoggend het dit hard gereën

die huis is so vol stof

ek slof maar aan

loop in my kamerjas

die baba van die bure skree aaneen

hulle kat het in my tuin gekrap

wat maak die kinders

leer hulle mooi?

sê ouma stuur groete

hulle moet kom oë wys

dis koud

lyk my dit gaan weer reën

 

© Christine Barkhuizen le Roux. Maart 2011


 

laaste wil

 

vou my in ‘n groen jurk toe

en lê my op ‘n kisplankbaar

wanneer die aarde donker word

die wolke druppelloos

skuif my in die smal hoogoond

sodat ek wit kan brand en weg

nie wag op wurms ondergrond

kranse bolangs Sondagsverdriet

neem my potkleikruik en as

breek dit tot skerwe skud my vry

oor waboom tolbos en bergriet

teen Gysmanshoek se hoogste spits

wanneer die reën en groei weer kom

blare hand uitsteek na die son

sal jy my sien in suringgeel

waar ek tussen die kwartsklip blom

neurie deuntjies van geen berou

hoor hoe die jong hoep-hoepies roep

die swart toktokkie sein en klop:

ek het

geleef

ek leef

in jou

 

©  Christine Barkhuizen le Roux, Feb. 2011


 

erf

 

dit was omtrent in hoofstuk sewe

waar ek wou terugblaai om te kyk

hoe dra die donkergroen lukwart

oorkant die heining van die bure

ook vrugte dié kant van die draad

die huis se mure was van glas

deursigtig of dit nooit daar was

die kantgordyn ‘n hersenskim

het een oomblik my ingelaat

om weer die koffiesak en -moer te ruik

die selfbakbrood uit ma se oond

onthou se klein-ure wat roer

maar niks het in die raam gepas

in my verbeelding moes ek tas

na ‘n groen tafelblad van panelite

waar pa die loon in bruinkoevert

in ma se eelthand sit

sy oë sluit onder die lig

en vir sy kinders se geleerdheid bid

eenkant in ‘n vergete hoek

waai net die bloekom oor die werf

gister is ‘n verhole boek

slegs wind is wat die hart vererf

 

©  Christine Barkhuizen le Roux, Mei 2009

 

(Hierdie gedig was deel van ‘n projek van die ATKV: Skilder met woorde. Die gedig is geskryf

ter aansluiting by die kunswerk van Lien Botha: Die huis en alles daarin waai weg.)


 

somer

 

laat jou hande

oopgaan oor my

die jong knoppe lê volgebloei

sag aan die vingers van die mond

en langsamer sal jy

uit hierdie kelk die somer drink

die voorspel

tot die najaar klink

laat my

aan jou hand glo

ook oop rose

is mooi

 

Uit: Versindaba 2006. Marlise Joubert (samesteller), Protea Boekhuis, 2006

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d