Corne Coetzee

Corne Coetzee

 

Corné Coetzee het in Pretoria grootgeword en in biblioteke gewerk voordat sy joernalis, teaterresensent en subredakteur geword het. Ná kinders het sy begin tydskrifartikels skryf oor veral die omgewing. Sy het in 2015 ’n M.A. in kreatiewe skryfkuns by die Universiteit van Pretoria voltooi. Sy woon saam met Hans Pienaar en een van hul dogters in Johannesburg.

Van haar gedigte het in My ousie is ‘n blom (2006), Karapaks 6 (2008) en Nuwe Stemme 4 (2010) verskyn. Coetzee debuteer in 2017 met die digbundel nou-hier.

 

 

Hoogsomer

 

Wat sou ons gemaak het

as ons geweet het,

daardie volmaakte Februariemiddag,

dat die laaste vy ryp geword het

en die eerste blaar

sel vir sel sy skeidingslaag begin bou het?

’n Mens is tog geen vyeboom nie

’n Mens kon tog plan gemaak het

 

© Corne Coetzee

Bookmark and Share