Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Elna Crouse

Elna Crouse is op 30 Julie 195I in Port Elizabeth gebore. Sy spandeer die grootste gedeelte van haar skoolloopaan in Vryburg, maar matrikuleer aan die Hoërskool Voortrekker in Boksburg. In 1972 behaal sy die graad BA Tale met sielkunde as ekstra hoofvak en in 1973 H.N.O.D (buitengewone onderwys) by U.P. Sy hou skool by die Transoranje Skool vir Dowes en voltooi die Honneursgraad in Sielkunde buitemuurs by U.P. in 1975. Daarna werk sy as skoolsielkundige by die inspektoraat van Nasionale Opvoeding. Sy tree in die huwelik in 1977 met die beeldhouer Tienie Pritchard en verlaat die formele sektor. Vanaf 1997 – 2001 aanvaar sy weer betrekkings as sielkundige berader en menslikehulpbronbestuurder.

In 1998 verskyn die kortverhaalbundel ‘n Moeg hond onder die bed en in 2007 haar debuutdigbundel Gestaltes van ‘n dogter – in konfigurasie [Genugtig! uitgewers]

Moeg hond gaan hoofsaaklik oor mense wat voor ’n keuse te staan kom wat vooraf verwerwing van selfkennis vereis. Hierdie proses word ook in Gestaltes verbeeld en as mens analities na die skrywer se werk kyk, is haar belangstelling in hoe elke individuele mens se psige werk en sy keuses beïnvloed die kern van haar kreatiewe motivering.


 

Afrikaans

 

ek kan my oë vlugtig oor die boekblaaie stuur

die woord staan pretensieloos op papier

foneties in skryfsimbool uitgestal

maklik vir die tong om op te tel

in klanke aards en rond

wat ribbelend op r’e rol

grinterig in g’s gons

en vloei uit my mond

soos water oor spoelklip

die bron is ‘n hartfontein

wat opwel en oorloop en vul

leegtes vanaf harspan tot abdomen

 


 

die onthulling

 

as ek jou nie in jou oë kan kry nie

jou stilte ‘n lading dra

wat roer in jou vingers jou asem

se ritme weet ek jy bewaar jaloers

die geheim wat binne jou broei

wat weldra onder jou hande gestalte sal kry

as jy skigtig die doek van die klei afhaal

is jou skouers styf jy voel kaal

soos jou beeld met hierdie blootlê

van jou heiligste vir ontgogeling

 

© Elna Crouse – Maart 2009

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Anne-Marie Bartie. Kidnapping-accused mom told State witness she sold Joslin Smith to a sangoma, court hears

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. T.T. Cloete en John Donne
  • Jakes Möller. Vergesig
  • Jacques Boshoff. Skoonmaakdag
  • Gerard Scharn. dirge
  • Willem M. Roggeman.

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Gerard Scharn. dirge5 March 2026

    Treffende ironie. Die hart sing sy solodeuntjie.

  2. Bernard Odendaal on Willem M. Roggeman.5 March 2026

    Boeiend.

  3. Willem Hendrik Meyer on Kan iemand help?4 March 2026

    Dis wel my werk wat ek gedoen het vir die Oor die einders van die bladsy projek van die Noordwes…

  4. Alwyn Roux on Kan iemand help?4 March 2026

    Hierdie is die werk van Hennie Meyer.

  5. Petra Pienaar-Nel on Joan Hambidge. T.T. Cloete en die kanon3 March 2026

    Uit watter bundel kom die gedig oor Leopold?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d