Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Elna Crouse

Elna Crouse is op 30 Julie 195I in Port Elizabeth gebore. Sy spandeer die grootste gedeelte van haar skoolloopaan in Vryburg, maar matrikuleer aan die Hoërskool Voortrekker in Boksburg. In 1972 behaal sy die graad BA Tale met sielkunde as ekstra hoofvak en in 1973 H.N.O.D (buitengewone onderwys) by U.P. Sy hou skool by die Transoranje Skool vir Dowes en voltooi die Honneursgraad in Sielkunde buitemuurs by U.P. in 1975. Daarna werk sy as skoolsielkundige by die inspektoraat van Nasionale Opvoeding. Sy tree in die huwelik in 1977 met die beeldhouer Tienie Pritchard en verlaat die formele sektor. Vanaf 1997 – 2001 aanvaar sy weer betrekkings as sielkundige berader en menslikehulpbronbestuurder.

In 1998 verskyn die kortverhaalbundel ‘n Moeg hond onder die bed en in 2007 haar debuutdigbundel Gestaltes van ‘n dogter – in konfigurasie [Genugtig! uitgewers]

Moeg hond gaan hoofsaaklik oor mense wat voor ’n keuse te staan kom wat vooraf verwerwing van selfkennis vereis. Hierdie proses word ook in Gestaltes verbeeld en as mens analities na die skrywer se werk kyk, is haar belangstelling in hoe elke individuele mens se psige werk en sy keuses beïnvloed die kern van haar kreatiewe motivering.


 

Afrikaans

 

ek kan my oë vlugtig oor die boekblaaie stuur

die woord staan pretensieloos op papier

foneties in skryfsimbool uitgestal

maklik vir die tong om op te tel

in klanke aards en rond

wat ribbelend op r’e rol

grinterig in g’s gons

en vloei uit my mond

soos water oor spoelklip

die bron is ‘n hartfontein

wat opwel en oorloop en vul

leegtes vanaf harspan tot abdomen

 


 

die onthulling

 

as ek jou nie in jou oë kan kry nie

jou stilte ‘n lading dra

wat roer in jou vingers jou asem

se ritme weet ek jy bewaar jaloers

die geheim wat binne jou broei

wat weldra onder jou hande gestalte sal kry

as jy skigtig die doek van die klei afhaal

is jou skouers styf jy voel kaal

soos jou beeld met hierdie blootlê

van jou heiligste vir ontgogeling

 

© Elna Crouse – Maart 2009

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Agterstevoorom
  • Joan Hambidge. Bertolt Brecht in Afrikaans

Nuutste kommentaar

  1. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  2. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  4. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

  5. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d