Christo van der Westhuizen

Christo v.d. Westhuizen

Christo v.d. Westhuizen is ’n man van vele beroepe. Hy was al onderwyser, taalpraktisyn, joernalis, boekresensent en senior dosent in literatuurwetenskap, mediastudies en bemarking aan die Universiteit van Limpopo, waarna hy hom as kopieskrywer bekwaam. In 1998 behaal hy sy D Litt aan Unisa. As bemarker is sy werk plaaslik en internasionaal bekroon – hiervan is sy konseptuele bydrae tot die AVBOB Poetry Project wat in 2018 deur M&M Global in Londen aangewys as die beste veldtog internasionaal in die sektor finansiële dienste. Christo is die medestigter en besturende direkteur van die BRAND et al Groep.

Alhoewel Van der Westhuizen se debuutbundel, Chrisalis, eers in 2019 by Naledi uitgegee is, was skryf nog altyd deel van sy lewe. Skryf is vir hom ’n roetine sowel as ’n dissipline.

 

Literariteit, ’n psalm van Šklovskij
.
al dig ek ook in die skadu van skyndood
ek sal geen beeldspraak vrees nie

nou blink my wonde in rym
in die raaisel van die poësie
sal ek met behae
tot in lengte van dae
tussen die lyne skryf

 

© Van der Westhuizen, Christo. 2019. Chrisalis.

Bookmark and Share
  •