Louise Viljoen

Louise Viljoen

 

Boekwurm Louise Viljoen is ’n vryskutresensent, -skrywer, -manuskripontwikkelaar, -redigeerder en -proefleser. Sy werk heeldag met stories – haar eie en ook dié van ander. Dit is haar passie om skrywers te help om hulle manuskripte te slyp. Sy lees dus vir werk én vir ontspanning. Daar het al honderde boekresensies en artikels sowel as twee kinderboeke, ’n geestelike roman en ’n wetenskapsfiksieboek uit haar pen verskyn. Haar kortverhale is in verskeie tydskrifte, waaronder Huisgenoot en Rooi Rose, gepubliseer. Louise is van die pragtige kusdorpie Jeffreysbaai in die Oos-Kaap. Sy was voorheen skoolhoof by ’n privaat Engelse Christenskool en is tans besig met nagraadse teologiese studies.

Bookmark and Share