Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Selwyn Milborrow

Selwyn Milborrow

Selwyn Milborrow is op 21 Augustus 1967 in Port Elizabeth gebore.  Ná matriek werk hy by die plaaslike biblioteek as assistant bibliotekaris. Hy volg daarna ‘n BA-kursus in letterkunde aan die Nelson Mandela-Universiteit.

Sy eerste kortverhaal is deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging gepubliseer. Sy gedigte verskyn in publikasies Ons kom van vêr – Bydraes oor bruin Afrikaanssprekendes se rol in die ontwikkeling van Afrikaans by Naledi, As die son kom oogknip, Vensters van die hart, en Weaving the Fabric, ‘n projek tussen Swede en Suid-Afrika.

Selwyn is ’n stigterslid van SKOP (Skrywerskring van die Oostelike Provinsie).

Hy was vyf jaar lank ’n rubriekskrywer vir Die Burger se ‘Van alle kante’ rubriek. In 2005 is hy gekies om onder die toesig van Daniel Hugo en Joan Hambidge, deel te neem aan Sanlam/LitNet se aanlyn-skryfskool in die poësie afdeling. Milborrow het ook slypskole saam met Belgiese jeugskrywers by plaaslike hoërskole in Port Elizabeth aangebied.

Sy digbundels Poësiepalet, en Drieluik, met onder andere Vincent Oliphant en Diana Ferrus, verskyn later by Vivlia Uitgewers. Albei bundels was vir hoërskole voorgeskryf. Sy nuutste digbundels sluit in The Write Side (2015), Diglossos (2019), en Poetryopia (2022).

 

Die vredemaker

18 Julie is vir elke landsburger ’n oomblik vir stilstaan. Dan móét ons mooier luister om mekaar beter te verstaan; nederig en sonder enige kwaad. Madiba het vrede en versoening gepreek en gespreek. Hy het saam met Betsie tee gedrink en met Diana geselsies gehad oor mensehaat en sy Springboktrui by die 1995-rugbywêreldbeker. Madiba se heengaan laat ’n leemte, en hierdie reënboognasie stort hartseertrane. Lala ngoxolo, Madiba.

 

©Selwyn Milborrow /LitNet 2017

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d