Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Gilbert Gibson

Gilbert Gibson is in 1963 gebore. Hy word tussen Winburg en Marquard as ’n plaasseun groot en matrikuleer aan die Hoërskool Marquard.

Hy studeer mediese wetenskap aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat en praktiseer as internis in Bloemfontein. Hy het ’n belangstelling in kardiovaskulêre risikofaktore en siektes wat met slaap verband hou.

Gibson se eerste verse verskyn in Standpunte en Tydskrif vir Letterkunde terwyl hy nog op skool is. Sy gedigte word ook in verskeie bloemlesings opgeneem waarvan o.a. Nuwe stemme 2 en Groot verseboek.

Sy debuutbundel, Boomplaats, verskyn in 2005 en word in 2006 met die Protea Poësieprys bekroon. In 2007 word dit opgevolg met die digbundel Kaplyn. Sy derde digbundel, oogensiklopedie, verskyn in 2009 by Tafelberg en word met die ATKV Poësieprys bekroon.  Hierna verskyn nog twee bundels vii (2011) en Vry- (2015).

Luister na ‘n video-greep van Gibson se voorlesing tydens Versindaba 2007.


 

[12]

pieter het ‘n sleutel of iets aan die

punt van ‘n lang tou vasgemaak en

die gedoente so wirrrwirrr bokant sy

kop geswaai plaasskoolwapen totdat

die lyn gebreek het daar trek die sleutel.

toe attie en willie die tweeling mekaar

met pendorings in hulle windties geskiet het

moes sy pa willie vashou dat hulle een met

‘n tang kon uittrek. by die van rooyens se

lyndraad het hansiereinecke van sy perd vertel

net een sprong beweer hy sanet

pieter se sussie het saam met orna pouses

op die bord geteken, die

skooltjie se voorstoep beywer onder

klere en voete wat

soos gewigdraende stutte van

ons maer lywe hang. die nagels

van port nolloth loop huistoe oor die

gras soos die haastige wip

van ‘n kwikkie wat net so vinnig verdwyn

soos ek, die kind,

en die sleutel aan pieter

se tou

se punt

 


 

[14]

jou oë lê soos dooie vullens bokant

jou wange na ‘n uitbraak van perdesiekte

die wenkbroue daaroor die kleur van brommers

in die son. soos klippe in die veld

lê jou oë, en ‘n wind wat die aanheg

van gras tot skaduwee roer, waai deur jou mane.

jou oë dryf in die bloed onder jou voorkop

die wimpers geril tot inkennigheid

ek wil jou ribbe inval soos runderpes,  die lyf

infekteer en stilletjies wegsluip voor die vlerkklap

van aasvoëls. ek neem jou besit soos ‘n slaak

van verligting, jou oë ‘n gestorwe graal:

jou keel is blinkvos

jou mond ‘n splinternuwe saal

 

© gilbert gibson. [ongepubliseerde verse] Oktober 2010.

 


 

anatomieles

 

 my hart groei in jou liggaam

ingekiem soos ‘n oorlog.

my organe lê in jou, bevlees

omhul deur logiese liefde

gekuis ontbeen van vel en spier

my longe lê in jou soos ‘n gelate

my nier onwillig gekoester deur insnydings.

soos oor riviere is my

vingers aan jou hande vas, my mond

oor jou dooie gesig gesper. en so

veilig soos ‘n loopgraf teen

die kant van die kop luister leweloos

my oor. my hart lê in jou liggaam,

van liefde en bloed uitstedig.

en die hart groei, in sterfte, uiteraard

ook welig.

 

Uit: Versindaba 2007, Marlise Joubert [samesteller], Protea Boekhuis, 2007

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d