Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Hennie van Coller

Hennie van Coller
Hennie van Coller

Hennie van Coller woon en werk in Bloemfontein en is die outeur van meer as 100 artikels in geakkrediteerde tydskrifte, 37 hoofstukke in boeke, talle populêre publikasies en resensies en is die outeur, mede-outeur of redakteur van 19 boeke, o.a. die driedelige literatuurgeskiedenis Perspektief en Profiel. Binne universiteitsverband was prof. Van Coller vir baie jare lid van Fakulteitskomitees, sekundus-dekaan én agerende dekaan.  Hy debuteer met die bundel Soom by Griffel uitgewers in 2012.

 

‘n Bees in die landskap

 

Hier in die linkerkantste hoekie van die doek staan sy.

Só die winterwitterige landskap ingeloop.

Maar ek die kyker weet: haar lewenslot is tog verknoop

deur verf en kleur, onomstootlik, aan dié skildery.

 

Dis ek wat probeer winter skep deur dennenaaldekwas en duime

wat geel gras maak met dik en malse kleure, spikkelrooi,

die son net suggereer deur spore, veral ‘n skaduwee mooi

in die middel. Dit wat ontbreek, is alles my versuime.

 

Jy soek verniet iets van my wese in my gesig.

Daar is geen woede, weemoed, niks af te lese –

ek is die afwagtende, die swygsame, die bedeesde

maar op dié styfgespande linnedoek dra ek gewig:

 

deur my rig sy die kykersoog omslagtig – en met lis

eindelik na binne: daar waar die winter werklik is.

 

 

Somer

 

Dis hoogsomer nog hels warm in Bloemfontein.

Soms skuif Dealesville verby in bolle bruinerige stof.

Vroeg is die son al uit die vere; laat steeds vol venyn,

maar in windstil aande bring ons graag die Gewer lof.

 

Vroegaand lê mieliestronk en wingerdstomp gereed

in ‘n bloedrooi kolemat terwyl pofadders bruin raak.

Stringe boerewors, lamstjops, alles word nou afgemeet

behalwe die gawes wat ons ontvang in ruime maat.

 

Eers proe ons omsigtig aan Cap Classique en Bartho se Bloos,

iets later vermeng Sauvignon se pynappel met Viognier

se appelkoos. Katoliek drink elke Calvinis nou na hul gier.

 

Tienuur se stryk bring somerbuie ‘n end aan dié paskwil.

Mense draf na motors, soek skuiling, als raak stil.

Die ganse somerhitte het nesgeskop in lyf en litte.

 

 

Besoek: Groblersdal

 

Dis Vrydag laat toe die A55 daar stop

langs die laning brame regoor die afdak

waar die separator staan.

Ouma wieg nader soos ‘n skrophoender;

Oupa Dick haal amegtig asem.

Pa stop hom die half-jack in die

hand: Mellow-Wood of Limousine.

Ma staan verskrik opsy vir die

verwelkoming van Smuts, Oupa

se werfhond, soos sy naamgenoot

deur Ouma vir altyd die huis verbied.

Ouma se leghorns is boetvaardig:

lê op versoek, eiers en vir die byl.

Oupa moedig ons aan om eiers te eet

en saggekookte hoendervleis, bedien

met pap rys en groen tuinbone

waarin uie, aartappels en skaapvleis lepellê.

Smiddags kraai Andrews se boerbrood

koning, twee hande hoog, met braamkonfyt.

Vir die besoekers uit die stad van goud, heel

soos ek my die paradys altoos verbeel.

Op die linoleumvloer later is slagordes opgestel,

daar word om Troje geveg – tot die laaste

man sneuwel met ‘n tandestokkie diep

in sy goed gevormde kleilyf gedryf.

Oupa se roggelende hoes kruip deur die huis.

Tuis bly ek vir ewig in dié droomverblyf.

 

(Gedigte uit: Soom, Griffel, 2012)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Anne-Marie Bartie. Kidnapping-accused mom told State witness she sold Joslin Smith to a sangoma, court hears

Nuutste bydraes

  • Carina van der Walt. Drie taalmanifestasies
  • Onderhoud: Johan Braeckman gesels met Yves T’Sjoen oor sy Breytenbach-drieluik
  • Stephan du Toit. verhuis
  • Mysterieus alternatief voor ‘woke’ Boekenbal
  • Wynand J Booysen. Stilkind

Nuutste kommentaar

  1. DIETLOFF VAN DER BERG on Bester Meyer. Breyten Breytenbach: Om die duif wat opkom en ondergaan aan te hou volg …8 March 2026

    Baie dankie vir hierdie persoonlike siening en waardering van Breyten se werk.

  2. Gerard Scharn on Gerard Scharn. dirge6 March 2026

    Baie dankie meneer Odendaal.

  3. Bernard Odendaal on Gerard Scharn. dirge5 March 2026

    Treffende ironie. Die hart sing sy solodeuntjie.

  4. Bernard Odendaal on Willem M. Roggeman.5 March 2026

    Boeiend.

  5. Willem Hendrik Meyer on Kan iemand help?4 March 2026

    Dis wel my werk wat ek gedoen het vir die Oor die einders van die bladsy projek van die Noordwes…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d