Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

I.L. de Villiers

Izak Louis de Villiers (1936 – 2009) het 19 jaar lank as predikant gedien in verskillende gemeentes van die NG Kerk. Hy is berymer van 69 gesange in die nuwe Liedboek van die Kerk en was ook medewerker en -berymer van die Gesangboek van 1978.

In 1982 word hy redakteur van Sarie en in 1991 is hy aangestel as hoofredakteur van Rapport en lid van die direksie van Rapport-Uitgewers. Sy gereelde politieke rubriek – Sondag met Izak de Villiers – is wyd gelees, asook die politieke hekelrubriek, Pollux, wat hy tot 1997 hanteer het.

Vier digbundels het reeds van De Villiers verskyn – Leitourgos (1972), Gelykenisse en ander verse (1975), Leviet en Vreemdeling (1978) en Jerusalem tot Johannesburg (2005).

Verskeie pryse is aan hom toegeken, onder andere die D.F. Malan-medalje (vir diens aan die Afrikaanse taalgemeenskap) van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in 2002. In 2003 ontvang hy die Best Publication Award van die Christelike Boekhandelaarsvereniging en in 2005 die Goue Toekenning van dié vereniging.

Die digbundel Jerusalem tot Johannesburg is met die MNet-prys vir Poësie (2006) bekroon. Sy jongste digbundel Vervreemdeling, verskyn in 2008 by Tafelberg uitgewers.

Lees gerus ’n meer in diepte biografie oor die digter op Litnet:

https://www.litnet.co.za/il-de-villiers-1936-2009/


 

Rondom die Pêrel is wingerde en berge Heildronk

 

groter, groen- en blouer as Jerusalem,

en ná die winterreën drup dae oor die nat graniet,

helder soos porselein wat uit diep, warm seepskuim kom,

met blinkheid soos Boheemse fyn wynglase van kristal

wat glans in sagte lig op winkelrakke by die Karelsbrug in Praag:

dié helderheid rúík soos bokale glas wat pas geblaas is

in kleur vir ouerige toeriste op Murano.

Ek kom uit die aarde van eike en olienhout,

en diamantdae waar die rivier bly kronkel deur die wingerde,

dié rye ware manteldraaiers met die blare van seisoene,

waar die mosruik elke somerherfs oor wit kelders hang.

Ek sal weer teruggaan, na die geil aarde van Dal Josafat,

langs die landgoed van Nederburg waar wyn geproe word

uit die blink glase van kristal. En die groot granietberg sal glinster

as ek deel word van die dae en saam groei in wingerd, olienhout en eik –

heel moontlik opgesuig word in die sap van druiwe.

En iets van my, ek, sal in ’n glas saggies geskud word:

in die geure van God van die wonders en wingerde

en Jesus sal weer wyn maak en my proe soos by die bruilof,

sy kop effe skud oor te veel vaste suur, maar tog ’n vrugtesmaak

– appelkoos en nartjies, olyf – en dink aan sy dae by Kapernaum

en sy vriende by ’n meer met waters wat blink in die Oosterse son,

ook sal Hy my bewaar in die Katedraalkelder van sy gedagtes,

dalk vir ’n Pêrelse heildronk met dienende engele

op ’n hemelse kristaldag.

 

Uit: Versindaba 2006. Marlise Joubert (samesteller), Protea Boekhuis, 2006

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Dylan Allen. Ma
  • Hendrik J. Botha. Vir Joan op sewentig.
  • Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)
  • Vers-en-klank: Joan Hambidge
  • Gerard Scharn. het boek job herzien

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  2. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  3. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  4. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d