Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Kobus Lombard

Kobus Lombard

Kobus Lombard is in 1952 in Waterval-Boven gebore en het as ’n aangenome kind – uit die Maria Klopper-kinderhuis – in Gobabis, Namibië grootgeword. Nadat hy matrikuleer in Windhoek aan die hoërskool Jan Möhr, voltooi hy sy verpligte diensplig in die SA Lugmag. Hy studeer in die handelswetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch en doen sy nagraadse studie in sielkunde deur UNISA.

In 1980 verhuis Lombard terug na Namibië. Tans is hy werksaam by die Stadsraad van Windhoek as opleidingsbestuurder.

Sy debuutbundel Geknipte naelstring verskyn in 2001 by Protea Boekhuis en haal in 2003 die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys. Hierna verskyn nog vier bundels uit sy pen: Tussen wysvinger en duim (2005), Vlerke vir my houteend (2010), Skadu oor die sonwyser (2015) en Tussen toeval en willekeur (2018).

Van sy gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, insluitende “Groot verseboek” en “As die son kom oogknip”.

 

Gedronge

Sal ek ooit weer
oor ’n vleiland kyk
sonder om die rus
van die water te bedig,
na ’n tortel luister
sonder om die klinkers
in sy koer te hoor?
Kan my dag nie net breek
sonder ’n korhaan
wat opvlieg
uit die oop veld nie?
Sal ek ooit weer huil
sonder om my bolip
met pen en ink
na te trek?

 

*

 

Manuskrip

ek stuur gerangskikte woorde
satellietlangs, ver oor die Gariep
tot waar ’n oog
agter ’n vreemde ruit
deur kantgordyne
silhoeëtte in my kamer
kan herken

 

(Uit: Tussen toeval en willekeur, Naledi 2018)

 

*

 

Uitsoeklê

 

in die skoot van hierdie dorsland

kan julle my neerlê en telkens

as die blare van ’n geelhout ritsel

of ’n jakkals roep na sy maat

agter die kam van die verste duin

sal ek knus my beendere omdraai

 

om verder te rus

 

(Uit:Tussen wysvinger en duim, Protea Boekhuis 2005)

 

*

 

Wegskryf

 

hoe ver van jou tong

kan jy die bloed

van ’n oop wond proe

hoe ver van jou oog

kan die beeld

op jou geel vlek val

hoe ver van die sweepklap

kan jou pen se op en neer

met jou oortrom resoneer

 

skrywer

hoe ver van jou lyf

kan jy dit waag

sonder dat die leser

die doodsreuk kry

 

(Uit: Vlerke vir my houteend, Protea Boekhuis 2010)

 

*

 

Blinde geloof

 

hoe betwyfel jy die god

wat met moedersmelk

jou dors geles het

 

almal se god is goed

almal se god word kwaad

elke god het ’n hemel

elke god het ’n boek

 

dat jou moeder se melk

van die lewende God drup

bly helaas

’n kwessie van geloof

 

(Uit: Vlerke vir my houteend, Protea Boekhuis 2010)

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: “om my kastele in Spanje te sloop” (jaco barnard-naudé)
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Borges, Sheila Cussons en Johann de Lange
  • Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach
  • Gerard Scharn. Portret van van Monika Pon-Su-San door Vladimir Tretchikoff
  • 100 Duitse Bestes: Else Lasker-Schüler (1869-1945)
  • Resensie: “De ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)

Nuutste kommentaar

  1. Jacobus Swart on Jacobus Swart. Franz Kafka15 May 2025

    Beste mnr. Scharn Ek waardeer u kommentaar. Dankie dat u my werk gelees het.

  2. Dietloff Van der Berg on Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)14 May 2025

    Baie dankie Joan Hambidge vir die fyn lees en die hoog gewaardeerde slotsom.

  3. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

  4. Ena on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Mooi, Celeste!

  5. Barbara Steyn on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Soooo mooi beskryf!!!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d