Loit Sôls is gebore en getoë op die Kaapse Vlakte. Hy tree bereeld op as performance poet en musikant in die Kaap, by kunstefeeste landswyd en ook internasionaal. Hy is baie betrokke by kwessies rondom !Khoe-identeit, -taal en konstitusionele behuising !Khoe-gemeenskappe. Sy debuut Die Faraway Klanke vanne Hadeda, verskyn in 2006 by Kwela Boeke. |
Goema II
Afrikaans en Engels was in my in gedrill
Ma’ is opgemengels in my opgroei-wil
Daa wassie ‘n anne taal wat vi my soe kan bevry
Die res was net soes simmels, staan daa agte innie ry
Engels kry twiee lang sokkies, Afrikaans ‘n kotte
Goema kry ‘n song-boek en isiXhosa’s innie botte
Ma’ watte sorry state isse tall wat al lankal klaa gedetermine is
Mense smaak mos connection, vannie bup tot byrrie terminus
Waarie Goema vannie Kaap ankap in praat en music sônne slaap
Previously appear-it innie offices se praat, weg vannie baas
Kaaps, Goema
Noemma wat djy wil
Engels moe’ nou ytkyk, liewwes ankap moerrie sherry
Afrikaans het grootgeraak ma’ sy bly nou by ha’derrie
Net soes blaare lêrie tale, marrie harkie willie hark-ie
Wannie Kaap se Goema kry nog steeds ‘n vlieënde varkie
Kyk hoe kommie mense nou, kom van elke continent
Culture boe-op culture wôt hiee gerepresent
Mens is ma’ net mens en lek man en vrou is sexy, ja?
Ma’ moet toggie vergiet daa’s oek hai moments van dyslexia
Marrie Goema vannie Kaap kap an in praat en music sônne slaap
Previously appear-it innie offices se praat, weg vannie baas
Kaaps, Goema
Noemma wat djy wil
Marrie Goema vannie Kaap kap an in praat en music sônne slaap
Dinge’t soe gechange die baas is nou-rie een wat eeste soe wil praat
Kaaps, Goema
Noemma wat djy wil
Uit: Die Faraway Klanke vanne Hadeda. Loit Sôls. Kwela Boeke 2006.
[Performance optrede by Versindaba 2005.]