Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

loit sôls

Loit Sôls
Loit Sôls

Loit Sôls is gebore en getoë op die Kaapse Vlakte. Hy tree bereeld op as performance poet en musikant in die Kaap, by kunstefeeste landswyd en ook internasionaal. Hy is baie betrokke by kwessies rondom !Khoe-identeit, -taal en konstitusionele behuising !Khoe-gemeenskappe. Sy debuut Die Faraway Klanke vanne Hadeda, verskyn in 2006 by  Kwela Boeke.

 

 

Goema II

 

Afrikaans en Engels was in my in gedrill

Ma’ is opgemengels in my opgroei-wil

Daa wassie ‘n anne taal wat vi my soe kan bevry

Die res was net soes simmels, staan daa agte innie ry

 

Engels kry twiee lang sokkies, Afrikaans ‘n kotte

Goema kry ‘n song-boek en isiXhosa’s innie botte

Ma’ watte sorry state isse tall wat al lankal klaa gedetermine is

Mense smaak mos connection, vannie bup tot byrrie terminus

 

Waarie Goema vannie Kaap ankap in praat en music sônne slaap

Previously appear-it innie offices se praat, weg vannie baas

Kaaps, Goema

Noemma wat djy wil

 

Engels moe’ nou ytkyk, liewwes ankap moerrie sherry

Afrikaans het grootgeraak ma’ sy bly nou by ha’derrie

Net soes blaare lêrie tale, marrie harkie willie hark-ie

Wannie Kaap se Goema kry nog steeds ‘n vlieënde varkie

 

Kyk hoe kommie mense nou, kom van elke continent

Culture boe-op culture wôt hiee gerepresent

Mens is ma’ net mens en lek man en vrou is sexy, ja?

Ma’ moet toggie vergiet daa’s oek hai moments van dyslexia

 

Marrie Goema vannie Kaap kap an in praat en music sônne slaap

Previously appear-it innie offices se praat, weg vannie baas

Kaaps, Goema

Noemma wat djy wil

 

Marrie Goema vannie Kaap kap an in praat en music sônne slaap

Dinge’t soe gechange die baas is nou-rie een wat eeste soe wil praat

Kaaps, Goema

Noemma wat djy wil

 

 

Uit: Die Faraway Klanke vanne Hadeda. Loit Sôls. Kwela Boeke 2006.

[Performance optrede by Versindaba 2005.]

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Lynthia Julius
  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d