Nathan Trantraal is André Trantraal se jonger broer. Hy het saam met Ashley Marais aan die potloodtekeninge vir Stormkaap: Drome kom altyd andersom uit (2008, Tafelberg) gewerk. Hy is tans besig met nog ’n comic, met die titel Issues. Sy gunstelingkunstenaars in die genre is Joe Sacco en Jean Marc Lelong. Sy debuutbundel Chokers en survivors verskyn in 2013 by Kwela en wen die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse Poësie in 2015.
|
tot hie en nie vêderie
Wies careful van mense wat hulle harte op hulle moue dra
wan sukke mense wysie altyd vi jou hulle regte hartie.
Hulle regte hart is weggevou inne kissingsloep onnerie kooi.
Wies careful van mense wat sê hulle is lief vi jou
wan hulle regte liefde hou hulle inne koffieblik oppie kas.
Wies careful van mense wat in jou oë kyk as hulle met jou praat
wan hulle regte oë sit inne envelope onne innie laai.
Wies careful van mense wat vi jou sê jou hare is mooi
wan is hulle wat dywels begrawe innie krake in jou miere.
En wies careful van mense met baie katte
wan hulle kan dai katte na jou hys toe stie innie aan
en hulle sal jou kinnes in hulle slaap vesmoo.
En moenie goed wat jy langsie pad optel hys toe bringie
wan somtyds los ieman vi jou dai goed langsie pad
en da kô jy en dra it in jou hys in.
(Uit: Chokers en survivors, 2013, Kwela)
Valhallapark
Daa is ganse innie pad,
’n honned stray honne,
’n dysend stray mense
en as jy vesigtig narie gesigte kyk
sal jy sien dat hulle ammel
al virre dysend jaa dood is –
die mense,
die ganse
ennie honne.
(Uit: Chokers en survivors, 2013, Kwela)