Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

peter snyders

Peter Snyders
Peter Snyders

Peter Snyders is ’n bekende digter wat ook ander genres soos prosa en drama beoefen.

Hy hou daarvan om sy verse aan te pas vir toonsettings. Sy verwerkings behels alle musiekstyle en dikwels kruis of verenig hy musiekgenres.

Van sy publikasies sluit in: Brekfis met vier (1984) Tekens van die tye (2002) en ’n Waarskynlike mens (1992).

 

 

 

Prys van armoede

 

Twie-en-twintag rand*

vir drie kilo’s gas

en net soeveel kos die paraffien;

en dis vyftag sents vir ’n simpele kers.

Dis die petrolprys wat almal so belas.

Maar hoekom is alles dan skielik duurder?

Ag, betaal maar, Joanie.

 

Ek wil ’n rok hê, nie trouklere nie.

My ma hettie ’n dwaas grootgemaakie –

En dan boenop nog BTW daarby!

Onwettige klere versmoor ons mark.

Maar iewen die Nigerians se goed is vrekduur.

Ag, betaal maar, Joanie.

 

’n Halwe bruinbrood is nou skielik twie rand –

Nei man! Daai’s ’n lae, gemiëne hou!

Wat wil djy my na ’n maerplaas toe stuur?

You see, my dear lady … daai’s ’n baie goeie vraag

maar daar’s geen antwoord daarop nie.

Maar niemand werk in die hys!

Waar moet ons die geld kry?

Ag, betaal maar, Joanie.

 

Sjoe! Ná sukke bloederige werklikheid

makeer ’n mens ’n sigaret –

Wat! Tien rand vir ’n pakkie!

Moet ek nog boenop soe duur betaal

om myself dood te maak met ’n bietjie plesier?!

Ag, betaal maar, Joanie.

* Pryse soos op 27 Julie 2004

Uit: Versindaba 2008, Marlise Joubert [samesteller], Protea Boekhuis, 2008

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d