Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Philip de Vos

Philip de Vos is op 16 Junie 1939 in Bloemfontein gebore. Hy is ’n oud-onderwyser, oud-operasanger, fotograaf en versiemaker. Hy is veral bekend vir sy lawwe verse en limerieke en het sedert 1984 dertig boeke in beide Afrikaans en Engels asook verskeie rymvertalings gepubliseer.

Sy eie Engelse weergawe van die Karnaval van die Diere het in die VSA verskyn asook in vertaalde vorm in Italië, Duitsland en Nederland. Hy het ook reeds hierdie verse saam met simfonie-orkeste voorgedra. Meer as 20 komponiste het van sy werk getoonset, onder andere: Albie Louw, Pieter de Villiers, Peter Klatzow en Franco Prinsloo en sy CD Brommer in die Sop, waarop hy die Albie Louw-toonsettings van sy versies sing, is in 1998 vrygestel asook ’n DVD waarin hy as voorleser saam met die Gauteng Filharmoniese Orkes optree met sy Afrikaanse beryming van Pieter en die wolf en Saint-Saëns se Karnaval van die diere.

Twee van sy boeke: Wolfgang Amadeus Muis en Tokkelossiebossie (en ander dol gedoentes) is op die internasionale White Ravens Award-lys.

Die meeste van sy boeke is geïllustreer deur Piet Grobler.

Hy het ook ses reekse oor die lewens en musiek van ses klassieke komponiste vir RSG geskryf en was terselfdertyd die aanbieder daarvan.

De Vos ontvang oor die jare etlike pryse vir sy skryfwerk, waarvan o.a. die Eugène Marais-prys vir Daar’s Bitterals in die Heuningwals (1989), die MER- en Alba Bouwer-prys vir Moenie ’n mielie kielie nie (1996), asook internasionale IBBY pryse vir sy vertaalwerk. In 2015 ontvang hy die KykNet Fiësta Lewensbydraetoekenning vir Musiek, Letterkunde en Woordkuns en in 2021 die Children’s Laureate Award.

Behalwe vir sy skryfwerk, word sy fotografie ook met vele pryse bekroon.

Hy woon in Kaapstad met sy lewensmaat Peter Theron en hulle geliefde Staffie Brinji.

 

Skakels:

philip de vos lewenstoekenning – YouTube

THE JOURNEY – a photographic essay by Philip de Vos – YouTube

The South African poet Philip de Vos reads some of his English light verse – YouTube

Op die duineveld van Bloubergstrand – Philip de Vos & Albie Louw – YouTube


 

Die Tsitsikammamamma

in die Tsitsikammabos

voer

haar Tsitsikammakietsie

Tsitsikammakietsiekos.

Toe sê die tsitsikietsie:

“Ek is Tsitsikatjielus

vir ’n Tsitsikatjiepiering

vol van Tsitsikatjievis.”

die Tsitsikammamamma

maak toe kamma

’n verskoning

en sê daar is g’n Kietsiekos

in die Tsitsikammawoning.

Toe sê die Tsitsikietsiekat:

“O Kietsiekatgedorie!”

En dis die end

van die

Tsitsikammatsitsikietsiestorie.

 

Uit: Mallemeuleman (2004),

opgeneem in Versindaba 2005, Marlise Joubert, Protea Boekhuis, 2005

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d