Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Ronelda Kamfer

Ronelda Kamfer

Ronelda S. Kamfer is in 1981 in Kaapstad gebore. Sy bring haar grootwordjare in Blackheath en Grabouw deur. Sy matrikuleer in 1999 aan Eersterivier Sekondêre Skool. Sy was al verpleegster, kelner en administratiewe assistent by ’n bemarkingsmaatskappy.

Van haar gedigte verskyn in Nuwe Stemme 3, My ousie is ’n blom en Bunker Hill. Haar debuutbundel, Noudat slapende honde verskyn in 2008 by Kwela. Die bundel is in 2009 met die Eugène Marais-prys bekroon. In 2011 verskyn haar tweede digbundel Grond/Santekraam. Dit word opgevolg met Hammie (2016) wat bekroon word met ’n ATKV-Woordveertjie vir poësie, en Chinatown (2019) wat in 2020 die kortlys vir die Elisabeth Eybersprys vir Poësie haal.

Kamfer is getroud met die digter Nathan Trantaal.

Lees gerus meer oor Ronelda Kamfer en haar werk op LitNet:

https://www.litnet.co.za/ronelda-kamfer-1981/

 

Ouma Farieda se kind

.
Ouma Farieda se kind
is ’n orphan met family values
hy het ons try mould into ’n storie
wat hy nie kan lees nie
in sy twenties was hy ’n cat
sy thirties was mandrax en hard liquor
in sy forties toe gaan soek hy sy ma op
en sleep ons saam na die NG Kerk toe
hy het getry om respectable te word
deur homself te model op my oupa
maar my oupa was ’n OG
en my pa ’n mule vir patriarchy
my pa is my ma se lost interior designer dream
in sy fifties toe lyk hy en die voorhuis dieselfde
in sy sixties is hy ’n wewenaar alleen
en lyk nou weer soos wat hy altyd was
Farieda se weggooikind

 

(Uit: Chinatown, Kwela, 2019)

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Maritha Broschk. tafelgebed
  • Stephan du Toit. Namib
  • Joan Hambidge. The upturn palm

Nuutste bydraes

  • Stephan du Toit. Graaff-Reinet
  • Natasha Harmse. Die weefstoel
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Sanette Scheepers. Vrykoop
  • Natasha Harmse. As ek na Desember luister

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d