![]() Ronelda S. Kamfer is in 1981 in Kaapstad gebore. Sy bring haar grootwordjare in Blackheath en Grabouw deur. Sy matrikuleer in 1999 aan Eersterivier Sekondêre Skool. Sy was al verpleegster, kelner en administratiewe assistent by ’n bemarkingsmaatskappy. Van haar gedigte verskyn in Nuwe Stemme 3, My ousie is ’n blom en Bunker Hill. Haar debuutbundel, Noudat slapende honde verskyn in 2008 by Kwela. Die bundel is in 2009 met die Eugène Marais-prys bekroon. In 2011 verskyn haar tweede digbundel Grond/Santekraam. Dit word opgevolg met Hammie (2016) wat bekroon word met ’n ATKV-Woordveertjie vir poësie, en Chinatown (2019) wat in 2020 die kortlys vir die Elisabeth Eybersprys vir Poësie haal. Kamfer is getroud met die digter Nathan Trantaal. Lees gerus meer oor Ronelda Kamfer en haar werk op LitNet: https://www.litnet.co.za/ronelda-kamfer-1981/
|
Ouma Farieda se kind
.
Ouma Farieda se kind
is ’n orphan met family values
hy het ons try mould into ’n storie
wat hy nie kan lees nie
in sy twenties was hy ’n cat
sy thirties was mandrax en hard liquor
in sy forties toe gaan soek hy sy ma op
en sleep ons saam na die NG Kerk toe
hy het getry om respectable te word
deur homself te model op my oupa
maar my oupa was ’n OG
en my pa ’n mule vir patriarchy
my pa is my ma se lost interior designer dream
in sy fifties toe lyk hy en die voorhuis dieselfde
in sy sixties is hy ’n wewenaar alleen
en lyk nou weer soos wat hy altyd was
Farieda se weggooikind
(Uit: Chinatown, Kwela, 2019)