Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Rosa Smit

 

Rosa Smit is ’n onderwyseres in Drama en Spraakkunde. Sy gee ook opleiding in skilder.

In 2002 skryf Smit die drama Richmond en neem die regie daarvan waar vir die Kleinteater en Teaterhuisie.  Vir haar debuut, Krone van die narsing (1987), ontvang sy die Ingrid Jonker-prys.Van Smit se verse is in verskeie bundels opgeneem, onder andere Die braambos brand, Die mooiste liefdesgedigte in Afrikaans en ’n Honderd jaar later.

Haar tweede digbundel, Die begeleiding van duiwe, verskyn in 2008. ’n Derde bundel, Die rooi veer in Vasco se hoed, verskyn by Rosslyn Pers in 2013. In 2021 verskyn haar laaste bundel, Die slingerplant se wintergroei, by Naledi.

Rosa Smit is op 22 Julie 2021 oorlede.

 

 

DIE DANSENDE CHRISTUS

 

Na ’n ikoon in die klooster “Rots van versoeking” in die Jordaanvallei

Klippe wou brood word

en jou pad wat strompelend

val en opstaan deur die erosiegeule

van die landskap,

waar wind vir veertig dae

in ander stemme praat,

het jou op ’n oggend tempelhoog gelei

en daarvandaan Jerusalem gewys,

maar jy het woorde soos krummels brood gestrooi

oor lig en water en elke ander deurlugtigheid

en toe rooigejurk, jou hemelblou mantel

argeloos oor jou bruin skouer oop geplooi

en soos ’n woestynbesie

hoog beginne raas

en dans,

knieë gebuig, gelig

gehuppel

en met elke sprong

versoeking triomfantelik

stof toe getrap.

 

Uit: Versindaba 2008, Marlise Joubert [samesteller], Protea Boekhuis, 2008

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Andries de Beer
  • Digtersprofiel: Anita van der Walt
  • Digtersprofiel: Gerhard Barkhuizen
  • Hennie Maartens. geboorteplek
  • Uitnodiging: Imprimatur

Nuutste kommentaar

  1. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

  2. Charl-Pierre Naude on Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)7 July 2025

    Hierdie is 'n teleurstellende en ongeinspireerde resensie deur 'n resensent van wie mens veel meer verwag. Dit lyk meer na…

  3. Bernardus Johannes Odendaal on Ingeborg Bachmann – vertaling in Afrikaans5 July 2025

    Ek stem met Daniel saam!

  4. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)3 July 2025

    Baie dankie, Joan!

  5. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)3 July 2025

    Skitterende digter! Puik vertaal.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d