Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Thérèse Bartman

 

Thérèse Bartman (Hulme)
Thérèse Bartman (Hulme)

Thérèse Bartman is ‘n terapeut en gemeenskapswerker. In 2006 begin sy ‘n skrywersgroep met jongmense van Scottsville in Kraaifontein. Hul eie toneelstuk oor die gevare van Tik in hul gemeenskap, is in 2008 onder andere by die Woordfees opgevoer. Met haar aanmoediging skryf hulle ook poësie en woon haar gereelde werksessies in die gemeenskap by. Thérèse voltooi tans haar DTh (UNISA) proefskrif getiteld: Pastoral care and the challenge of poverty: when opening hearts and minds create possibilities in a marginalised school community.

 

 

Thérèse het gedebuteer in “Nuwe Stemme 3” in 2005.

 

 

Stilte 2                                   

 

 

In die skool van baie ure en trofeë in glaskaste

seker tabelle en roosters en

asseseringsvorms

en keerdatums waarna vakhoofde gebukkend staar

en dan hul eie herevalueer

soos honde wat in die gebreekte strate buite hul eie kots opsoek

is nie plek gemaak

vir die skaam begeerte na meer verstaan.

vir die verlange na die woord wat  uit die dood opstaan

nie.

 

Daarom dra jy dag in dag uit

alleen die vormlose stilte

wat later soos ‘n gehakte sweetpaktop ruik na jou

en so word – termyn op grys termyn – die onverskilligheid vervul

teenoor grootmens

woord

en wonderwerk.

 

 

© Thérèse Bartman

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d