Wilma Stockenström is op 7 Augustus 1933 op Napier gebore, waar sy ook skoolgaan. Sy studeer aan die US waarna sy as vertaler in Pretoria werk. Sy lê haar later toe op toneelspeel, op die verhoog en in rolprente. Tans woon sy in Kaapstad.
Haar eerste digbundel verskyn in 1970 gevolg deur nog ses bundels, ses romans en een toneelstuk. Sy tree op in feesprogramme plaaslik asook in die buiteland, soos in Rotterdam, Nijmegen, Antwerpen, Brussel, Aken in Duitsland en Casablanca in Marokko. ‘n Keur uit haar gedigte het in 2008 verskyn.
1e kommentaar op “wilma stockenström”
Kommentaar is gesluit.