Goeie more! Ek beoog om so een maal ‘n maand, of twee maal, ‘n gunsteling gedig uit die “wereld-letterkunde” of uit die Suid-Afrikaanse digkuns te bespreek. Die bespreking sal wees in die trant van die gestorwe – en seer gemiste – rubriek Leketaal, van Jo Prins, in Beeld/Die Burger seBY. Hier is die gedig, gevolg…
Charl-Pierre Naudé. Kyk links of regs
kyk links of regs, as jy die wolke oorsteek die hemelse hoenders geslag cirrusvere vlieg die lug wapper soos ’n vlag met wolke op geskilder ’n storm hys wit manel die flapperende eend ploegskaar wit epauletstrepe van ’n straler blou tamaties val oor België as jy die straat oorsteek, onthou jou gebed aan die…
Daniel Hugo. ‘n Hemp van vlam
’n Hemp van vlam In ons videowinkel kom Carina af op die bloederige maar fassinerende Britse TV-reeks Wire in the blood. Dit handel oor dr. Tony Hill, ’n psigiater met Asperger-sindroom, wat as profileerder van reeksmoordenaars vir die polisie werk. Een episode speel af in die dorpie Norton waar ’n hotel afbrand as deel…
Andries Bezuidenhout. Sangers wat dig…
KRUK MY KRUIS (Soos voorgelees by Versindaba 2008, HB Thom-teater, Stellenbosch) Verskoon my, al die hoë- en hoërpriesters hier, rabbyne, kanunnike, leviete, tempelhoere – my offer is klein, maar dis goed bedoel. Vergewe die goedkoop reuk van koerantpapier, verskoon die gedreun van die luidsprekerbuis wat teen die harmonie van u kantates indruis. Ek staan hier…
Andries Bezuidenhout. ‘n Vrypostige vertaling
MIKSOMATOSE “I don’t know why I feel so tongue tied I don’t know why I feel so skinned alive…” – Uit “Myxomatosis” van Radiohead In die middel van ʼn klanklose veld gevange Terwyl warm raaiselagtige ure verbygaan Watse valstrik is hierdie? Waar versteek hy sy tande? Blyk jy te vra. Ek antwoord skerp, Vee…
Daniel Hugo. Die panorama in my truspieël
Waaiers van vuur en sy Hennie Aucamp resenseer Daniel Hugo se Die Panorama in my truspieël (Protea Boekhuis, 2009) Hierdie resensie is uitgesaai op FMR Daniel Hugo verteenwoordig ’n kosbare en skaars spesie binne die Afrikaanse poësie, naamlik ’n digter…
Bernard Odendaal. Oor digkunsvertaling
Groot verseboek is klaarblyklik dié uitstalkas in die huis van die Afrikaanse poësie. G’n wonder nie dat André P. Brink se samestellings van 2000 en 2008 dus nuwe aandag getrek het vir vertaalde digkuns in Afrikaans, aangesien D.J. Opperman sulke werk voorheen uitgesluit het. In die voorwoord van Groot verseboek 2000 het Brink die opname…
Louis Esterhuizen. ‘n Pleidooi vir die poësie
Soms gebeur dit dat ’n mens maar bra mismoedig raak oor die poësie as bedryf. Soos wanneer ’n mens wonder of al die tyd en energie wat daardeur in beslag geneem word, die moeite werd is. Of wanneer ’n mens gekonfronteer word met die blatante marginalisering van die digkuns in die media, of die skreiende…