Dit is merkwaardig dat nuwe inligting oor Eugène N. Marais nog steeds na vore kom. Onlangs het mnr. Frikkie Briel van plot 16 by Elandsfontein naby Pelindaba my meegedeel dat Marais van tyd tot tyd ’n vissershut langs die Krokodilrivier besoek het. Briel was lid van die ontbinde Pelindaba-kommando wat tot in 2005 bestaan het….
Langsaam ontplof die literatuur
Langsaam ontplof die literatuur Daniel Hugo Die Vlaamse penvoerder Tom Lanoye is nie net ’n skrywer van romans, kortverhale en polemiese essays nie; hy is ook ’n dramaturg en self ’n verhoogkunstenaar, ’n “performer” van sy eie tekste. In 2005 is sy gedigte in die versamelbundel De meeste gedichten (Uitgeverij Prometheus, Amsterdam) gepubliseer. Heelwat van…
Andries Bezuidenhout. Sonnewende
Die Afrikaanse vertaling vir “solstice” is “sonstilstand” of “sonnestilstand”. Die HAT gee ook “sonnewende” as ʼn moontlikheid aan. Ek dink dis baie mooier en dalk selfs ʼn beter beskrywing as “sonstilstand”. SONNEWENDE Selde word keerpunte aangekondig, bome is onbetroubare sonnewysers en dagbreek ʼn skouerophaling, ʼn sug. Aan boonste takkies kry die son ʼn eerste vatplek;…
Anne Frank se dagboeke terug by Het Achterhuis
Naas die Bybel is Anne Frank se dagboek seker een van die mees beroemde publikasies ter wêreld. Selfs vir ons hier in die ander halfrond het dit onlangs besonderse betekenis verkry vanweë Lina Spies se skitterende vertaling daarvan. (Die agterhuis, Protea Boekhuis, 2007). Nietemin, by die Anne Frank-huis te Prinsengracht in Amsterdam word die…
Johann Lodewyk Marais. Groter Zimbabwe
Gedurende 1996 was ek bevoorreg om deel te wees van ’n toergeselskap wat vandag bykans ondenkbaar lyk: Ek het saam met agt volwassenes en twintig kinders in twee kombi’s en drie motors ’n tien dae lange reis deur ons noordelike buurland Zimbabwe (en later ook Botswana) onderneem. Die meeste lede van hierdie toergeselskap was verbonde…
Poetry International ’n groot sukses
De Volkskrant se Peter Swamborn berig dat die pasafgelope Poetry International te Rotterdam ‘n groot sukses was. Dit was naamlik die 40ste jaar waarin dié weeklange poësie-fees plaasgevind het en vanjaar is dit deur 5,500 besoekers bygewoon; aansienlik meer as verlede jaar se 3,400. Nog ‘n belangrike feit is dat geen toegangsgelde gevra word nie;…
Jy het my as drenkeling herken
Chris van Geel en Elisabeth Eybers deur Hans Ester Die Nederlandse digter Chris van Geel (1917 – 1974) het in 1972 iets oorgekom wat die meeste skrywers net as spook in hulle drome, as nagmerrie, ken: sy huis aan die Achterweg in die Noord-Hollandse dorpie Groet het finaal verbrand. Daar bestaan ‘n foto van…
Andries Bezuidenhout. Geraamtes in my kas
Paul Riekert sê die beste koffie kom van arm lande af. Ek weet nie van watter arme land die koffie kom wat hy my vanoggend ingegee het nie. My oë staan stokstyf en my hande bewe. Irma is ook pas terug uit Armenië. Sy het daar koffie gedrink wat haar die hele nag wakkergehou het….