Andries Bezuidenhout. Henning Pieterse oor die misverstandelike maan
Ek sien Henning Pieterse se resensie van “Al is die maan ʼn misverstand” het in Rapport verskyn. Ek sien raakpunte met Bernard Odendaal s’n – sien die bespreking hier onder. Ek skat mense gaan opnuut aan die praat raak oor sogenaamde “praatpoësie”. Rapport se boekeredakteur was ook darem so gaaf om mense van die Versindaba…
Andries Bezuidenhout. Portretstudie 1
Hier is die eerste van ‘n aantal portretstudies waaraan ek op die oomblik werk. Ek het baie lank met hierdie een gesukkel, so ek hoop dit lyk darem min of meer soos wie dit moet lyk.
In die skoene van grotes
Om groot te doen in die skoene van die grotes Daniel Hugo Uit die gevormde literatuur is nooit weer poësie te maak nie, uit die ongevormde wél Hierdie uitspraak van N.P. van Wyk Louw staan in sy gedig “Ars poetica” uit die bundel Tristia van 1962. Sedertdien was daar al…
Elisabeth Eybers
‘n Slotwoord van Eybers: “Is” en “Was” Dr. Zandra Bezuidenhout Lesing gehou tydens Eybers-huldiging, Amsterdam. 23 Feb. 2008 Elisabeth Eybers se laaste gepubliseerde digbundel, Valreep/Stirrup-cup (2005), maak ‘n minder spektakulêre indruk as haar vorige werk. Die verse is relatief klein in getal en heel kort; geen opvallende nuwe temas kom aan bod nie;…
Die intieme aard van gedigte maak
Waarskynlik is daar nie ’n leser van ’n gedig wat nie ook ’n skrywer van gedigte is nie. En hiermee bedoel ek nie nét die herkonstruering van die vers volgens die kodes daarin vervat wanneer jy ’n vers lees of hoor nie; ek bedoel dit eintlik heel letterlik – dat bykans alle poësieliefhebbers in die…
Andries Bezuidenhout. Al is die maan ‘n misverstand
Ek het Danie Marais se nuwe digbundel “Al is die maan ʼn misverstand” by die KKNK in Oudtshoorn aangeskaf en lees steeds daaraan. Een van die toetse vir ʼn digbundel is of ʼn mens dit weer wil lees ná die eerste lees. Ek het vanoggend op Bernard Odendaal se resensie van die bundel afgekom. Lees…