Posts Tagged ‘Andries Bezuidenhout’

Digstring: Andries Bezuidenhout. Taxi-rit ná die aand

Tuesday, May 11th, 2010
Taxi-rit ná die aand 

Weer op Melvillesypaadjie vomeer,
nou metertaxi ons skommelend naar huis.
Lense fokus loop en val met Empire langs,

skrams deur Hillbrow (klinkersteen skullfuck Corbusier),
in Louis Botha by metro-cops en kapers verby.
Dreine soog oopkeel aan die maan,

hul deksels skroot vir ʼn high-rise in Beijing.
Aan pale wurg ligvaandels in slierte,
gelynch deur een of ander kontrakteur

met ʼn better connection dan al die ander
bloedsuiers, klaplopers en woekeraars.
“Ek verlang terug,” bibber jy,

“na ʼn bus uit die neëntien dertigs.”
Ek hoes: “Yl weerkaatsings van nóú…”
Weimarbusse het lank gelede rymelik verroes.

“Home, James! And don’t spare the potholes,”
giggel jy. In minibusvensters sit hulle suf,
waiters en casuals wat huis toe gaan.

 

© Andries Bezuidenhout

 

 

 

Let wel: Hierdie gedig is as wenner vir April se Blogfokus aangewys. Die opdrag was om ‘n eietydse vers in antwoord op ‘n klassieke Afrikaanse vers te skryf. Andries Bezuidenhout se antwoorde moet dus teen hierdie agtergrond gesien word;

ook met Elisabeth Eybers se gedig “Busrit in die aand” wat hier gelees kan word.

 

Wanneer het jy dié gedig geskryf, Andries? Hoe het dit ontstaan?

In April hierdie jaar. ʼn Kollega, wat deel is van die internasionale anargistiese beweging (ʼn nadraai van die sogenaamde Wobblies – oftewel die Industrial Workers of the World), het my ʼn ruk gelede uitgevra oor Afrikaanse werkersklasgedigte. Hy het vorendag gekom met ʼn studie wat werkersklasgedigte van Afrikaners uit die dertigs en veertigs met dié van die African werkersklas van later vergelyk. “Busrit in die aand” word ook in die studie bespreek. Dit het my met ander oë na die gedig laat kyk, alhoewel dit eerder ʼn gedig is waarin werkers voorkom as ʼn werkersklasgedig. Ek weet ook nie of “werkers” hier heeltemal na die werkersklas verwys waarin my kollega geïnteresseerd is nie. Dis eerder wit, witboordjie kantoorwerkers uit die dertigs. Maar ek stel in elk geval op die oomblik in die dertigs belang, omdat dit vir my voel asof daar eggo’s daarvan is in die tye waarin ons nóú leef. Toe Versindaba se tema vir die maand aangekondig word (ʼn antwoord op ʼn “klassieke” gedig), het ek onmiddellik aan “Busrit in die aand” gedink en aan my antwoord begin werk.

Kon jy dié bepaalde gedig vinnig tot in sy finale vorm afrond, of het dit deur verskeie weergawes na sy finale vorm ontwikkel?

Dit was amper nie betyds reg vir die einde van die maand vir Blogfokus nie. Ek het veel daaraan getorring. Dis steeds nie klaar nie. Die oorgang na die laaste strofe werk nog nie.

Hoeveel van dié vers is aan jou “gegee” en hoeveel daarvan was die resultaat van wroeg en sweet?

Baie daarvan kom uit die oorspronklike teks, wat dit maklik maak om te dink oor die verskille tussen hoe mense in busse ry tóé en nóú. Dis kwessies waaroor ek in elk geval wonder. En soveel het tussen tóé en nóú met busse gebeur – Rosa Parks, apartheid en busbankies, die Alexandra busboikot. O, my siel, daar’s ryke stof!

In welke mate het die vers sy finale vorm bereik? Het jy byvoorbeeld die een of ander ordeningsbeginsel toegepas?

Dit moes soos die oorspronklike vers lyk, maar steeds heeltemal eietyds wees. (Ek wil nie die woord “modern” hier gebruik nie, want die oorspronklike gedig is stilisties diep modern.) Ek het heeltemal afgewyk van die oorspronklike wat rym en metrum betref – dit ritmies afgebreek en slegs binnerym gebruik.

Het jy die vers gedurende sy vormingsproses aan iemand gewys en of mee bespreek? Is daar iemand (of instansie) wat jy as “klankbord” gebruik terwyl jy aan ‘n vers werk?

Ja, Irma du Plessis. Ek het verder geskaaf ná haar kommentaar. Ek het oorweeg om dit ook aan Marlene van Niekerk en Willem Anker te stuur vir kommentaar, maar die maand was te dol.

Hoe lank na die vers voltooi is, het jy dit laat publiseer? Waar het die betrokke vers die eerste keer verskyn?

Ek moes dit maar elektronies ophang voor die einde van die maand – reguit blog toe. Ek weet nie wat ek verder daarmee moet maak nie.

Kan jy ietsie sê oor die kwessie van “feit” en “fiksie” in dié vers?

Al feit is die eerste reël. Die res is eerder vrees as fiksie.

Is dit ‘n narratiewe vers?

Eerder anekdoties.

Kan jy kortliks sê waaroor die vers, volgens jou, handel?

Dit gaan oor die verskille tussen busritte in Johannesburg in die dertigs en nóú. Dalk ook oor toestande wat ʼn oplewing in fascisme voorafgaan. Veel meer as dit wil ek nie hier sê nie.

Was daar dalk iets (boek/musiek/film/skildery) wat ‘n bepaalde invloed op die tot stand koming van dié betrokke vers gehad het?

Karl Polanyi se boek The Great Transformation. Dis kort na die Tweede Wêreldoorlog geskryf en is vandag steeds relevant (dis nogal ontstemmend). Ook gesprekke met Irma oor iets wat Walter Benjamin geskryf het oor Joodse intellektuele wat nie betyds tydens die Tweede Wêreldoorlog uit Parys gevlug het nie, al het hulle geweet hulle moet. Sien ook jou eie bundel, Liefland (Protea Boekhuis, 2004), bladsye 38 en 46. Ek het daar gaan steel.

Het jy ‘n bepaalde leser, of gehoor, in gedagte wanneer jy aan ‘n vers werk?

Nie juis nie, soos enige narcissis.

In welke mate verskil hierdie vers van jou ander gedigte?

Goeiste. Al my verse verskil op die oomblik van mekaar, omdat ek rondval op soek na iets nuuts. Dalk het dit meer gemengde taal en dialoog in as gewoonlik. Dis maar omdat dit “in reaksie” is.

Is daar iets in dié vers wat jy as tipies “Suid-Afrikaans” sal beskou?

Die plekverwysings, anders as Eybers s’n. Maar hoekom dink ek Eybers se gedig gaan oor Johannesburg? Dalk as gevolg van haar vers oor Wespark. Ek sien die bus naby Wesparkbegraafplaas verbyry as ek dit lees. Dalk is my poging meer postkoloniaal as Suid-Afrikaans. Maar postkoloniale Suid-Afrika is waarskynlik ʼn baie spesifieke plek. Dis Johannesburg.

Kon jy dié vers tot ‘n bevredigende punt afhandel, of het jy dit maar ten einde laas versaak?

Die einde van die maand het in my nek geblaas. Dis nog nie klaar nie.

Was jy tevrede met die lesers se reaksie na die skryf (of publikasie) daarvan?

Daar was nie eintlik enige openbare reaksie van lesers waarvan ek bewus is nie. Ek is egter baie in my noppies oor die prysgeld vir die poging. Met my vorige besoek aan Stellenbosch het ek die nuwe vertalings van Szymborska en apostroof gekoop. Beide het ek in die huurmotor vergeet, omdat ek alweer laat vir my vlug was. Nou kan ek die twee boeke weer aanskaf sonder dat dit my kredietkaart knak.

 

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout is ‘n sanger, digter en akademikus. Hy is ʼn lid van die Afrikaanse rockgroep die Brixton Moord & Roof Orkes. Die orkes het twee CD’s vrygestel, Spergebied (2002) en Terug in skubbe (2004). Hy het ook twee solo-CDs, Insomniak se droomalmanak (2003) en Bleek Berus (2009), vrygestel. Hy skryf ‘n tweeweeklikse rubriek vir Rapport. Sy debuutbundel Retoer is aan die einde van 2007 deur Protea Boekhuis gepubliseer en ʼn versameling koerantrubrieke, Toeris in Hillbrow, kom binnekort by Human & Rousseau uit. In die dag werk hy as sosioloog aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg.

 

 

Erkenning: Die konsep van Digstring is ingegee deur Brian Brodeur se benadering op sy weblog

How a poem happens“.

 

Andries Bezuidenhout. Busrit in die aand

Wednesday, April 28th, 2010

Blogfokus

 

BUSRIT IN DIE AAND 

Elk langs sy yl weerkaatsing in die ruit,
sit hulle suf, met monde moeg gesluit,
die werkers van die stad wat huis toe gaan.

Skaduwee-skimme gly verby…Dis laat,
en lang ligvaandels wapper oor die straat
soos oor ‘n dam die blinkpad na die maan.

Ons ploeg deur stormsee met ons kaperskuit:
die stuurman voor, die passasiers die buit
wat ons as slawe huis toe bring vanaand…

Die vaartuig waggel afdraand, om die draai
met skril gekners en skommelende swaai,
en hyg en skok en snork en swoeg opdraand,

terwyl ons, soos twee kinders opgetoë,
mekaar toelag met glinsterende oë…
Asof hul jammerlik hul lot kan raai,

sit hulle suf, met monde moeg gesluit,
elk langs sy yl weerkaatsing in die ruit,
die werkers van die stad wat huis toe gaan.

 

– Elizabeth Eybers

 

TAXI-RIT NÁ DIE AAND 

Weer op Melvillesypaadjie vomeer,
nou metertaxi ons skommelend naar huis.
Lense fokus loop en val met Empire langs,

skrams deur Hillbrow (klinkersteen skullfuck Corbusier),
in Louis Botha by metro-cops en kapers verby.
Dreine soog oopkeel aan die maan,

hul deksels skroot vir ʼn high-rise in Beijing.
Aan pale wurg ligvaandels in slierte,
gelynch deur een of ander kontrakteur

met ʼn better connection dan al die ander
bloedsuiers, klaplopers en woekeraars.
“Ek verlang terug,” bibber jy,

“na ʼn bus uit die neëntien dertigs.”
Ek hoes: “Yl weerkaatsings van nóú…”
Weimarbusse het lank gelede rymelik verroes.

“Home, James! And don’t spare the potholes,”
giggel jy. In minibusvensters sit hulle suf,
waiters en casuals wat huis toe gaan.

 

– Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout. Gedigte en musiek hierdie Saterdag

Tuesday, January 12th, 2010

Die opkomende digter en lid van die band Radio Suid-Afrika, Niel van Deventer, het ʼn program met poësie en musiek saamgestel wat eerskomende Saterdagaand (16 Januarie) by Steak & Ale in Bothalaan, Lyttelton, plaasvind.

Die volgende digters en musikante tree op: Andries Bezuidenhout, Rian Malan, Kabous Verwoed, Riku Lätti, John-Henry Opperman, Niel van Deventer, Karlien van der Merwe, Pieter de Jager (van die Tuin Dwergies), Melanie van As en Francois Brill.

Kom ons hoop Kabous is nie weer hierdie keer in ʼn motorongeluk betrokke nie en is in staat om op te daag vir die geleentheid.

Sien julle daar!

Foto’s: Digter-skilders by Versindaba ’09 kunsuitstalling

Monday, November 2nd, 2009

Kunsuitstalling deur digter-skilders

tydens Versindaba 2009 op 27 & 28 November

Die amptelike opening is op Vrydag om 5nm 27 ste November 2009

& toegang is gratis. Kunswerke word te koop aangebied.

Oude Libertas Ouditorium , Stellenbosch

Andries Bezuidenhout. Bleek Berus: One F Music se mediaverklaring

Monday, October 26th, 2009

Album: BLEEK BERUS
Kunstenaar: ANDRIES BEZUIDENHOUT
Label: ONE F MUSIC
Release: Oktober 2009

One F Music kondig met genoegdoening die vrystelling van Andries Bezuidenhout se tweede solo-CD, Bleek Berus, aan. Andries is reeds bekend as een van die land se mees toonaangewende singer-songwriters.

Bleek Berus bevat tien splinternuwe songs, waarvan die meeste deur Drikus Barnard tussen 2007 en 2009 opgeneem is. Dit bevat ook “Die laaste brandwag,” wat deur Paul Riekert in 2004 opgeneem is vir KykNet se program “Die liedjies wat ons ken.”

Tematies sny die meeste van die lirieke by die tema “woestyn” aan, hetsy die Namib, of die Hoëveld as menslike woestyn. “Vernichtungsbefehl,” die laaste track, is ook beskikbaar as gedig in Andries se digbundel Retoer. Temas soos identiteit en emigrasie word weer ontgin, maar op nuwe maniere.

Musikaal is Bleek Berus in die styl van baie van hedendaagse Americana en alt-country opgeneem, maar met ʼn plaaslike inslag – sterk akoestiese buitelyne wat subtiel met elektronika ingekleur word.

Die nuwe album volg na Insomniak se Droomalmanak (2003), asook Spergebied (2002) en Terug in Skubbe (2005), wat hy saam met die nou ontbinde Brixton Moord en Roof Orkes vrygestel het. Aan die einde van 2007 het sy debuutdigbundel Retoer by Protea Boekhuis verskyn.

CLAIR CANTRELL VAN ONE F MUSIC VRA MOEILIKE VRAE AAN ANDRIES OOR BLEEK BERUS:

1. Why did it take you so long to release another solo album?

Most of the songs and the concept for the album were ready a few years back. I had initially planned to record and release it shortly after the last Brixton Moord & Roof Orkes album “Terug in Skubbe”. Since the band’s first CD “Spergebied” was followed by a solo one, “Insomniak se Droomalmanak”, I thought it would be a productive rhythm. Kind of like band, solo, band, solo, and so on. But things didn’t work out that way. The band was in a bit of a crisis because of a shortage of new material, so I decided to suspend the solo project and to use the songs for the band. And then that also didn’t work out. I guess the songs were too introspective for the band, which was a rock band after all. When the band finally disbanded, I focused on poetry for a while, but the songs nagged to be recorded. Now, finally, after many years, I can release them.

2. The album is imbued with a sense of loss. Do you think it is time to, “Vat jou goed en trek Ferreira”?

For many it is, but not for me. My answer to that question is in the song “Dis net werk toe wat ek nog deur Hillbrow ry.” I’ve given far too much to this country and I’ve taken far too much from it to pack up and leave. But many of the songs deal with those decisions, and friends and family who decide otherwise.

3. You chose Drikus Barnard, who is a relatively unknown producer. What sparked that decision and what was the experience like?

Drikus, also known as Brixton Barnard, started recoding the songs for the Brixton Moord & Roof Orkes album, as bass player and co-vocalist. It made sense to continue working with him on the songs when the band project didn’t work out. He knows my songs well and is the right cynical antidote to the little bits of sentimentality that sometimes creep into my songs. In the end the recoding process took two years and I think he did a wonderful job. I hope people sit up and take notice of his work as a left field music producer.

4.  Tell me more about your book in relation to this album and also the book launch you are attending on the 21st?

The book is called “As almal ver is”. It is a collection of essays about Diasporas and South Africans abroad, edited by Afrikaans poet Danie Marais. I contributed a piece on my visits to my sister in Australia and to Ockert (the former drummer of the Brixton Moord & Roof Orkes) in Canada. The book also contains comic strips and a beautiful lyric by David Kramer about a man, who emigrated to Canada, who visits the South African town where he grew up. Danie asked my to sing some of my songs that deal with the issue at the launch. But I must say, my album is more about staying than it is about leaving.

5. “Bring die buie, bring die reën, laat die wolke hulle trane oor droë grond ween” – has it happened yet? It has a response almost Nick Caves “Weeping Song” with a beacon of hope and also the “Ship Song”, with a bit of “1000 kisses deep”, this is your Bittervrug, “Ek sien jou in my drome”. You tell me…

The inspiration for the song comes from Lüderitz in Namibia. The town gets its water from deep under the surface of the desert; age old fossil water. The water tastes pure and feels soft on your skin. The Afrikaans poet Wilma Stockenström wrote a beautiful, but cynical poem about this called “Koichab se water.” My song about water under the desert’s surface is an attempt at a love song. I’m not very good at writing love songs, or declaring my love, so it is filled with trepidation. I can only hope that it works.

6. Explain the themes intrinsic to your album, and the relationship with Joburg – do you hope she misses you?

I initially wanted to call the album “Dorsland,” but that title had been used by someone else. Most of the songs are about the desert. I love the Karoo, the Kalahari, and the Namib. That is where I feel at home. Those are also the parts of southern Africa where Afrikaans is mostly spoken. In the Karoo Afrikaans cannot pretend to be a European language, it is unashamedly indigenised. Like the landscape, it is a tough, barren language, filled with sand and dust. I don’t feel I belong in Johannesburg, as if I’m just one of many immigrants from across the world who scrape a living here. But the Highveld also has its own beauty, especially in winter. That is what the song “Hoëveld-utopia” is about, where the album’s title comes from – bleek berus – bleak resignation. Even though the Highveld is a cold human desert, people seem to find beauty and warmth here. When I think of the place as a desert, I do too.

7. Do you make the same statements with your visual art as you do with music and your written word projects, do you speak the same ‘language’ in each medium? Not necessarily a written but emotional language?

I’m currently working on landscapes, or rather cityscapes of Johannesburg as seen from the balcony of my apartment. So I guess so. But painting allows me to escape words. When I paint I stop thinking in language and go numb. Without it, I think I’d go completely mad.

8. Making an album is making something and letting it walk its own road, Nick Cave likened his songs to being sad eyed children, your poetry, music and visual art – what is your relationship to these?

The problem with recorded albums and printed poems is that, unlike people, they can’t grow further. It’s final. So they’re not children. But some psychoanalysts argue people make art because of a fear of death. Apparently they also have children for this reason. So art and children are both attempts at immortality. Since I’ve never been in therapy, apart from the occasional session with Jack Daniels, I’m not sure about this. I’m happy to live a life that is only examined in lyrics. Who cares about immortality? That is the joy of working in a dying language. You know there won’t be people who speak or read Afrikaans two centuries from now, so Afrikaans songwriters and poets can never have pretentions of immortality. I hope this doesn’t sound too melodramatic, but at least we’re allowed to give our language a decent funeral.

9. This is certainly your most eloquently written album – tell me how your studies have broadened your ability to communicate what it is you wish the listener to “see”.

Thanks for the compliment. I guess you’re referring to the course in creative writing I’m doing with Marlene van Niekerk and Willem Anker? That is more for poetry, but I hope in future it will improve my lyrics as well.

10. Why are your comments on life so ‘bleak’ – why the dry, dark, ironic side of life – comment?

I don’t know. I don’t think I’m a particularly depressed or depressing individual. I hope people hear the humour in the lyrics and appreciate some of the tongue-in-cheek arrangements as well. After all, a little light makes you see the dark even better.

KOMMENTAAR OOR VORIGE ALBUMS

Spergebied, Brixton Moord & Roof Orkes (2002)

“Firmly in the middle of the new wave of Afrikaans rock bands, BMRO plays driving folk rock – kind of like Koos du Plessis had he ever heard Nirvana… Their debut album is uncomplicated in sound and filled with great songs (good lyrics is one of their hallmarks) about women, drinking, Jo’burg, yuppies, road rage and life in general… On the whole, music that will make you feel better the morning after you did something reprehensible.”
– Toast Coetzer, SL Magazine, December 2002/January 2003

“Afrikaanse rock het liriekskrywers soos hierdie nodig.”
– Pieter Redelinghuys, Insig, Junie 2002

“This is not a very cheerful album on the lyrical side, but the music really rocks. So, to mis-quote Syd (Kitchen, not Barrett), this CD is not for sissies, but the brave listener who ventures into this Restricted Area will be rewarded with some very unrestricted Afrikaans Rock.”
– Brian Currin, South African Rock Digest

“Afrikaans music in the folk or folk/rock style has been around for ages, producing excellent song writers like the superb Koos du Plessis and Koos Kombuis, reflecting many aspects of life in South Africa. This album carries on in that fine tradition… No-go areas of the human psyche, despair, hope, deterioration, love and violence are confronted with humour, anger, irony and sensitivity using brilliant imagery…  Don’t let me give you the impression that this album is all doom and gloom. There is a great balance and serious fun, some great lines and good music that will leave you wondering when the next Brixton Moord en Roof Orkes CD will be coming out.”
– Etienne Creux, Pretoria News, 21 August 2002

“Hierdie is woordemusiek, maar nie daai kak soort wat traai diep wees nie. Lyrics gaan oor gewone stuff soos die lewe in Joburg, hoe kak yuppies is, armgeid, en road rage. En wie sal ooit weer kan stry dat daar meriete is in dronkword op mens se eie?… Doen nou julself ‘n moerse guns en gaan kry die CD of check die ouens live. Die CD het 12 befokte tracks op, dis bedonnerd gerecord met ‘n lekker cover en dis meer as die moeite werd. En moenie by ons kom huil as jy jou broek natpis na “Geraamtes in jou kas” nie. Sterk wees vir daai song.”
– CHopper CHarlie, watkykjy? Augustus 2002

Insomniak se Droomalmanak, Andries Bezuidenhout (2003)

“It has taken more than ten years, but at last there is a proper follow-up to Koos Kombuis’ seminal ‘Niemandsland’. On ‘Insomniak se Droomalmanak’ singer/songwriter Andries Bezuidenhout has taken Koos’ knack for melody and bittersweet Afrikaans lyrics and catapulted them into the new millennium. The fourteen songs tackle life in Gauteng, with its suburbia, yuppies and old lefties now living behind huge walls. There’s irony, protest and literary references. And not a single trace of Afrikaner nationalism.”
– Fred de Vries

“While some idiots give Afrikaans music a terrible name with their badly produced songs about rugby or Rooi Rok Bokkies, at least there are some artists like Koos Kombuis, Kobus! and Piet Botha to save the genre from becoming a line-dancing joke. Andries Bezuidenhout subscribes to the introspective, thought-provoking school of minimalist philosophical expression, commenting on life and the world, from the little things to the bigger picture. The poetic themes of the dream world, the waking dream, sleepwalking existence and the reflection of South African city and suburban life, changes, angst and being white these days may be a heady mix, but it works. There are reflections on idealistic student-type causes and ideals, on hope, longing and the current dispensation – not merely politically but socially, economically and everything else. While it is quite obvious, the only really accurate comparison to be drawn would be with Andre LeToit (better known as Koos Kombuis), both in style and some subject matter. Bezuidenhout loves the language and uses it expressively…”
– Paul Blom, Cape Argus, 27 October 2003

“Daar word baie gepraat oor ons land, sy probleme en die mense wat in hierdie omstandighede vasgevang is. Wanneer hierdie kwessies deur rym en sang getakel word, kyk jy weer op ‘n ander manier na die vreemde en wonderlike land waarin ons woon. As kunstenaars nog oor die moeilikhede kan sing en humor in situasies raaksien, kan dit jou help vrede maak met elektriese heinings en sekerheidsmaatskappye wat moet sorg dat vriende veilig kan kuier. Andries Bezuidenhout (van Brixton Moord & Roof Orkes) se kommentaar op die hedendaagse Suid-Afrika is skerp, op die man af en hartverskeurend mooi. Die lirieke vir sy CD Insomniak se droomalmanak maak vir elkeen sin, of hy uit die generasie linkses van ouds kom, of ‘n produk van die reënboog-situasie is…  Soos die titelsnit aandui, is die saambindende tema wakkelê(wees) en droom van rus. Die ironie van iemand wat die wêreld juis in die donker nag duidelik sien, blyk uit feitlik al die lirieke. Op die meeste albums is ‘n snit of twee wat minder indruk maak as die ander. Selde gebeur dit dat elke snit op sy eie manier onder die luisteraar se vel kruip. Sonder om opdringerig te wees, maak Bezuidenhout ‘n sinvolle stelling in elke lied…”
– Mariana Malan, Die Burger, 6 Oktober 2003

 

Terug in Skubbe, Brixton Moord & Roof Orkes (2005)

” ‘Wie wil nou ‘n mens wees?’ vra Moord Greeff in ‘Vis’, die eerste lied op die Brixton Moord & Roof Orkes se jongste album, Terug in Skubbe. Daar sal sekerlik stemme opgaan van skepsels wat mens wíl wees juis omdat dit vir óns ore is dat die musiek van hierdie album bedoel is. Dis net ménse wat sal verstaan waaroor die seer en die soet in die lirieke gaan. Visse, honde en voëls het voorregte, maar musiekwaardering is nie een daarvan nie. Hierdie album laat ‘n mens opnuut wonder oor rockers se intense kennis van die lewe… In die geheel het hierdie (die groep se tweede) album se musiek meer verskeidenheid as die eerste, wat hoofsaaklik folk-rock bevat… Hul aanslag wys kennis en begrip van poësie en kombineer dit op unieke wyse met die musiekgenre wat hulle gekies het.”
– Mariana Malan, Die Burger, 11 Maart 2005

“Terug in skubbe is ‘n tema wat gaan oor omgekeerde evolusie. Soos die meeste songs op die album gaan dit ook oor persoonlike verval en agteruitgang, terwyl die tunes terselfdertyd die mooi daarin probeer raaksien. Gekompliseerde songs wat smag na die ongekompliseerde. Dis min of meer die uitgangspunt. Wanneer jy na dié band se goed luister, gaan dit nie anders kan as om te dink aan ‘n besonderse eiesoortigheid nie. Dit is ouens wat weet hoe om te jol, maar ook weet wat hulle uit hul musiek wil hê. Sover soos true school gaan, is jy hierso op die regte pad.”
– Angola Badprop, Beeld, 18 April 2005

“To bring out a great first album is wonderful but to sustain that growth and creativity and come up with an even better second album (albeit more than two years later) is impressive… With all the social commentary and insights of their excellent first album Spergebied, the new album is much tighter, with a harder edge, in music as well as the lyrics. The brilliant imagery, which is at times cutting, humorous or cynical but never bland, explores the human psyche, especially the darker side… While the powerful poetry of Brixton Moord & Roof Orkes’ lyrics is probably their best feature, it is the beautiful tunes and arrangements with great vocals that complete the whole package to make this very fine album.”
– Etienne Creux, Pretoria News, 20 April 2005

“Die verskillende stemme is wat die CD laat werk. Nie noodwendig sangstemme nie (maar dié is daar ook). Eerder stemme wat iets te sê of te vertel het, iets wat nog nie tevore gesê of vertel is nie. Terug in skubbe is ‘n lieflike CD. Die grootste gros in hardekoejawel-rock. “Vis”, “Spoed”, “Sussie se sweep” en “Terapie” staan uit. Maar daar is ook dié wat die vrug van folk en country pluk. Bowenal soek ek die Afrikaanse tunes wat vanjaar by songs soos “Lisa Forward” en “Trane van ‘n terroris” kan kers vashou. Terug in skubbe is ‘n juweel.”
– Pieter Redelinghuys, Insig, Mei 2005

“Die manne van die Jo’burg Afrikaanse underground het weer gedilver en ‘n CD uitgebring waarvoor heelwat ander moet terugstaan. Terug in skubbe is ‘n tema van omgekeerde evolusie, maar dui eintlik op ‘n hunkering na eenvoudigheid in ‘n goor samelewing… Ander Afrikaanse bands gaan beslis ‘n paar tips in songwriting kan vang.”
– Angola Badprop, Beeld, 2 Mei 2005

“Brixton Moord en Roof se musiek dra ou, afgeleefde Cats; groet jou met ‘n ghrieserige hand en ruik effens na sweet en ou whiskey. Dis liedjies oor middelklas- en minder-as-middelklasmense in middelklas- of minder-as  middelklasbuurte en die middelklas- of minder as middelklasdinge wat hulle doen. Die liedjie waaruit die CD-titel kom, Vis, verwys na ‘n gedig van D.J. Opperman waarin dit gaan oor die vrees om die evolusieleer mis te trap en ‘n paar trappe te gly… Kry dit as jy nie bang is vir musiek wat ‘n effense ghriessmaak in jou mond laat nie…”
– Jaco Jacobs, Volksblad, 9 Mei 2005

“Brixton Moord & Roof Orkes haat dit as mens hulle die Afrikaanse rockgroep met ‘n gewete noem… Maar dis waar. Terug in skubbe is hul beste album tot dusver, hoofsaaklik vanweë die baie afwisseling wat produksie en musiek betref… BMRO rock hier harder as ooit tevore. Maar onthou ook om te luister wat hulle sê.”
– Dirk Jordaan, Beeld, 11 Mei 2005

“BMRO extend their survey of South Africa’s psycho-geography with Terug In Skubbe. With their driving garage blues rock blow-outs (“Vis”), pastoral luisterliedjie pit stops and gothic rock overhauls of Koos Doep ballads (“Dagboek van ‘n Swerwer”), the cult Afrikaans rock outsiders percolate a potent post-Voëlvry brew.”
– Miles Keylock, CD Wherehouse, Mei 2005

One F Music

Spesiale Nuuswekker. Nog ‘n prys vir Loftus Marais

Wednesday, October 21st, 2009
Loftus Marais

Loftus Marais (Foto: Michael Hammond)

Ons is omtrent in die seisoen van pryswenners lyk dit my. So is dit pas bekend gemaak dat Loftus Marais vanjaar die Ingrid Jonker-prys ontvang vir sy debuutbundel Staan in die Algemeen Nader aan Vensters (Tafelberg, 2008). Vorige pryse wat hy reeds met dié bundel ingepalm het, is die Eugène Marais-prys (wat hy met Rondelda S. Kamfer deel) en die Universiteit Johannesburg se debuutprys. Die amptelike persverklaring deur die reëlingskomitee lees soos volg: 

Marais se poësie word aangeprys vir die gesofistikeerdheid en vernuf daarvan, asook vir die ironie wat terselfdertyd ontdaan is van sarkasme. Een beoordelaar sien die spreker as ‘n  “geïnspireerde flâneur” wat aan ‘n veronderstelde gespreksgenoot die absurde in die alledaagse uitwys. Dieselfde beoordelaar bestempel ook hierdie poësie as sterk intellektueel en vormvas, en as “heilige spot”. Nietemin, soos ‘n ander beoordelaar dit stel, is dit ‘n bundel wat tot Jan Alleman uitreik vanweë die leesbaarheid van die gedigte. Die bundel word ook aangeprys vir die vernuwing wat dit in die Afrikaanse digkuns bring.

Die beoordelaars het ook daarop gewys hoe moeilik dit was om ‘n wenner te kies, en beskou Ronelda S. Kamfer se Noudat Slapende Honde (Kwela, 2008) as ‘n baie sterk naaswenner. Haar poësie, sê een van die beoordelaars, word gekenmerk deur belydenis, “maar dan ‘n belyding wat ‘n gat deur die bladsy brand.” Nog ‘n beoordelaar stel dit so: “‘n Totaal onderbeligte deel van die Afrikaanse taal-demografie praat deur haar in ‘n besondere sterk stem op ‘n manier soos nog nooit tevore nie.”

Die Ingrid Jonker-prys word elke jaar aan ‘n debuutbundel toegeken, alternatiewelik vir poësie in Afrikaans en Engels. Die prys sal op 28 November tydens die jaarlikse Versindaba op Stellenbosch aan Marais oorhandig word.

Trienke Laurie, Petra Müller and Charl-Pierre Naudé was die beoordelaars.

***

Veels geluk, Loftus! Ons klap saam hande. Myns insiens was hierdie groep debutante ‘n besonder sterk groep en om as wenner uit dié besonderse groep aangewys te word, is geen geringe prestasie nie. Die ander bundels wat beoordeel was, (in aflabteiese volgorde, volgens outeur) is: Retoer (Andries Bezuidenhout), Noudat slapende honde (Rondelda S. Kamfer) en Onbedoelde land (Bernard Odendaal). Mag hierdie debutante se loopbaan as digters veelvuldig en roemryk wees.

Ter wille van volledigheid – Vorige wenners (Afrikaanse afdeling) is soos volg: Danie Marais (2006), Ilse van Staden (2004), Martjie Bosman (2002), Zandra Bezuidenhout (2000), Trienke Laurie (1998), Charl-Pierre Naudé (1996), Gert Vlok Nel (1994), PJ Bosman (1992), HJ Pieterse (1990), Rosa Smit (1998), Donald Riekert (1986), Johann Lodewyk Marais (1984), Johann de Lange (1982), TT Cloete (1980), Marlene van Niekerk (1978), JC Steyn (1976), Leon Strydom (1974), Lina Spies (1972), Sheila Cussons (1970), MM Walters (1968) en DPM Botes (1966).

Ander name sluimer nog …

Redaksie

Andries Bezuidenhout. As almal ver is

Monday, October 19th, 2009

Kom maak tog maar ‘n draai Woensdagaand. Ek gaan ‘n paar tunes ook speel.

Dis tyd om opgewonde te begin raak …

Wednesday, October 7th, 2009
Die program

Die program

Dit is met bruisende (en dankbare) vreugde wat ons vanoggend die program vir vanjaar se Versindaba kan bekend maak. Dié fees, wat op 27 en 28 November by die Oude Libertas Amfiteater by Stellenbosch gaan plaasvind, volg weer die beproefde formaat van 4 sessies van drie ure elk. Die twee aandsessies fokus oudergewoonte op poësie saam met aanvullende musiekitems, terwyl die twee dagsessies, wat in die Oude Libertas Auditorium sal plaasvind, weer met op paneelbesprekings, lesings en onderhoude konsentreer.

Vanjaar is daar nie minder nie as 17 digters betrokke by die fees; almal digters van wie daar onlangs nuwe bundels verskyn het, of wie se bundels binnekort op die rakke sal wees nie. Die digters ter sprake (in alfabetiese volgorde) is: Pirow Bekker, Breyten Breytenbach, Johann de Lange, Gilbert Gibson, Joan Hambidge, Daniel Hugo, Antjie Krog, Danie Marais, Loftus Marais, Lucie Möller, Charl-Pierre Naudé, Johannes Prins, Carina Stander, Piet van Rooyen, Jasper van Zyl, Cas Vos en Jelleke Wierenga. Ongelukkig sal Breyten Breytenbach en Gilbert Gibson nie persoonlik teenwoordig kan wees nie; hulle verse sal onderskeidelik deur Stian Bam en Petrus du Preez voorgedra word.

Waar die Versindaba verlede jaar op die poësie as liriek gefokus het, verskuif die fokus vanjaar na die naasbestaan van poësie en die visuele kunste. Ter ondersteuning hiervan sal daar gelyklopend tot die fees ‘n kunsuitstalling in die Oude Libertas Auditorium te sien wees met kunswerke deur digters wat ook skilder. Digters wie se werke uitgestal gaan word, is: Andries Bezuidenhout, Breyten Breytenbach, Christine Barkhuizen le Roux, Sheila Cussons, Heilna du Plooy, Marlise Joubert, Charl-Pierre Naudé, Rosa Smit, Carina Stander en Ilse van Staden. Die kurator vir dié uitstalling is Johan Myburg. Hierdie besonderse uitstalling open amptelik op Vrydag, 27 November, om 17:00.

Items wat die wisselwerking tussen poësie en die visuele kunste verder belig, is die paneelbespreking Met woord & kwas, waaraan Johan Myburg, Carina Stander en Charl-Pierre Naudé onder voorsitterskap van Ampie Coetzee deelneem, asook Philip de Vos en Tertia Visser-Downie se uitvoering van Modest Moessorgski se Prente by ‘n uitstalling, en die spesiale voordragprogram Geskilderde woorde deur die bekende woordkunstenaars Nic de Jager en Antoinette Kellerman.

‘n Besonderse hoogtepunt tydens die fees gaan Antjie Krog se deelname wees. Saam met haar aanbieding is daar twee musiek-uitvoerings van toonsettings van haar gedigte deur Niel van der Watt, naamlik Die Lady Anne Liedboek, met Renette Bouwer as solis en Elna van der Merwe as begeleier, en die uitvoering van sewe koorstukke deur die Scola Cantorum Kamerkoor onder leiding van Rudolf de Beer. Nog musiekitems wat die aandag gaan trek, is beslis David Kramer se optrede waarmee die Versindaba afskop, asook Laurinda Hofmeyr se toonsettings van gedigte deur Breyten Breytenbach se gedigte waarmee die fees weer afsluit. Tussendeur is daar ook nog Luna Paige se uitvoering van Sappho-gedigte wat deur haar getoonset is.

Inderdaad ‘n fees om oor opgewonde te raak. Altans, so hoop ons. Volg gerus die skakel op die tuisblad vir die volledige program en begin solank planne maak om teenwoordig te wees … Dit gaan immers ‘n grote wees, dié ene. En moenie vergeet om hier te gaan kyk wie almal hierdie besonderse geleentheid met hul finansiële ondersteuning moontlik maak nie. Dankie, dankie, dankie.

***

En die MAN Booker-prys? Nou ja, sy was die beroepswenners se gunsteling, sy was die lesers se gunsteling en gisteraand was sy ook die vyf beoordelaars se gunsteling: Hilary Mantel met haar lywige Tudor-sage, Wolf Hall. “Our decision was based on the sheer bigness of the book, the boldness of its narrative and scene-setting, the gleam that there is in its detail,” het Jim Naughtie, sameroeper van die paneel beoordelaars gisteraand tydens die prysoorhandiging gesê. En Hilary Mantel se reaksie?  “If winning the Booker Prize was like being in a train crash, at this moment I am happily flying through the air.” Die prysgeld beloop £50,000, gepaardgaande natuurlik met ‘n massiewe sprong in boekverkope wêreldwyd. Lees The Guardian se volledige berig hier.

Ten slotte vestig ek graag jou aandag op Desmond Painter se nuwe blog-inskrywing wat ‘n verdere reaksie is op die kwessie van poësie vs politiek; die gedig van WH Auden wat Desmond ter illustrasie aanhaal, is eweneens ‘n móét lees.

Geniet dit en hê ‘n jubilante dag hier in die middel van die week.

Mooi bly.

LE

  •