glasman ek sien dwarsdeur jou deur, tot in jou delinkwente hart tot in jou derms en jou galblaas ek sien die pyle in jou tong en waar die ruggraat moes wees is net ‘n jellierige torringdraad wat slap van die breinstam hang jy het ‘n gladde oppervlak sonder uitsvoegsels uiterlik is…
Tag: Anne-Marie Bartie gedig
Anne-Marie Bartie. visum
visum ek wil vir jou ‘n brief skryf maar my woorde sit op hulle hurke in my keel ek wil vir jou vertel van die duif en die albatros wat vir jou kom soek ek wil vir jou lees uit nuwe bundels en straks ‘n koppie tee met ‘n romany cream vir jou…
Anne-Marie Bartie. vlinderslag
vlinderslag ons was meerminne, het die onderwater van bó bekyk en met elke opkomslag, ons kieue vol vars lug getrek om kroeë en strande te fynkam vir Sir Lancelot van Camelot (wat ons vás geglo het, ons in Margate of Pretoria sou vind) in 1980 het ons kop eerste in sesvoetbranders geduik…
Anne-Marie Bartie. verskille
verskille die swart kat het blykbaar bloubloedlyne hy neem net volroommelk met sy tee in die fyn porseleinpiering waar rooi rosies tussen sy growwe tong en klitsbaarde blom hy is ook oordrewe skrupuleus oor sy kos hy plat en roteer sy wit oorpunte weg van die adellike hand se liefkosing terwyl sy stert…
Anne-Marie Bartie. nine million bicycles
nine million bicycles Liriek Mike Bat Gesing deur Katie Malua in stede waar die dood tydens paasnaweek voorkom sien jy hoe woel taxis en karre in strate oor wit en geel lyne gestippel in ‘n blinde gejaag en eindig in die ewige wind in die nagte daarna ruk jy verskrik wakker jou…
Anne-Marie Bartie. Kidnapping-accused mom told State witness she sold Joslin Smith to a sangoma, court hears
Kidnapping-accused mom told State witness she sold Joslin Smith to a sangoma, court hears 14 March 2025. News 24. rooikappie rooikappie waar is jy nou? meme wil jou verras, my kind! los eers die skool vir vandag buite Middelpos sal hulle vir jou wag tussen vygies en seebamboes se stam slaplinks…
Anne-Marie Bartie. ferryman
ferryman die ferryman het jou kom haal en oor die styx geneem na jy op die rug van ‘n halfblinde woestynkameel deur hospice gesleep is, jou longspons steeds grof, sanderig, gekontoer vir drie dae het jy aangedoen vir water in oases waarvan die lug valer geraak het ter elke besoek die duine…
Anne-Marie Bartie
koperpennie vir my valentine ek het ontstaan uit jou ribbebeen en die gerf geel rose wat vanoggend afgelewer is met die boodskap: jy het ‘n snaar op my viool met jou guitige lyf gesoen die seismiese eklips van jou donkermaan is diep onder my onsigbare kors agter die vlies van ‘n orgaan verseël…
