Posts Tagged ‘Annette Snyckers’

Gisela Ullyatt. Facebook en Die Groot Poësiebrander. (Deel 6)

Friday, July 10th, 2015

 

Vier dae.

Vier mense per dag.

Vier gedigte.

Interkonneksie.

Indra se Net.

Dependent Origination.

Pay it forward.

Facebook.

Deur die loop van blogs 1 tot 5 het ek bostaande begrippe in verband gebring met facebook se Poësie-uitdaging. Uiteraard is facebook ’n sosiale medium wat op verskeie vlakke deur die gebruiker bestuur kan word. Soms is dit ongewens (politieke kommentare, byvoorbeeld, of haatspraak) en soms net bloot irriterend vir die siel (‘ego-dokumente’ wat swak spelling bevorder). Tóg is facebook ook ’n manifestasie van die groter prentjie: networking wat poësie, meestal geringgeskat deur die breë gemeenskap, soos ’n groot brander laat uitrol het. En dit rol steeds…

Die genesis van die Poësiebrander kan net sowat vyf ‘generasies’ teruggespoor word en dan lei dit na ’n cul-de-sac. Interessantheidshalwe noem ek die paar name wat hierdie ‘generasies’ uitmaak, soos opgespoor tydens die navorsing vir my blogs: Annette Snyckers (wat my genooi het), is deur Christine Muller Coates genomineer (wie betrokke is by vanjaar se McGregor Poësiefees). Christine is op haar beurt deur Máire Fisher betrek, wie deur Michelle Raymond genooi is. Waar my navorsing doodloop is aan die fb-deur van Ana Oliari van Montevideo, Uruguay. Haar fb-profiel is geslote. Dit sou egter interessant wees om te weet wie haar genooi het om deel te neem. Daar is ook heelwat name wat sedertdien saam met die Brander gerol en ongelooflike gedigte aangehaal het soos Karen Kuhn, Alwyn Roux, Evette Weyers, Susan Bloemhof, en Pieter Steyn, om maar ’n paar uit te lig. Talle ander mense het my op facebook gekontak as gevolg van die immer-uitbreidende Brander. Dit was heerlik om hulle gedigte ook te kon volg.

Hierdie uitdaging is ’n gepaste voorbeeld van hoe die self aandagtig bestudeer kan word deur middel van (1) digkuns en (2) facebook. W.H. Auden se “For poetry makes nothing happen: it survives/In the valley of its making where executives/Would never want to tamper” (deel ii van ’n lykdig, “In memory of W.B.Yeats”) is dus aanvegbaar: Poësie láát dinge gebeur en verbind mense deur die immer-uitbreidende Indra se Net. Die feit dat soveel gebruikers elke dag moeite gedoen het om oor ’n gedig te besin en dit te deel, is geweldig positief.  Aan die ander kant, is Auden tog “on the button”: die digkuns ís inderdaad leeg (wat wys op die leegheid of emptiness van alle fenomene of dharmas); dit bereik dus oënskynlik niks. Leegheid is egter nie nihilisties nie, maar verwys eerder na Buddha nature; die gestrooptheid van die ego-self. Vanuit ’n ander konteks kan dit ook as Christ Consciousness of The Beloved beskou word. Nog ’n treffende beeld wat leegheid aandui, maar op ’n paradoksale wyse iets ‘bereik’ is die singende kommetjie of singing bowl: om die kommetjie te laat resoneer, moet dit leeg wees, anders bring dit geen geluid voort nie. Dus moet daar aandagtigheid (leegheid) saam met aksie wees (deur die kommetjie met  ’n houthamerjie te tik) ten einde resonansie te bewerkstellig.

Dōgen Zenji (1200-1253), die stigter van die Sōtō Zen-tradisie, skryf sy Genjo-koan (1233) wat talle vertalings het (Hierdie een is deur Thomas Cleary vertaal). Aangehaal, die eerste paar reëls:

To study the Way is to study the self;

To study the self is to forget the self;

To forget the self is to be enlightened by all things;

To be enlightened by all things is to remove the barrier between

Self and others.

David Loy (davidloy.org), wat ’n briljante verband trek tussen Boeddhisme, Psigoterapie en Eksistensialisme (Lack and Transcendence: The Problem of Death and Life in Psychotherapy, Existentialism, and Buddhism) versterk Genjo-koan deur die volgende op te merk:

When self (subject) gives up its struggle to sustain its sense of separation from all that is other (object) it opens to an at-oneness, to unity consciousness. In Dogen Zenji’s words, from the Genjokoan: ‘When the self advances, the ten thousand things retreat; when the self retreats, the ten thousand things advance’.

Dus sal ’n mens kon aanvoer dat die digkuns wel tien duisend dinge (of veel meer) laat gebeur.

Gedagtig aan Loy se insig oor Genjo-koan, plaas ek my Dag 3 se Poësiebrander:

Dag drie van die poësie-uitdaging van Annette Snyckers. Jeanne Goosen se gedigte het ek werklik leer ken deur my vriendin wat ek op universiteit in die Franse klas in 1996 ontmoet het, Thea De Wit, tóé nog Oosthuizen. Sy het Goosen se bundel, ’n uil vlieg weg, vir my voorgelees wanneer ek by haar in ’n popklein studentewoonstelletjie agter in die tuin van my gewese naaldwerkjuffrou by Pres Brandskool, gekuier het. Dié granny flat was in Langenhovenpark, binne loopafstand van die Pick ’n Pay. Ons het dikwels van daardie sjokoladetjies met die stropies in die middel (aarbei,- peperment-, of koffiegeur) of peanut clusters daar laat afweeg en meer as die helfte verslind, te voet, op pad terug. Elke keer my oor ’n mik geskrik vir die landlord se Rottweiler (genaamd Vincent); hy met die skuimende bek. Ons sou rooiwyn of Nachtmusik in Thea se groen wynkelke drink en dan sou sy Tori Amos se under the pink speel of die komponis, Richard Einhorn, se Voices of Light, ’n oratorio oor Joan of Arc. En lees sou sy léés uit daardie voosgevatte Jeanne Goosen. Sy het ook haar eie gedigte voorgelees of uit haar dagboeke van dáárdie jaar, 1996. Tot ons albei se spyt het sy laasgenoemde later verbrand. Afhangend van hoeveel wyn afgegorrel is deur die loop van die aand, sou sy haar vriende in Johannesburg en die Vaaldriehoek bel (dit wás die tyd voor selfone) en sommer my gedigte ook vir hulle voorlees oor die foon of my dwing om hulle voor te lees…
So om en by 2003 rond het Anita de Kock, wat by die destydse Fascination Books in Mimosa Mall gewerk het, maar vir jare ’n joernalis was, vir my ’n kopie van ’n uil vlieg weg present gegee. Nooit sal ek dit vergeet nie. Sy het ons ook voorgestel aan die Griekse vroue-komponis, Eleni Karaindrou, se wonderlike klankbaan van Ulysses’ Gaze. Anita is na-obsessief oor opera en haar plekkie was opgestapel met die wonderlikste CD’s denkbaar (om van boeke nie eens te praat nie). Thea is toe terug na Villiers in 1997 en Anita het in Robertson gaan bly. Ek bly steeds in Bloem, met my Jeanne Goosen se uil wat wil-wil wegvlieg na vreemde bestemmings. Ek haal egter ’n gedig aan uit haar 1975-bundel, Orrelpunte”:

Sonneblom     

            

jy is stil soos ’n vrou wat borduur
as ek na jou roep draai jy jou gesig na die son
ek het jou lief en die dae duisel die afgronde binne
tussen twee berigte skryf ek jou neer jou sagte mond
en die grashalms van jou asemhaling
jy groei soos ‘n sonneblom groei
planmatig
jy omvat my met blare van son en speke
sodat ek my naam vergeet ek woon in ‘n voorportaal
‘n plek waar stillewes woon
jy is die verlatenheid van alle landskappe
en onklaar gedigte

“Hiermee nomineer ek vir Marlies Taljard, Heilna du Plooy, Dorothy Badenhorst, Fred Barnard en Myra Lochner om vir vier dae elke dag ’n gedig op fb te deel wat vir julle spesiaal of roerend is. En vier ander mense elke dag te nooi om dieselfde te doen. Die poësie is werd om te vier”. (Hierdie vriende se keuses is reeds uitgestippel in vorige blogs).

Marie Bredenkamp, afgetrede tik-dosent, reisiger, pêrel- en klipkenner en van Junie af ook die trotse eienaar van NP van Wyk Louw se koperkatel, skryf soos volg oor Dag 1 (Sy was juis op ’n road trip vir haar verjaarsdag na haar geboorte-kontrei en -dorp, Calvinia, en kon eers later haar poësiebrander uitrol): “Gisela! Dankie vir die uitnodiging – ek is ’n bietjie laat, maar die eerste een is my geliefkoosde tersine van Salvatore Quasimodo, soos natuurlik vertaal deur Wilhelm Knobel”:

Elkeen staan alleen op die hart van die aarde
deur ’n straal van die son deurboor
en skielik is dit aand.

Dag 2: “DAG TWEE van jou uitdaging – Uit die werk van Fernando Pessoa “Portuguese Sea” – daar is verskeie vertalings, maar die onderstaande roer my eweneens”:

Portuguese Sea

O salty sea, so much of where salt
Is Portugal’s tears! All the mothers
Who had to weep for us to cross you!
All the sons who prayed in vain!
All the brides-to-be who never
Married for you to be ours, O sea!

Was it worth doing? Everything’s worth doing
If the soul of the doer isn’t small.
Whoever would go beyond the Cape
Must go beyond sorrow.
God placed danger and the abyss in the sea,
But he also made it heaven’s mirror.

*(The ones who want to go beyond Boyador
have to go beyond pain.)

– Fernando Pessoa

Dag 3: “DAG DRIE van jou uitdaging ’n uittreksel uit die “The Great Lover” van Rupert Brooke – ’n vers wat my klasonderwyseres in standerd 5 in Port Elizabeth vir my laat voordra het. Ongetwyfeld die vers wat my deur die deure van die Engelse letterkunde laat tree het – en, vreemde genoeg, ’n vers wat nou nog ’n opgawe is van dié dinge wat ek met en uit my hart liefhet. Gaan lees gerus die hele een, as jy dit nie ken nie”:

The Great Lover

[….] These I have loved:
White plates and cups clean gleaming;
Ringed with blue lines, and
feathery faery dust;
Wet roofs, beneath the lamplight;
the strong crust of friendly bread; and many
tasting food;
Rainbows’ and the blue bitter
smoke of wood;
and radiant raindrops couching in cool flowers;
and flowers themselves, that
sway through sunny hours,
Dreaming of moths that drink them under the moon;
Then the cool kindliness of sheets that soon
smooth away trouble
and the rough male kiss of blankets […]

** (Die onderstaande kom uit die aanloop na die verdere “These I have loved…”):

My night shall be remembered for a star
That outshone all the suns of all men’s days.
Shall I not crown them with immortal praise
whom I have loved,
who have given me, dared with me
High secrets, and in darkness knelt to see
The inenarrable godhead of delight?
Love is a flame; we have
beaconed the world’s night;
A city: and we have built it, these and I.
An emperor: we have taught the world to die […] – Rupert Brooke

Dag vier: “My vers vir DAG VIER. Ek bly nog altyd ’n groot bewonderaar van UYS KRIGE (en verlekker my nog altyd in die skrywes van Jan en Marge, wat gesê het “He came for tea [in Parys] – and stayed three months”. Ook oor die wonderlike storie van hoe hy eenkeer ’n geleentheid uit Pretoria saam met iemand anders geneem het Johannesburg toe, aan die tafel van ’n groep skrywersvriende beland het; elke keer as hy iets aangebied was, geprotesteer het “My goeie vriend in Killarney wag op my” – maar lustig laat inskep het, en saam gesmul het… Om ten laaste in die vroeë (en grys) ure van die oggend saam met die geleentheid uit te strompel – en nie wéét waar is die ‘goeie vriend van Killarney’ se woonplek nie… (Helaas: WEG saam met my kosbare kopie van die Bloemlesing, Oggendlied, om sy ‘terugkeer na die lewe’ te vier)”:

Plaashek

Bloedrooi die aalwyn langs
die slingerpad.
Dis of daar vonke uit
elk vuurpyl spat.
Maar niks, niks roer nie .. net
‘n luggie wat
skrams aan die ritselende
grassate vat.

Daarbo die blou, blou lug
daaronder die rivier
wat deur die boorde kronkel met
‘n groene swier.
Niks stoor die yle swewende
bergstilte hier

Ná al die jare maak ek weer
‘n plaashek oop.
Waar het my paaie
tog nie geloop
Om my hier by ‘n hek te bring
van al my waan gestroop,
maar met my denke helder
en in my hart die hoop?

Die hek staan in die skad’wee van
‘n kremetart.
Niks troebels, niks verward.
Ek lig die knip .. Ek maak
‘n hek oop in my hart.

– Uys Krige

 

Alhoewel die digter en vertaler Charl Cilliers, (sy vertalings van verskeie gedigte is opgeneem in in a burning sea (2014: Protea), waarvan Marlise Joubert die samesteller is) nie ‘formeel’ op die dig-uitdaging gereageer het nie, plaas hy byna daagliks gedigte op sy fb-status. Dus wend hy fb aan as ’n effektiewe instrument ter aandagtigheid omtrent en liefde vir die digkuns. Dit stel hom dus in staat om hierdie liefde vir die digkuns met vriende op ’n daaglikse basis te deel. Charl het onlangs ’n wonderlike essay oor die haikoe op fb geplaas (dalk kan ons hom oortuig om dit met Versindaba te deel?) en is hy self ’n gedugte beoefenaar van die haikoe. Ek haal ’n paar haikoes van Charl aan wat hy die afgelope paar dae op sy fb-status geplaas het:

grief as the car drove
away – farther, Father,
than I could have known

© Charl JF Cilliers

Silent water: small
black birds enmeshed in fragile
spider webs of mist.

© Charl JF Cilliers

Nine Wintry Outlooks

I

on the rocks tiny
white spume birds rise up in flight
and then melt away

II

waves break against rocks
spindrift snow thaws on those rough
crusty surfaces

III

crabs hide in silence
dig in against the dragging
of outgoing tides

IV

a single tree stands
bare in the wind on the dunes
the sun dies early

V

no footsteps are left
of lovers in the short-lived
laughter of sunlight

VI

pebbles move with sounds
of melting ice cubes clinking
in an empty glass

VII

before the moon comes
the sounds of small waves rush in
then quickly depart

VIII

a cormorant sits
a dark shadow on rocks where
snow flakes are falling

IX

the white frozen moon
on the sand now the warmest
colour of winter

© Charl JF Cilliers

My laaste dag van die Brander, Dag 4, eindig voorts:

“Laaste dag van die poësieuitdaging van Annette Snyckers. Die gedig wat ek gaan aanhaal is een van Tony, my man, s’n. Ek is altyd verstom hoe hy met die Engelse taal kan toor. Hierdie gedig gaan oor sy ouma Cameron, aan Skotse kant, wat Parkinsonisme ontwikkel het en wat vir lank aan demensie gely het. As klein seuntjie in Nottingham, voor Tony en sy ouers na Kalkutta verhuis het, het hulle soms by sy oupa Cameron, wat in die kop geskiet is tydens WO 1 en gevolglik doof was, gaan kuier. In daardie dae het dowe mense nie kon werk nie en is hy dus op ’n karige oorlogspensioen geplaas en as invalide gebrandmerk. Hy het maar sy vrou se latere demensie op sy eie stil, maar bedonderde (LW: ’n egte Highlander van Invergordon) manier hanteer (die piepklein en enigste toilet vrot berook vir ure). Ouma Cameron het Tony gevra om asb die stoof se deur van die bed af te haal en dit in die kombuis aan die stoof terug te gaan hang. Haar oë was koorsagtig en het deur hom gekyk na iets wat hy nie kon sien nie. Dan het die klein vierjarige Anthony (hy is so genoem as kind) maar saamgespeel en die sogenaamde deur ‘opgelig’ en ‘uitgevat’. En gaan ‘terugsit’. Hier is Tony se gedig”:

My grandmother’s oven door

My grandmother had an oven door
she kept on the tea-rose quilt of her bed;
she would point to it with hands
that fluttered like rare birds eager
to land and rest in some soft place

From time to time she would ask me
– then a child of only three or four –
to take the door back to the kitchen.
I couldn’t see it, of course; I lived well
beyond her delusional world,
but she would guide me to it
with her tremulous bird-hands.

Pretending to carry the oven door
to where it belonged, I thought she was
magic; she could see invisible things.

Now, I know otherwise: her terrible illness
was no illusion, just one of life’s tricks
that took her mind wandering gently
further and further away, into that place
where her hands could be still as sleeping birds
and the oven door hang on its hinges for good.

© Tony Ullyatt: 2015.

Van Tennyson Road 8, Woodthorpe, Nottingham, tot Bloemfontein. Oos-Londen. Kaapstad. Yzerfontein. Pringlebaai. Stellenbosch. Johannesburg. Pretoria. Groot Brak. Potchefstroom. Frankryk. Steeds rol die Groot Brander bestemmings en versreise uit.

’n Brander het springgety geword.

Ek laat lesers met die volgende twee aanhalings uit die Boeddhisme en Zen-Boeddhisme, die eerste wat Indra se Net en Interkonneksie op ’n knap wyse opsom:

The energy that sustains the net is not generated outside the net or in any one part of the net but is, again, mutually generated through the interbeing of the entire net. Not only is the net infinite, but in each jewel is reflected another infinite interbeing (Jones:16), en

“The basis of life is unity” (Alan Watts: 1995).

Die allerlaaste woord wat hiermee gepaard gaan, wat die samevloei van alles uitstippel in die poësie, laat ek oor aan TS Eliot in “Little Gidding”, uit die bundel Four Quartets (58):

V

What we call the beginning is often the end

And to make an end is to make a beginning.

The end is where we start from.

 

My innige dank aan Annette Snyckers en almal wat saam met hierdie Poësiebrander gerol het.

 

Bibliografie

Eliot, T.S. 1959. Four Quartets. Londen: Faber and Faber.

Jones, K. 2003. The New Social Face of Buddhism: A Call to Action. Somerville, MA: Wisdom.

Loy, D. 1996. Lack and Transcendence: The Problem of Death and Life in Psychotherapy, Existentialism, and Buddhism. Amherst, NY: Humanity Books.

Watts, M. ed. 1995. Buddhism, the Religion of No-Religion: the Edited Transcripts of Alan Watts. Boston, MA: Tuttle.

  •