Kwatrynkompetisie (157 – 159)
Friday, April 30th, 2021
157
ek dink aan pypkaneel en steranys
naeltjies neut en ‘n virusvrye bosparadys
‘n lourierblaar in roomsop met ‘n sjerrie maar
ek eet brood en botter – asem laat gaan – dis wys
158
en na die virus eenkeer elke skrikkeljaar
het ek haar daar in ‘n gariepdorp gewaar
met ‘n uitsig op ‘n wingerd werklik wondermooi
naby ons groot rivier – haar werk was klaar
159
in hierdie rymkwatryne
met soms die sluk van wyne
herdenk ek op ‘n manier kovidtye
in vae verdwynende woordlyne
© Annora Eksteen, 2021