Oumansherfs Dit is ’n agtermiddag en die son lê skuins en probeer sy laaste probeer om warmte aan my murg te gee ek het deur die wingerd geloop luister daar’s ’n riel uit die boord slinger saam trap vir tree waar is al die groen waar is die druiwe heen aan…
Tag: Anton Dockel gedig
Anton Döckel. Gebed
Gebed As al die miljarde tegelykertyd moet bid sal die hemel se netwerk ineenstort om verstrooide begeertes vervalste bieg en dankbetuigings na die regte afdelings deur te sit Jy verbeel hoe jou gebed oprys ’n rein wit duif in ’n ligkolom terwyl dit net van jou kop tot by jou lippe reis…
Anton Döckel. Die Boer
Die Boer Vroegoggend by die eerste lig sal ’n hanekraai, roep of fluit die stilte oopsny en sy plaas sal arms uitrek – ver tot daar waar dit hemel word en vir die boer môre sê: Hier is jou beloftes God stel jou aan om meer te maai as wat jy…
Anton Döckel. Apokrief
Apokrief Vir veertig dae het Hy in die woestyn sondevloed beleef en die duiwel wil hom verlei: Red jouself. Die stormwaters het gesak; sy ark tot rus gekom. toe het Hy die kraaie uit Sy hart verjaag en die duiwe in laat kom; besluit Hy om na sy Vader…
Anton Döckel. Die Dom – Keulen
Die Dom – Keulen Met die voorkant van die Dom kon ek my nog versoen: Dit is klip en in ’n klipkerk is ek gedoop aangeneem en voorgestel. Die binneruimte sluk my ongeloof – ‘n leërskare eng’le sou hier deur kon gier sonder dat ’n vlerk die dak raakveeg of aan die…
Anton Döckel. Skoonmaakvrou
Skoonmaakvrou Uit ’n woonbuurt van sink kom sy in om huis skoon te maak die ellende wat sy saambring en afgee aspris om my gewete te kom traak bly terug sypel ten spyte van die uitvee geluide uit die kombuis die breekgoed word heftig opgewas waswater spat dit spoel en skuur…
Anton Döckel. Sirenes
Sirenes Ek navigeer uit my stuurkajuit agter my lessenaar op skerm met instrumente, atlas en roer vaar tussen vergange mites wat soos opdrifsels in taal dryf In die nanag kom Hypnos geluidloos soos ’n uil in vlug om my stuurloos te wil toor Vêraf sing sirenes hulle songs bloeiende heavy metal…
Anton Döckel. Epilepsie (M)
Epilepsie Ek sal stadig bykom die hemel sal bo wees kant en wal blou en vol ek swem in my oë terug dof en stomp en vêraf klink yl kinderstemme wat speel en jil onmoontlik skril gestolde klankgrepe uit die gille gebreek val dood uit die lug staan op en versnel…
