Posts Tagged ‘Anton Dockel kwatryne’

Kwatrynkompetisie (105&106)

Wednesday, April 7th, 2021

 

105

 

Ons sit gekurk agter die deur van ons huis

gemasker wys ons die virus die vuis

die wyn lê in koel, donker kelders – té stil

buite bedaar die verkeer se gedruis

 

*

 

106

 

skryf jy vir ’n  kwatrynkompetisie?

drink jou wyn, gaan vertel die polisie

wat glo dit sal die virus gouer aanjaag:

wynterapie is raat teen die kondisie

 

© Anton Dockel, 2021

 

 

 

Kwatrynkompetisie (21-23)

Tuesday, March 2nd, 2021

 

(21)

As ’n wynmaker sy geheime deel

sy loflied uit die proeglas voorspeel

met geure van sitrus, pruim of muskaat –

behoede dat die virus die neus eerste steel

 

*

 

(22)

in die wyn uit die bottel geskink, is

die boeket uit korrel en sap gegis

’n kultivar sal die aroma bydra

maar in die vate hou Covid dit gekis

 

*

 

(23)

die wingerde soos brigades oopgesprei

oor valleie storm wynstokke ry op ry

laat ons die virus soos vaalvrot beveg

om die vreugde weer gebottel te kry

 

© Anton Dockel, 2021