Posts Tagged ‘Anzé Bezuidenhout kwatryne’

Kwatrynkompetisie (108&109)

Saturday, April 10th, 2021

 

108

 

Gekelderde sorge

 

in die Kaap by Mont du Toit se Kelder

maak pandemie se wag die smaak helder

want druiwe gis goed in boepensvate

dan word sorge vergeet en gekelder

 

*

 

109

 

Wingerdbloed

 

daar by die Hawequaberge se voet

iewers in Wellington distrik se gloed

gemasker, gehok tydens pandemie

verander die wyn mos in wingerdbloed

 

© Anzé Bezuidenhout