Goeie nuus is dat Archipelago Press pas bekend gemaak het dat hulle ‘n keur uit Hugo Claus se gedigte in Engels gaan publiseer. Die gedigte in Even Now is deur die bekroonde vertaler David Colmer uit Nederlands vertaal en sal in November beskikbaar wees. Volgens die aankondiging die volgende: “Claus’s poetry has been marked…
Tag: Archipelago Press
Louis Esterhuizen. Die dawerende stiltes van Yannis Ritsos
Oor Archipelago Press het ek al dikwels geskryf aangesien hulle loshande een van my gunsteling-uitgewerye is; in hoofsaak vanweë die magdom internasionale digkuns wat hulle in vertaling aan die poësieliefhebber bied … Nou het hulle verrassend genoeg eergister bekend gemaak dat hulle ‘n nuwe webblad op die internet gevestig het , en getrou aan Archipelago se…