Babette Deutsch. Vertaling in Afrikaans
Tuesday, January 19th, 2021
Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (95)
Babette Deutsch. Vertaling van Engls in Afrikaans. Vert. deur Marieta McGrath.
Stilswye
Saam met jou is die stilswye soos
Die glimlag van ‘n kind wat droom:
Delikaat, net ‘n suggestie van die wonder,
Die sagte, stadige wonderwerk van rus.
Saam met jou is die stilswye soos
‘n Vriendelike vertrek vanuit ‘n gekletter
En malende skares na groen weivelde
Onder een of ander bollende blouborswolk
Of om saans op die sand vasgehou te word
Terwyl die gety ooprol en hemel met see
vervloei
Om die veraf, windgebolde seile te verskans
As dit donker roer aan die rand van die nag.
***
Silence
Babette Deutsch
Silence with you is like the faint delicious
Smile of a child asleep, in dreams unguessed:
Only the hinted wonder of its dreaming,
The soft, slow-breathing miracle of rest.
Silence with you is like a kind departure
From iron clangor and the engulfing crowd
Into a wide and greenly barren meadow,
Under the bloom of some blue-bosomed cloud;
Or like one held upon the sands at evening,
When the drawn tide rolls out, and the mixed
light
Of sea and sky enshrouds the far, wind-bellowed
Sails that move darkly on the edge of night.
Bronverwysing:
Deutsch, Babette. 1919. BANNERS. New York: George H. Doran Company (p.52).