Daar’s ʼn hele fotografieveld wat as “ruin porn” bekendstaan. Sommige van hierdie pornograwe neem foto’s van vervalle geboue in transisiesamelewings, plekke wat iewers heen op pad is vanaf kommunisme, kolonialisme en ander (nou) onwelvoeglike moderniseringsprojekte. Al wat bly staan, maar wat aan die verval is, is eertydse modernistiese betonmonumente. In die toekoms lê demokrasie, kredietkaarte en winkelsentrums. In die…