Bibi Slippers is in Bloemfontein gebore en het in die noorde van KwaZulu Natal grootgeword. Sy studeer BA Beeldende Kunste en BA Tale (met drama en filmkunde as tweede hoofvak) by Tukkies. Sy spesialiseer in installasiekuns en skep hoofsaaklik teksgebaseerde werk. In 2008 verhuis sy na Nieu-Seeland waar sy advertensies skryf vir ‘n radio-netwerk, en…
Tag: Bibi Slippers
Nuwe Bundel. Bibi Slippers: Soekenjin
Soekenjin Bibi Slippers Soekenjin is ’n bundel oor begeerte, ‘n versameling verse oor die lewe in die tyd van die Internet van Dinge. Dit is gedigte oor die soeke na alles: liefde, die self, betekenis en die regte woord, en oor die sublieme en banale dinge wat ons as soekers vind. Die bundel ondersoek ook…
Persvrystelling. Ingrid Jonker-prys: Kortlys 2017
Hilda Smits – Hendrik J Botha – Bibi Slippers Die bome reusagtig soos ons was – Atropos – Fotostaatmasjien Persvrystelling. Ingrid Jonker-prys: Kortlys 2017 Die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse debuutdigbundels wat in 2015 en 2016 gepubliseer is, is pas bekend gemaak. Die prys word jaarliks beurtelings aan ʼn…
2017 UJ-debuutprys aan Bibi Slippers vir Fotostaatmasjien
Die wenner van die 2017 UJ-debuutprys, is toegeken aan Bibi Slippers vir haar digbundel Fotostaatmasjien. Die UJ-debuutprys word jaarliks toegeken vir die beste kreatiewe debuut in Afrikaans (met ’n prysgeld van R30 000). Bibi Slippers se debuutbundel vier die mens en kultuur as fotostaatmasjien en die gedig as foutiewe fotostaat. Die digter neem die rol van…
Digstring: “En route: Suid-Afrika” (Bibi Slippers)
Digstring Enkele vrae oor die rugstring van ’n gedig “En route: Suid-Afrika” Na Allen Ginsberg Suid-Afrika, ek is op die highway. Waar is jy? Suid-Afrika, 123 kilometer per uur en ’n onbetaalde parkeerkaartjie, onder die voetbrug wei ’n trop bokke. Suid-Afrika waarvoor is teer ’n metafoor? Vlieg in jou moer met jou stukkende flikkerlig!…
Nuuswekker. Blomtyd vir die konkrete digkuns?
Kyk, Nieu-Seeland is uiteraard bekend vir sportprestasies, maar hulle het darem ook ‘n besonder aktiewe digkuns om mee te spog. Daarom dat die herwaardering van Joanna Margaret Paul (1945 – 2003) se lewe en werk op Jacket2 my oog gevang het. Cy Mathews, skrywer van die artikel, motiveer die behoefte aan ‘n herwaardering van Paul…
Nuwe publikasie: Fotostaatmasjien (Bibi Slippers)
Fotostaatmasjien Bibi Slippers Bibi Slippers se debuutbundel vier die mens en kultuur as fotostaatmasjien en die gedig as foutiewe fotostaat. Die digter neem die rol van monnik in die middeleeuse skriptorium aan, maar dié oorskrywer is gelyktydig ook ’n boorling van ’n digitale wêreld waar perfekte kopieë met die druk van ’n knoppie geskep kan…
Bibi Slippers. Ondersoek na die aard van die geskilderde windhond …
Ondersoek na die aard van die geskilderde windhond met spesifieke verwysing na die latere werk van Lucian Freud watter weeksdag is die wind- hond? mens wil dink ‘n woens- dag, maar, nee: die windhond is dunner, en ’n dinsdag, dus. wie se kind is die windhond? die aanteelt van ’n kuitspier en ’n…