Posts Tagged ‘Biblioteke’

Nini Bennett. Die afkoopstempels van tyd.

Tuesday, May 31st, 2016

bib iii

A POEM FOR MY LIBRARIAN, MRS. LONG

(You never know what troubled little girl needs a book)

At a time when there was not tv before 3:00 P.M.
And on Sunday none until 5:00
We sat on the front porches watching
The jfg sign go on and off greeting
The neighbors, discussion the political
Situation congratulating the preacher
On his sermon
There was always the radio which brought us
Songs from wlac in nashville and what we would now call
Easy listening or smooth jazz but when I listened
Late at night with my portable (that I was so proud of)
Tucked under my pillow
I heard nat king cole and matt dennis, june christy and ella fitzgerald
And sometimes sarah vaughan sing black coffee
Which I now drink
It was just called music

There was a bookstore uptown on gay street
Which I visited and inhaled that wonderful odor
Of new books
Even today I read hardcover as a preference paperback only
As a last resort

And up the hill on vine street
(The main black corridor) sat our carnegie library
Mrs. Long always glad to see you
The stereoscope always ready to show you faraway
Places to dream about

Mrs. Long asking what are you looking for today
When I wanted Leaves of Grass or alfred north whitehead
She would go to the big library uptown and I now know
Hat in hand to ask to borrow so that I might borrow

Probably they said something humiliating since southern
Whites like to humiliate southern blacks

But she nonetheless brought the books
Back and I held them to my chest
Close to my heart
And happily skipped back to grandmother’s house
Where I would sit on the front porch
In a gray glider and dream of a world
Far away

I love the world where I was
I was safe and warm and grandmother gave me neck kissed
When I was on my way to bed

But there was a world
Somewhere
Out there
And Mrs. Long opened that wardrobe
But no lions or witches scared me
I went through
Knowing there would be
Spring

Oor bekende historiese biblioteke soos die Vatikaanse biblioteek of die Bibliotheca Alexandrina is daar heelwat geskryf. Maar eindelik is dit die persoonlike argiewe van herinnering wat elkeen bybly, soos die bostaande gedig van die veelbekroonde digter en aktivis, Nicci Giovanni getuig. Die skoon stof en diep aura van duisende boeke; die respekvolle stilte wat ’n biblioteek afdwing.

Om selfies te neem en op die sosiale media te plaas, is deesdae hoogmode. Intellektuele neem egter “shelfies’. ’n Mens sou kon spekuleer of dié shelfies, of foto’s van boekrakke, ‘n tipe projeksie van die Ideale Self is. Want boekrakke vol gunsteling titels spreek tog boekdele van ‘n persoon – of, soos Holbrook Jackson gesê het: “Your library is your portait”.

As kind onthou ek duidelik die eindelose speurtogte na boeke deur die Dewey-klassifikasiestelsel met die houtlaaitjies waarin die kaartkatalogus geliasseer was. Vandag, met die gevorderde Library 2.0 en digitale liassering wat internetsoektogte met die klik van ’n sleutelbord moontlik maak, is dit interessant om te noem dat die voormalige vader van die FBI, J. Edgar Hoover een van die belangrikste bibliotekarisse is wat die geskiedenis opgelewer het. In 1919 implementeer die 24-jarige Hoover die Dewey-stelsel, soos oorspronklik ontwerp deur Melville Dewey in 1876, om ‘n reuse kaartindeks van potensiële vyande van die Amerikaanse regering te rekord te stel. Hoover was intiem vertroud met die Dewey-stelsel, aangesien hy as nagraase student in die Reg werksaam was by die Library of Congress om sy studies te finansier. Die Palmer Raids het gevolg en honderde kommunistiese en radikale elemente is opgespoor en gearresteer. Die weg is gebaan vir die meer gesofistikeerde databasisse van vandag waarin kriminalistiek en DNS-sporing gebruik word om suksesvolle persoonsidentifikasie te doen.

In die tagtigerjare het ons twee maal ’n week biblioteekperiode op skool gehad. Die “biblioteekjuffrou” was stigtelik, ’n ouwêreldse juffrou Rottenmeier wat die leerders met ’n heilige erns onderrig het in die naslaan en -speur van boeke. Dit was die dae voor boeke data of karakters of elektroniese diskoers was. Ek onthou die mediaprefekte: die bleeksiele, bibliofiele en ander atipiese kinders wat pouses konsensieus, prefekbalkie op die lapel, ons boeke gestempel het.

Tuis het ons ook “biblioteek” gespeel. My oudste suster het arms vol boeke van my ma se rakke geneem, my oorlede oumagrootjie se silwer knypbrilletjie op haar neus gesit, en kladpapierdatumstrokies voorin die boeke geplak, kompleet met ’n CNA-datumstempel. Die leenperiode was twee weke – en nodeloos om te sê: my boeke was altyd laat. Of eerder; méér as die bruikleen van tyd: ek het gesukkel om my boeke terug te gee en moes dit duur met my sakgeld ontgeld. Ek koester steeds my laat boeke. Sommige van hulle is járe laat. Die dood, onverwagse verhuising, siekte en ander omstandighede was van die redes waarom ek dringend eienaarskap van munisipale eiendom moes neem. Ek voel inderdaad skuldig oor al die stiefkinders wat steeds in mistige plastiek op my boekrak pryk. Die datumstrokies het ek nooit verwyder nie – dit sou my meer formeel soos ’n dief laat voel.

In ’n onlangse verwysing na die waarde van biblioteke beweer die eienaar van The Book Lounge in Kaapstad, Mervyn Sloman, op Cape Talk die volgende: “The reality of the situation is in a bookshop we are selling books, and books are really, really expensive. Horribly so. The vast majority of people in this country can’t afford to buy books, which speaks straight away to the incredible importance of libraries”.

Steeds skuif ek weekliks aan die spinaaldun titels op my rakke om plek te maak vir nuwes. Dalk is dit nie boeke wat ouer word nie, dit is mense wat dateer. Die bifokale leesstiltes word langer. En die afkoopstempels van tyd meer.

Nog ’n gedig uit Nikki Giovanni se bundel, Acolytes (2007) waarin sy met die warmte, wat so eie is aan werk, haar herinneringe aan ’n biblioteek verwoord:

MY FIRST MEMORY (OF LIBRARIANS)

This is my first memory:
A big room with heavy wooden tables that sat on a creaky
wood floor
A line of green shades—bankers’ lights—down the center
Heavy oak chairs that were too low or maybe I was simply
too short
For me to sit in and read
So my first book was always big

In the foyer up four steps a semi-circle desk presided
To the left side the card catalogue
On the right newspapers draped over what looked like
a quilt rack
Magazines face out from the wall

The welcoming smile of my librarian
The anticipation in my heart
All those books — another world — just waiting
At my fingertips.

Verwysing:

http://www.poemhunter.com/nikki-giovanni/poems/

Louis Esterhuizen. Verslag oor leespatrone in die VSA – jongeres lees meer …

Tuesday, September 23rd, 2014

Via ‘n skakel op Los Angeles Times se webblad lees ek ‘n artikel raak oor die leespatrone onder veral die sogenaamde “Millennials” (Amerikaanse jongmense tussen 16 en 29 jaar oud). Dié artikel bevat die navorsingsverslag wat deur die Pew Research Internet Project gedoen en pas gepubliseer is: “This report pulls together several years of research into the role of libraries in the lives of Americans and their communities with a special focus on Millennials, a key stakeholder group affecting the future of communities, libraries, book publishers and media makers of all kinds, as well as the tone of the broader culture.”

En hul bevindings is héél interessant. Soos byvoorbeeld die feit dat diegene jonger as 30 net soveel lees as diegene ouer as dertig, maar dat hulle beduidend meer bóéke lees as die nie-millenials; ten spyte daarvan dat hulle ten opsigte van tegnolgogie véél meer gevorder is as die 30-jariges plus: “Millennials are quite similar to their elders when it comes to the amount of book reading they do, but young adults are more likely to have read a book in the past 12 months. Some 43% report reading a book—in any format—on a daily basis, a rate similar to older adults. Overall, 88% of Americans under 30 read a book in the past year, compared with 79% of those age 30 and older. Young adults have caught up to those in their thirties and forties in e-reading, with 37% of adults ages 18-29 reporting that they have read an e-book in the past year.”

Ten opsigte van biblioteke en die benutting daarvan is die prentjie egter minder rooskleurig: “Here are the details: If their library were to close, 32% of people 30 and older say it would have a major impact on them and their families; only 19% of those younger than 30 say so. Asked if such a closing would have a major impact on the community, 67% of those 30 and older say it would, while the figure for people 30 and under was just 51%.” By wyse van gerusstelling wys die kommentators van PRIP egter daarop dat dié syfer na alle waarskynlikheid misleidend is: “Our library engagement typology found that Americans’ relationships with public libraries are part of their broader information and social landscapes, as people who have extensive economic, social, technological, and cultural resources are also more likely to use and value libraries as part of those networks. Deeper connections with public libraries are also often associated with key life moments such as having a child, seeking a job, being a student, and going through a situation in which research and data can help inform a decision. As a result, the picture of younger Americans’ engagement with public libraries is complex and sometimes contradictory, as we examine their habits and attitudes at different life stages.”

Aangesien ongeletterdheid sekerlik een van die grootste uitdagings is wat ons hier ter lande in die gesig staar en daar uiteraard groot kommer heers oor die lees- en begripsvermoë van ons jeug, is hierdie statistiek tot ‘n mate gerusstellend; ten spyte daarvan dat daar wêreldwyd ‘n groter (negatiewe) invloed van tegnologie en veral sosiale media en die impak daarvan op taalvaardighede, ondervind word. Wat ‘n mens egter bekommer is die afgelope jare se drastiese besnoeiings ten opsigte van biblioteekdienste; veral op skoolvlak. So bestaan daar talle skole waar daar hoegenaamd géén biblioteekfasiliteit beskikbaar is nie. En dít is onaanvaarbaar, veral gesien in die lig van die PRIP se bevindings hierbo.

Daarom – ondersteun asseblief PEN Afrikaans se loodsprojek wat dit ten doel stel om ten minste EEN skool van ‘n behoorlike biblioteek te voorsien.

Ter wille van die lesers wat nié lede van PEN Afrikaans is nie, plaas ek die toepaslike gedeelte uit Kerneels Breytenbach (voorsitter) se Nuusbrief volledig:

Dit is vir my aangenaam om besonderhede te kan bekend maak oor PEN Afrikaans se eerste groot boekprojek.  Die agtergrond hiervan is die agteruitgang van biblioteke by skole. Die toegang tot boeke – en veral Afrikaanse boeke – is kommerwekkend en veroorsaak dat baie leerlinge nooit bewus word van die voordele en verryking wat ’n leeskultuur bring nie.

Ons moet iewers begin om die probleem aan te pak , en om praktiese oorwegings het ons besluit om  dit te koppel een van ons bestuurslede se huidige betrokkenheid by gemeenskapswerk.

Bettina Wyngaard, ’n gekoöpteerde bestuurslid van PEN Afrikaans, het ’n opsomming van die huidige situasie in die Grabouw-distrik in die Wes-Kaap gemaak. Sy bevind:

  • Baie biblioteke word deur mediasentrums vervang, met rekenaars en dies meer;
  • Elke skool ontvang 50% van hulle begroting vir leerderondersteuning, en daarvan word 10% toegesê  aan biblioteke. Hulle word egter nie gemeet aan hulle biblioteke nie, maar wel aan goed soos wiskundegeletterdheid. Die meeste hoofde skuif dus daardie 10% na ander projekte, en veral instandhouding, wat onderbegroot is in die meeste skole;
  • Die skole wat wel een of ander vorm van biblioteek het, het nie personeel om dit te beman nie. Dit word dus aan elke onderwyser oorgelaat of hulle ekstra werk vir hulleself wil skep deur ook biblioteekdiens te doen. Die meeste stel nie belang nie. Die meeste hoofde plaas ook druk op hulle onderwysers om eerder op Wiskunde te konsentreer.
  • Baie skole het ook nie akkommodasie vir ’n biblioteek nie
  • Die gevolg is geweldige leesverarming. Hulle vind ook dat leerders in staat is om ’n stuk perfek te lees, maar hulle het g’n begrip van wat hulle lees nie, en kan nie verduidelik wat die stuk probeer sê nie.
  • Baie onderwysers het ook ondersteuning nodig, want hulle het ook nie ’n breë leeservaring nie.

Voorts moet ook rekening gehou word met plaasskole wat té ver uit die dorp is om met gerief van die dorp se biblioteke gebruik te kan maak; hoofde wat bereid is om ook ouers toegang tot die biblioteek te gee, sodat ouers en leerders dit kan gebruik; hoofde en onderwysers wat toegewyd is en bereid is om ekstra werk in te sit; huidige infrastruktuur; ’n verarmde gemeenskap en ten slotte die mate waarin ouers betrek kan word – en bereid is om betrek te word.

Uiteindelik het Bettina drie skole geïdentifiseer waar ons sou kon begin om betrokke te raak:

  • Dennegeur – hulle personeelkamer doen diens as biblioteek. Dit beteken kinders moet die fasiliteit gebruik terwyl onderwysers sit en eet, of merk, of wat ookal –  wat nie ’n gewenste toestand is nie. Daar is onvoldoende boeke, en niemand wat diens kan doen in die biblioteek nie.
  • De Rust skool – hulle het ’n mediasentrum/biblioteek. Die hoof het onlangs skenkings  van oorsee gekry om boeke aan te koop, en hy is ’n ywerige fondsinsamelaar. Ons mening is dat hulle ’n biblioteek op die been kan bring sonder ons hulp.
  • Maxonia –  hulle het nie akkommodasie vir ’n biblioteek nie en ook nie boeke nie. Daar is niemand wat verantwoordelikheid kan neem indien ’n biblioteek tot stand sou kom nie.

Om praktiese redes sal ons eerste op Dennegeur fokus.

Wat behels ons betrokkenheid? Volgens Bettina is dit heel eenvoudig: Alle lede van PEN Afrikaans in die Wes-Kaap word versoek om enige boeke wat hulle geskik ag te skenk. Laat weet eenvoudig per e-pos of jy sulke boeke het, en tussen my en Bettina sal ons ’n plan maak om dit te versamel en by Dennegeur te besorg.

Indien enige PEN Afrikaans-lede elders in die land ’n bydrae wil maak, sal dit verwelkom word. Tree net met my in verbinding daaroor.

Uiteraard sal die bestuur van PEN Afrikaans ook kyk na maniere om fondse te in vir die aankoop van boeke, maar ter wille van die vestiging van die projek as stelsel laat ons dit vir eers buite rekening.

Ek hoor graag van julle!

Want, soos dit algemeen aanvaar word dat daar ‘n plaas is iewers in die agtergrond van iedere Afrikaanssprekende, wil ek die stelling maak dat daar ‘n Biblioteek is in die agtergrond van elke intellektueel en/of boekliefhebber se lewe is.

Lank leef Die Biblioteek.

***

  •