Nini Bennett. Idolomantis diabolica
Monday, May 23rd, 2022
Idolomantis diabolica
Ek is die duiwel sélf se bidsprinkaan
want ek is skadeloos; bewoon ’n blom.
Sover dit mense en geloof aangaan
word boosheid sierlik as ’n blaar vermom.
© Nini Bennett, 2022