woordeloos staan ek waar sal my wooorde vandaan kom? vir die doeners vir die huiweraars die banges wat bewend-siek hang aan die geluidlose ruimte van ons onherbergsame verlede wat sê ʼn mens? wat de hel dóén ʼn mens met dié drag ontkroonde geraamtes, oorsprong, skande en as die land van my gewete verdwyn…