Dit is 9 Oktober en Sol Plaatje se verjaarsdag. Dubbeld spesiaal, dus, dat die 2016 Sol Plaatje Poetry Anthology vandag vrygestel word en die wengedig aangekondig word. Die geleentheid vind plaas by Sci-Bono in Newtown en ons word verwelkom met koffie, eetgoed en ʼn versameling boeke te koop. Ek is bankrot nog voor die verrigtinge…
Tag: bohnen
René Bohnen. Ronkedoor by Noag se Ark
Party mense sê sinkronisiteit is bloot net die verhoogde bewuswording van prikkels as gevolg van gebeurtenisse in mens se persoonlike lewe. Indien dit die waarheid is, het Versindaba hierdie maand op besondere wyse daarin geslaag om kragte met my onderbewuste te snoer en het die samewerking mooi boeke op my pad gebring. Ek was onbewus…
René Bohnen. Boomklim
Google is ʼn bietjie soos boomklim. Voetjie op hierdie tak, voetjie op daardie tak. Effe regs, effe hoër, dan weer effe links. Binnekort sit jy op ‘n onbeplande plek met ʼn uitsig. Meestal weet jy nie mooi hoe jy daar gekom het nie. Of hoe om weer af te klim nie. Dan maar laat los…
René Bohnen. Sonder skroewe – ʼn kort beskrywing.
In 2011 is ‘n “Site Specific” in Plettenbergbaai aangebied deur stigterslede Strijdom van der Merwe en Anni Snyman – die eerste van ʼn projek wat nou wyer blootstelling (en hopelik borgskappe) kry. Die goeie nuus is dat dit die status van ʼn biênnale sal aanneem en ʼn redelike hupstoot deur sakekamers sal kry. Die borg…
René Bohnen. Nuwe boek, nuwe besem, New Coin.
Die virus tref haar tussen twee verkeersligte naby Wespark. Sy sweet en bestuur, sweet en bestuur, konsentreer deur die spitsverkeer en die yskoue prikkels in haar voete en hande. Genadiglik maak sy dit tot by die parkeer-area, sluit die motor en storm dramaties verby die wit tafels met die wynglase, verby die silwer ysemmer en…
René Bohnen. Nat bome
Saterdag het dit hier by ons in die voorstede gehael en gister het dit gereën toe ons die pad vat na Melville. In Johannesburg beteken sulke weer deesdae meermale dat die krag af is. Die dooie verkeersligte dwarsoor die stad was dus ʼn vroeë aanduiding dat warm koffie ons nie eintlik gaan inwag in Sewendestraat…
René Bohnen. ʼn Gehekelde kruispad
Vandag net ʼn kort blog oor iets wat ek gister gesien het – en ek weet nie wat dit beteken nie. My kopie van Adonis se “Selected poems” het Vrydag in die pos gearriveer. Suiwer vreugde (dankie vir daardie blog van jou, Louis). Saterdagaand kry ek kans om rond en bont daarin te lees, net…
René Bohnen. Geel is die dal van doodskaduwee
In Augustus is Gauteng maar vaal. Daarom was ek baie dankbaar vir ʼn geskenk wat ek uit die bloute ontvang het:10 dae of so in die omgewing van die Tuinroete – ek hoef net petrol te betaal. En ek weet die suikerkanne blom. Volgens die neurowetenskaplikes verval ons maklik in alfagolwe in die brein wanneer…