Mike Batt. Vertaling in Afrikaans
Friday, January 7th, 2022
Mike Batt. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws
blínk oë
is dit dalk ‘n soort droom
dié wegdryf met die gety
al met die rivier van die dood af, volg net die stroom
ag, is dit ‘n droom?
daar’s ‘n newel oor die gesigseinder heen
‘n vreemde gloed in die atmosfeer
en dit lyk nie of iemand weet waarheen dit lei
en wat kan dit tog beteken?
ag, is dit ‘n droom?
blink oë wat so vurig brand
blink oë, hoe kan julle ingee en toegaan?
hoe kan die lig wat so helder gebrand het
skielik dan nou wil uitgaan?
blínk oë
is dit dalk ‘n soort skaduwee
wat uitstrek die nag in
ongesiens die loop kry oor die rante
of is dit ‘n droom?
bo in die bome waai ‘n hoë wind
daar’s ‘n kil klank in die lug
en niemand weet ooit wanneer jy gaan
en waar beginne jy koersvat?
ag, die donkerte in
blink oë wat so vurig brand
blink oë, hoe kan julle ingee en toegaan?
hoe kan die lig wat so helder gebrand het
skielik dan nou wil uitgaan?
blínk oë
***
Mike Batt
Bright Eyes
Is it a kind of a dream
Floating out on the tide
Following the river of death downstream
Oh, is it a dream?
There’s a fog along the horizon
A strange glow in the sky
And nobody seems to know where it goes
And what does it mean?
Oh, is it a dream?
Bright eyes, burning like fire
Bright eyes, how can you close and fail?
How can the light that burned so brightly
Suddenly burn so pale?
Bright eyes
Is it a kind of a shadow
Reaching into the night
Wandering over the hills unseen
Or is it a dream?
There’s a high wind in the trees
A cold sound in the air
And nobody ever knows when you go
And where do you start?
Oh, into the dark
Bright eyes, burning like fire
Bright eyes, how can you close and fail?
How can the light that burned so brightly
Suddenly burn so pale?
Bright eyes
(Opgeneem deur Art Garfunkel, 1978-1979):
https://genius.com/Art-garfunkel-bright-eyes-lyrics