I Ons beleef ‘n tyd waarin heldeakkers ómgeploeg word en pseudo-historici hulle uitlaat oor die geskiedenis. Alte dikwels sonder om argiewe te raadpleeg of ordentlike bronnavorsing te doen. Hierdie regstellende aksie is uiteraard gevaarlik. As daar wel iets vergete na vore kom, is dit tersaaklik, soos wyle Dan Sleigh, romanskrywer en navorser, by herhaling…