vroegherfs in die noorde die jaar word oud in vlamrooi amberbloei in buksus wat verbruin & gryser lug waardeur die wind woedend waai & sug ’n lae son stry teen korter dae paddastoele groei gretig tot selfs die traagstes & die laaste blare val so suutjies in die goue bos & laan dat…