Posts Tagged ‘Carl Sagan’

Nini Bennett. Carl Sagan: Oor sterrekunde en poësie

Friday, February 18th, 2022

 

Carl Sagan

 

Die Amerikaanse sterrekundige, ruimtewetenskaplike, kosmoloog en skrywer, Carl Sagan het bekendheid verwerf vir onder meer sy wetenskaplike navorsing oor die moontlikheid van ekstraterrestriële lewe – maar dis met sy televisiereeks, Cosmos: A personal voyage dat hy verewig is as huishoudelike naam. Kykers sal Sagan onthou as die sjarmante en welsprekende aanbieder, kenmerkend met ’n mosterdkleurige corduroy-baadjie en bypassende rolnektrui. Dink ’n mens aan hierdie intellektuele reus, dan dink jy aan die wyse waarop hy komplekse begrippe op byna hipnotiese wyse kon kommunikeer en selfs verromantiseer. As wetenskapkommunikeerder per excellence het Sagan kennelik nié binne die konvensionele begrensings van tradisionele vakgebiede gedink nie. Hy was skrywer, medeskrywer of redakteur van meer as 20 boeke en 600 wetenskapgeskrifte, maar word ook onthou vir sy populêre wetenskapfaksie soos The dragons of Eden: Speculations on the evolution (1977), Broca’s brain: Reflections on the romance of science (1979) en Pale blue dot: A vision of the human future in space (1994). Sy roman, Contact (1985) is verwerk tot film. Sagan het sy kennis van die ruimte- en die geesteswetenskappe gedeel met leke- sowel as akademiese gehore. Ten spyte van kritiek deur sommige tydgenote dat hy slegs op die popularisering van die wetenskappe gefokus het, het hy ’n reuse bydrae gelewer tot wetenskaplike bewusmakingsveldtogte. Inteendeel: as wetenskapkommunikeerder was hy ook betrokke by die ruimtesendings van die Mariner-, Pioneer- en Voyagerreekse. Hy het gedien as voorsitter van die komitees wat die Goue Plate aan Voyager 1 en 2 in hulle onderskeie ruimtesendings vergesel het. Die Voyager Goue Plate is in 1977 aan boord van die Voyager 1 en 2 gelanseer. Laasgenoemde plate bevat klanke en beelde wat lewe op planeet aarde verteenwoordig: musiek, natuurklanke, groeteboodskappe uit 55 antieke en moderne tale, sketse, foto’s en selfs ’n stemboodskap van president Jimmy Carter. Die doel van die Goue Plate was om met buiteaardse wesens te kommunikeer – en volgens Sagan sou die Voyager-ruimtetuie net ontdek – én die plate gevolglik gespeel word – as ’n gevorderde ruimtereisende beskawing daarmee kon kontak maak.

Sagan het in 1960 sy PhD in sterrekunde en astrofisika aan die Universiteit van Chicago verwerf. Sy latere navorsing handel onder meer oor stofstorms op Mars en die oorsprong van lewe op aarde. Hy was eers werksaam as professor aan die Universiteit van Harvard alvorens hy die grootste deel van sy lewe as professor in sterrekunde aan die Cornell-Universiteit deurgebring het.

Sagan is bekend en geliefd om sy buitengewone taalvaardighede: nie net was hy ’n veelsydige wetenskaplike nie; hy was ook literêr begaafd. “He was, quite simply, the best science educator in the world this century.” Só beweer Yervant Terzian, wat op ’n stadium die hoof van Cornell-Universiteit se departement sterrekunde was. Sagan word onthou vir sy besondere poëtiese aanslag as wetenskapkommunikeerder. Nie alle wetenskaplikes beskik oor die vermoë om hulle kennis oor te dra nie, maar Sagan staan kop en skouers bo sy tydgenote uit. Die tweede helfte van die 20ste eeu was “die goue eeu” wat gekenmerk is deur kosmiese ontdekkings en Sagan was waarskynlik die verteenwoordiger van dié tydsgewrig. Hy het in sy leeftyd sowel as postuum ’n magdom toekennings vir sy werk ontvang, onder meer die Pulitzer-prys vir niefiksie vir The dragons of Eden in 1978.

Ander wetenskapskrywers wat wetenskapfaksie as poëtiese prosa aanbied, is byvoorbeeld die ekoloog en marienebioloog, Rachel Carson met haar blitsverkoper Under the sea wind: A naturalist’s picture of ocean life (1941), of die bosboukundige, Peter Wohlleben se wetenskaplik-poëtiese besinning oor bome, The hidden life of trees (2015). Ek het oor die interseksie van hierdie lewenswetenskappe en poësie in die volgende blogs geskryf:

 

https://versindaba.co.za/2018/10/25/nini-bennett-blou/?fbclid=IwAR2Gh2krO7FEwvFiX209doom8krTFW9KffIJyLqltCGaNynVM6xHjGsuNWE

asook

https://versindaba.co.za/2018/07/27/nini-bennett-die-taal-van-bome/?fbclid=IwAR0v6wg8z0pBY7oV5-Ptq_UjDqYy46zu5iIKPRbeK4TYYfoSjnON_b3-cdY

 

’n Afrikaanse voorbeeld van so ’n wetenskaplik-poëtiese narratief is Die groot gedagte: Abstrakte weefsel van die kosmos (1998) deur Gideon Joubert, ’n werk wat bekroon is met die Andrew Murrayprys en die Insig-prys vir Afrikaanse niefiksie. Joubert put mildelik uit die wêreldletterkunde en poësie – en slaag daarin om ’n sinvolle simbiose tussen die twee velde te bewerk.

Iewers in die argiewe van die internet het ek egter die volgende besondere artefak ontdek: ’n insetsel uit ’n ou skoolkoerant, geskryf deur die 15-jarige Carl Sagan. Dit was ’n moeitevolle proses om die stukkies vergeelde papier te vergroot, byeen te bring en oor te tik om sodoende ’n teksrekord van hierdie waardevolle berig te skep.

Dit is die jaar 1950 en die bron is Wawawhack, the Rahway High School Student Newspaper Vol. VI.:

SPACE, TIME AND THE POET

 Carl Sagan

 

It is an exhilarating experience to read poetry and observe its correlation with modern science. Profound scientific thought is hardly a rarity among the poets. Often a scientist will pen a verse to clarify his meaning. Although far from profound, the following anonymous stanza is typical:

“Twinkle, twinkle, great big star,

Astronomers know just what you

     are.

The self-same stuff is space be-

    tween,

Its atoms rare and quite un-

    seen.”

Rapidly approaching reality is the dream of space travel-flight to other planets. This flight will be accomplished by rockets with huge fins for stabilization in atmosphere. Observe this prediction of Alfred Lord Tennyson:

“For I dipt into the future…

Saw the heavens fill with com-

merce, argosies of magic sails.”

The commerce Tennyson speaks of is obvious, for the other bodies of this solar system have much the same chemical composition as the earth. Edgar Allan Poe may be taken literally:

“Where can it be

This land of Eldorado?

‘Over the mountains

Of the Moon…”

Then, someday, man will venture beyond this planetary system, through “A dark illimitable ocean, without bound,” (Milton) to the planets of the other stars. One wonders what Helen Hunt Jackson meant by:

“Who knows what myriad colo-

    nies there are

Of fairest fields, and rick, un-

    dreamed of grains

Thick planted in the distant

    shining plains

Which we call sky because they

    lie so far?

Oh, write of me…

‘Emigrated to another star’!

Many have questioned Man’s right to the universe, as expressed by T.S. Eliot:

“Do I dare

Disturb the universe?”

They feel as Karl Jay Shapiro does:

“Look and remember. Look upon

    this sky:

Look deep and deep into the

    sea-clean air,

The unconfined, the terminus of

    prayer.

Speak now and speak into the

    hallowed dome.

What do you hear? What does

    the sky reply?

The heavens are taken; this is

    not your home.”

They feel interstellar travel is merely:

“…drifting….

Toward the impossible,

Towards the inaccessible

Towards the ultimate

Towards the silence

Towards the eternal…”

                               – John Gould Fletcher.

When the time comes, however, there will be those who will stand up and say with Robert Frost:

“They cannot scare me with

    their empty spaces

Between stars – stars where no

    human race is, and ex-

    plore the cosmos,

Star over star, a larger lovelier

    unknown heaven beyond

    the known!”

     – George Cabot Lodge.

And then, in the far-distant future, will come the end of the earth. In the famous lines of T.S. Eliot:

“This is the way the world

    ends –

Not with a bang but a whimper.”

The great contemporary philosopher George Santayana had his own concept of the matter:

“…the patient earth, made

    dry and barren,

Sheds all her herbage in a final

    winter.

And the Gods turn eyes to some

    far distant

Bright constellation.”

By now, after journeying through space over the galactic hub and through time to the terminus of our puny planet, we must be impressed with a feeling of Man’s utter insignificance before the universe. Then, we turn to the work containing perhaps the greatest poetry – the Bible – and humbly inquire:

“When I consider Thy heavens,

    The work of thy fingers,

The moon and the stars, which

Thou hast ordained;

What is man?”

 

Suggestions for further study:

  1. Poems – William Butler Yeats
  2. The Pocket Book of Verse – Speare
  3. The Collected Verse of T.S. Eliot
  4. Poems – Samuel Taylor Coleridge
  5. Poems – John Donne
  6. Rubaiyat of Omar Khayyam – Fitzgerald
  7. On the Nature of Things – Lucretius
  8. Paradise Lost – Milton
  9. Poems – George William Russell (“A E”)
  10. The Bible

 

 

Die jong Sagan

 

Dit is onmiskenbaar die stem van Carl Sagan, ’n seun met ’n droom om iewers in die toekoms ’n sterrekundige te word. En of die leser verras, geamuseerd of verwonderd staan voor die lees van die stuk: dit is duidelik dat Sagan die liefdesverhouding tussen die wetenskappe en poësie as jongeling reeds gesnap het. Hy was besonder belese en kon op daardie stadium reeds sy sterrekundenarratief deur die bril van poësie bekyk. Die leser het deernis met sy leeslys vir voorgestelde studie wat die Bybel as finale bronverwysing lys. Die latere Sagan sou ’n veldtog teen bygeloof en magiese denke by wyse van geïnstitusionaliseerde wêreldgodsdienste (en skyngodsdienste, byvoorbeeld die New Age-beweging) voer. Dis interessant om te noem dat die skrywer se fassinasie met die kosmos allereers, vóór sy studiejare gevorm is deur die poësie van groot digters, die musiek van die sfere, ’n residu wat lewenslank teenwoordig sou wees in sy werk. Die bloudruk van die latere Sagan blyk duidelik uit hierdie berig.

Reeds in die begin van die ikoniese televisiereeks, Cosmos: A personal voyage maak Sagan gebruik van ’n gedig in die vorm van ’n inkantasie of towerspreuk teen tandpyn. Hy merk op dat ons voorvaders die mees geringe of alledaagse gebeure in verband gebring het met kosmiese verskynsels. ’n Poëtiese en magiese voorbeeld is die onderstaande vers, “’n Inkantasie teen die wurm” soos dit gebruik is deur die Assiriërs 1000 jaar v.C. Die spreuk begin met die oorsprong van die heelal en eindig met ’n kuur teen tandpyn. Die gode Anu, Ea en Shamash is teenwoordig:

 

After Anu had created the heaven,

And the heaven had created the earth,

And the earth had created the rivers,

And the rivers had created the canals,

And the canals had created the morass,

And the morass had created the worm,

The worm went before Shamash, weeping,

His tears flowing before Ea:

‘What wilt thou give me for my food,

What wilt thou give me for my drink?’

‘I will give thee the dried fig

And the apricot.’

‘What are these to me? The dried fig

And the apricot!

Lift me up, and among the teeth

And the gums let me dwell!

Because thou hast said this, O worm,

May Ea smite thee with the might of

His hand!

 

’n Artikel soos dié sou nie volledig wees sonder om te verwys na Sagan se “Pale blue dot” nie. Op 14 Februarie 1990 is die laaste foto’s van Voyager 1 ontvang toe dit na die aarde teruggekyk het op ’n verstommende afstand van 5,9 miljard km. Dit het ’n grysblou kolletjie ingesluit. Hierdie besinning oor die aarde is seker een van die mooiste odes wat ooit oor ons planeet geskryf is. Hier volg ’n uittreksel:

Look again at that dot. That’s here. That’s home. That’s us. On it everyone you love, everyone you know, everyone you ever heard of, every human being who ever was, lived out their lives. The aggregate of our joy and suffering, thousands of confident religions, ideologies, and economic doctrines, every hunter and forager, every hero and coward, every creator and destroyer of civilization, every king and peasant, every young couple in love, every mother and father, hopeful child, inventor and explorer, every teacher of morals, every corrupt politician, every “superstar,” every “supreme leader,” every saint and sinner in the history of our species lived there – on a mote of dust suspended in a sunbeam.

The Earth is a very small stage in a vast cosmic arena. Think of the rivers of blood spilled by all those generals and emperors so that, in glory and triumph, they could become the momentary masters of a fraction of a dot. Think of the endless cruelties visited by the inhabitants of one corner of this pixel on the scarcely distinguishable inhabitants of some other corner, how frequent their misunderstandings, how eager they are to kill one another, how fervent their hatreds.

Our posturings, our imagined self-importance, the delusion that we have some privileged position in the Universe, are challenged by this point of pale light. Our planet is a lonely speck in the great enveloping cosmic dark. In our obscurity, in all this vastness, there is no hint that help will come from elsewhere to save us from ourselves.

The Earth is the only world known so far to harbor life. There is nowhere else, at least in the near future, to which our species could migrate. Visit, yes. Settle, not yet. Like it or not, for the moment the Earth is where we make our stand.

It has been said that astronomy is a humbling and character-building experience. There is perhaps no better demonstration of the folly of human conceits than this distant image of our tiny world. To me, it underscores our responsibility to deal more kindly with one another, and to preserve and cherish the pale blue dot, the only home we’ve ever known.

— Carl Sagan, Pale Blue Dot, 1994

Carl Sagan het talle digters geïnspireer. Sinoniem met “Pale blue dot” is die humanitêre gedig, “A brave and startling truth” wat Maya Angelou vir die vyftigste herdenking van die Verenigde Nasies geskryf het. Sagan se besinning en die foto van Voyager 1 het gedien as impetus tot dié gedig – en beide tekste resoneer as ’n soort triomf ten spyte van die nietigheid van die mens op aarde.

 

Maya Angelou

A brave and startling truth

We, this people, on a small and lonely planet

Traveling through casual space

Past aloof stars, across the way of indifferent suns

To a destination where all signs tell us

It is possible and imperative that we learn

A brave and startling truth

And when we come to it

To the day of peacemaking

When we release our fingers

From fists of hostility

And allow the pure air to cool our palms

When we come to it

When the curtain falls on the minstrel show of hate

And faces scooted with scorn are scrubbed clean

When battlefields and coliseum

No longer rake our unique and particular sons and daughters

Up with the bruised and bloody grass

To lie in identical plots in foreign soil

When the rapacious storming of the churches

The screaming racket in the temples have ceased

When the pennants are waving gaily

When the banners of the world tremble

Stoutly in the good, clean breeze

When we come to it

When we let the rifles fall from our shoulders

And children dress their dolls in flags of truce

When land mines of death have been removed

And the aged can walk into evenings of peace

When religious ritual is not perfumed

By the incense of burning flesh

And childhood dreams are not kicked awake

By nightmares of abuse

When we come to it

Then we will confess that not the Pyramids

With their stones set in mysterious perfection

Nor the Gardens of Babylon

Hanging as eternal beauty

In our collective memory

Not the Grand Canyon

Kindled into delicious color

By Western sunsets

Nor the Danube, flowing its blue soul into Europe

Not the sacred peak of Mount Fuji

Stretching to the Rising Sun

Neither Father Amazon nor Mother Mississippi who, without favor,

Nurture all creatures in the depths and on the shores

These are not the only wonders of the world

When we come to it

We, this people, on this minuscule and kithless globe

Who reach daily for the bomb, the blade and the dagger

Yet who petition in the dark for tokens of peace

We, this people on this mote of matter

In whose mouths abide cankerous words

Which challenge our very existence

Yet out of those same mouths

Come songs of such exquisite sweetness

That the heart falters in its labor

And the body is quieted into awe

We, this people, on this small and drifting planet

Whose hands can strike with such abandon

That in a twinkling, life is sapped from the living

Yet those same hands can touch with such healing, irresistible tenderness

That the haughty neck is happy to bow

And the proud back is glad to bend

Out of such chaos, of such contradiction

We learn that we are neither devils nor divines

When we come to it

We, this people, on this wayward, floating body

Created on this earth, of this earth

Have the power to fashion for this earth

A climate where every man and every woman

Can live freely without sanctimonious piety

Without crippling fear

When we come to it

We must confess that we are the possible

We are the miraculous, the true wonder of this world

That is when, and only when

We come to it.

– Maya Angelou

 

Verwysings:

https://blogs.loc.gov/catbird/2014/01/space-time-and-the-poet-sagan/?fbclid=IwAR0bD1pFlGBf_J9gSUnbfUeoc-1oVEMZDdLpiASCv3Zz7hg_35YLbDymyOU

https://en.wikipedia.org/wiki/Carl_Sagan?fbclid=IwAR3HJ4gjL2ovjJnbbKbIcWCOpITXw_tz0wjSLXUwKVD1GgI-pvd_C0zpA24

https://archive.org/stream/Cosmos-CarlSagan/cosmos-sagan_djvu.txt

https://theconversation.com/scientists-and-poets-are-more-alike-than-you-might-think-116326?fbclid=IwAR3-QDyuUH0TKFYj4F9wRT5I9PWRRfOPGYwmC0e-9q3-iY-qOuPVPQFrUY8

https://www.loc.gov/static/collections/finding-our-place-in-the-cosmos-with-carl-sagan/articles-and-essays/carl-sagan-and-the-tradition-of-science/sagans-youth-and-the-progressive-promise-of-space.html?fbclid=IwAR1ySDHealzCjujnn4jdWt-DBC_DXwMhlvRwk1z0du4d4KZ_bcnuR32rZ8E

https://www.loc.gov/resource/mss85590.002/?st=gallery&fbclid=IwAR0JS1CWojQ9cNYt_yD9Px35_6NV-78Wh2SjZ4UkLy8Ck8OepfGKNhp2tM8

https://reneeriley.wordpress.com/2019/02/11/poetry-a-brave-and-startling-truth/?fbclid=IwAR1nZUSvSnI6qa6ECNbmV5hIv3LmRcLdHAtI03nmbkNtso2aFYJAeJTIe_8

Nini Bennett. Blou

Thursday, October 25th, 2018

 

 

In die koue nag van die kosmos draai die aarde, die klein, blou planeet. Die digter Archibald MacLeish het gesê: Eeue voor Carl Sagan se Pale Blue Dot was die sterre slegs ligte aan Dante se hemel, en die aarde was die wêreld, die héle wêreld waaroor die mens volgens God se lotsbeskikking geheers het.

Op 14 Februarie 1990 is die laaste foto’s van Voyager 1 ontvang toe dit na die aarde teruggekyk het op ’n verstommende afstand van 5,9 miljard km. Dit het ’n blou kolletjie ingesluit. The Pale Blue Dot is seker een van die mooiste odes wat ooit oor die nat, blou planeet geskryf is. Hier volg ’n uittreksel: Look again at that dot. That’s here. That’s home. That’s us. On it everyone you love, everyone you know, everyone you ever heard of, every human being who ever was, lived out their lives. The aggregate of our joy and suffering, thousands of confident religions, ideologies, and economic doctrines, every hunter and forager, every hero and coward, every creator and destroyer of civilization, every king and peasant, every young couple in love, every mother and father, hopeful child, inventor and explorer, every teacher of morals, every corrupt politician, every “superstar,” every “supreme leader,” every saint and sinner in the history of our species lived there–on a mote of dust suspended in a sunbeam.

Op ’n afstand is die aarde blou. Maar blou is meer as bloot ’n chromatiese kleur, alhoewel The Telegraph se kleurkaart ongeveer 60 skakerings, skadu’s, tinte en tone van blou bevat. Dwarsdeur ons letterkunde figureer die kleur blou as ’n simbool, ’n toestand van syn, ’n uitdrukking van die liriesste en grootste transendentale hoogtes van die menslike verbeelding. Soos geel ’n element van lig bevat, skuil die beginsel van duisternis in blou. Volgens die skilder en kunsteoretikus, Wassily Kandinsky, kan blou verdiep en wegsink in swart: ’n skakering wat die ondraaglikheid van menslike verdriet verbeeld. Dan, aan die ander kant van die spektrum, verloor blou sy betowering vir die mens wanneer dit uitbleik en wegraak in wit.

In haar bekende essay, A Field Guide to Getting Lost, mediteer die skrywer Rebecca Solnit só oor die kleur blou: Vir baie jare voel ek my aangetrokke tot die blou van uiteindes; die blou van horisonne en veraf bergreekse. Die kleur van afstand is ook die kleur van emosie, die sensasie van eensaamheid en begeerte. Blou is ’n kleur wat jy nooit volledig kan bereik nie – sommige lig reis nie al die pad deur die atmosfeer nie, maar raak verstrooi saam met ander molekules in die lug in wat bekend staan as die Rayleigh-verskynsel. Die diep en dromerige melankoliese blou; die blou van atmosferiese afstand en die diepte van water is ’n illusie. Sommige dinge besit ons omdat ons dit verloor het…en sommige dinge is nié so verlore solank ons dit in die blou vergetelheid kan waarneem nie.

Dink aan korale: die swewende marienetuine onder die see. In haar grensverskuiwende Under the Sea-Wind besin die marienebioloog Rachel Carson oor die see en oor verskillende belewenisse van blou. Die monotone duisternis van die diepsee lewer die vreemdste modifikasies van fauna op. Soos die seesones verander en verdiep, verander die kleur van water ook. Tot en met 200 m vanaf die vastelandshelling word die Sonligstreek aangetref. Dit is hier waar fotosintese plaasvind; waar die meeste plante en lewensvorme floreer. Die see se Skemerstreek begin op ongeveer 1000 m afwaarts, voordat die Middernagstreek op 2 km aangetref word. Die diepsee, met sy onbekende trôe en abissale dele breek aan op ’n diepte van 8000 – 11 000 m. Dit word die hadalpelagiese sone genoem, vernoem na Hades of die onderwêreld: die berugte ‘koue nag’ van die oseaan – en dit eggo MacLeish se woorde oor die kosmos.

Op die blinde seebodem leef daar gediertes sonder oë wat aan ekstraterrestriële lewe herinner. Waar die waters langs die kuslyn blougroen – die kleur van lewe – is, vertoon die abissale water swart; of ’n kleur wat selfs swarter as swart kan wees, amper soos vulkaanglas. Die lig in die water doof uit hoe dieper jy gaan: die rooi strale verdwyn na die eerste 300 voet, en daarmee saam, die oranje en geel van die son, die stadige breeklig van strale gefiltreer deur water. Op ’n 1000 voet is slegs ’n diep en donker, fabelagtige blou sigbaar.

Carson vervolg: Om die see te verstaan, moet die mens alle begrippe van lengte, breedte, diepte, tyd en ruimte laat vaar. Geen mens of soogdier kan dit kilometers onder die water waag nie – die waterdruk is te hoog en dit sou noodwendig lei tot ’n inploffing van so ’n liggaam. In die abissale see word alle kleur, alle lig opgeskort. Wetenskaplikes kan marienelewe slegs met gesofistikeerde tegnologiese toerusting bestudeer: die swartduiwel, wat waarskuwend met sy sirenes deur die water blits; of die seespinnekoppe wat met hulle lang speekbene uit die modder peul. In die onderwêreld vorm bentoniese organismes ’n geil gemeenskap van gruwelike en fantastiese kreature – sponse, blomagtige naakslakke, knorhane, heilbotte, buiswurms en oesters, soos antieke beursies, om ’n paar te noem. Dáár waar die menslike oog nie kan sien nie – en waar kleur ophou bestaan.

*

Blou   

 

As aasvoëls ’n broklyf ten hemele neem

die kadawer kluif en reinig tot die laaste ritueel

 

en as ons brandaltare  van verassings agterlaat

en lywe spookwit in kole skei

ja, as ons vuurstof word

 

of ’n stoet ’n mens ter aarde bestel

uitgeloot aan beloftes van wortels

en die ongenadige skoonheid van verval

as vaatbundels nuwe lewe neem

ja, voor ons grondfossiele word

 

en as ons weeksag in water vergaan

met wrakke en skatte in die siersteen

van oseane groei, oor koraalriwwe

tot op die been

as skulpe ons stilte amplifeer

en branders hoogty sketter

as eko-skelette

die verlore tyd aangee en ons

iewers koraalmusiek word

 

ja, as vuur self sterf

en die aasvoëls vertrek,

grond wroet aan die toeverlaat

van nog ’n liggaam

en ook die laaste beenmeel wuif,

die see se asem verslaan

dan sal net die lug oorbly

en as selfs die lug leeggewaai is

 

sal ons blou word,

want blou is die verste kleur

ja, dan sal ons eendag word.

 

Nini Bennett, Boekstaaf 2015.

 

Verwysings:

 

http://www.planetary.org/explore/space-topics/earth/pale-blue-dot.html

http://cecelia.physics.indiana.edu/life/moon/Apollo8/122568sci-nasa-macleish.html

Bennett, N. 2015. Boekstaaf. Pretoria: Cordis Trust-Publikasies.