Volgens The Guardian het Brittanje se splinternuwe poet laureate, Carol Ann Duffy, met haar eerste amptelike vers ’n duidelike aanduiding gegee van hoe sy haar amp gaan benader. Dié veertienreëlige vers (sonnet?) handel geensins oor ’n nasionale feesdag, ’n koninklike verjaarsdag of die Union Jack nie; nee, Politics is ’n striemende aanval op die deursigtige moraliteit…