Posts Tagged ‘Charl-Pierre Naudé vertaling’

Sylvia Geist. Vertaling in Afrikaans

Wednesday, March 10th, 2021

 

Sylvia Geist. Vertaling van Duits in Afrikaans. Vert. deur Charl-Pierre Naudé en Rentia Bartlett-Möhl

 

Vier gedigte uit Brandenburg

 

Op pad huis toe

Tien minute van die huis af

beland ons in ’n ander wêreld. Daar

staan Bobrowski op ’n leer, timmer

aan die dak van sy newelige hut en skud

sy kop vir ons vraag na die weg

vir ons voete. Op die meermingroen

heuwels lê ’n namiddag reeds

gestorwe, vermoedelik in sy vrede.

 

Selfs al sou dit bestaan, die eweheelalle

beteken nie jy kan ’n afdraai

twee keer misloop nie. Hierdie keer

het Bobrowski ook nie raad nie, hy woon

glad nie hier nie, en dit moet óns wees

wat so met koue vingers ’n gehawende

uitspansel van skitterkarton omhoog hou,

jy by die een gewel, ek by die ander.

 

Lig syfer van die tuin af deur een,

waar twee met hul skadu’s geselsend

’n skadulose derde instap, en wat hulle

wou sê, kom soos rook by hul

monde uit bo die sneeu. Die grysaard spuug

spykers, wys met kopknik oor die nok:

Verdwyn maar daarlangs. En ons, figure,

vertel deur die held in ’n klug, volg.

 

*

 

Auf dem Heimweg

Zehn Minuten von Zuhause entfernt

geraten wir in eine andere Welt. Dort

steht Bobrowski auf der Leiter, hämmert

am Dach seiner Nebelhütte und schüttelt

den Kopf über unsere Frage nach dem Weg

vor unseren Füßen. Auf den nixengrünen

Hügeln liegt ein Nachmittag, der schon

gestorben ist, in seinem Glück vielleicht.

 

Auch wenn es sie gäbe, Paralleluniversen

bedeuten, du kannst denselben Abzweig

nicht noch einmal verfehlen. Dieses Mal

weiß auch Bobrowski nicht weiter, er wohnt

gar nicht hier, und wir müssen es sein,

die in kalten Fingern ein armes löchriges

Firmament aus glitzernder Pappe halten,

du an dem einen, ich am anderen Giebel.

 

Licht sickert aus dem Garten durch einen,

wo zwei mit ihren Schatten gehen und reden,

in einen dritten ohne Schatten, und was sie

sagen würden, steht als Rauch aus ihren

Mündern überm Schnee. Der Alte spuckt

Nägel, nickt über den First: Da entlang

könnt ihr verschwinden, und wir, Figuren,

die der Held einer Komödie erzählt, folgen.

 

—–

 

‘working wood’

vroegdag

weer, toe dit

byna lig is: hout

wat weens die omstandighede in die baai

kreun, eenlettergrepig, Januarie-skerp.

 

Ek het daarna gesoek, in my taal,

maar kon niks daarvan hoor in die oorvloed

sillabes nie. Hout wat bewerk word, is ewe ontwrig

as bewerkte hout wat skeef is.

 

Eers in ligte slaap knetter dit wat ek reeds deurgemaak het,

die matborduurders van Koejan-Boelak se groot petrolaankoop

om die moeras te dreineer waaruit die koors gons,

en hul langdradige vrae aan die Boeddha onder die brandende dak:

Brand dit werklik hier en nie iewers anders nie?

 

Terwyl ek droom

dat ek iets kan opgee pleks van om dit te moet verloor,

knars die dakbalke van nalatighede (nog nie,

en nogmaals nie), laat dit die luike ingee,

en werk dit in op ’n deur waarteen ek gister geskop het

en wat nie meer sluit nie; terwyl ek droom,

doen die hout beter as buigsame tale in ’n droom,

 

en praat dit lank

nadat dit gekap is

oor die verval van die huis.

 

*

 

‘working wood’

heute früh

wieder, da war es

schon beinahe hell: Holz

unter den Bedingungen der Bucht.

Ächzend, einsilbig, januarklar.

 

Ich suchte danach, in meiner Sprache,

doch es lässt sich nicht hören in ihrem Überfluss

an Silben. Arbeitendes Holz ist so hässlich

wie wirkendes schief.

 

Erst im flachen Schlaf knistert, was ich nicht mehr erlebte,

der große Petroleumkauf der Teppichweber von Kujan Bulak

für die Trockenlegung des Sumpfs, dem das Fieber entschwirrte,

und die langwierigen Fragen der Leute unterm lodernden Dach

an Buddha, ob es wirklich brenne hier oder nicht doch woanders.

 

 

Während ich träume,

sie verloren geben zu können, anstatt sie verlieren zu müssen,

knarrt es vom Dachstuhl her von Versäumnissen (wieder

nicht, noch und noch), lässt die Fensterläden versagen,

arbeitet an der Tür, gegen die ich gestern antrat,

dass sie nicht mehr schließt, während ich träume,

es ist besser als die gelenkige Sprache im Traum,

 

redet es lange,

nachdem man es schlug,

den Zerfall des Hauses herbei.

 

—-

 

Die vermistes

Sodat die dier kan onthou,

los hulle die lig aan.

Hulle leef nie spaarsamig

met krag nie, hulle ontbeer.

 

Hy jag, vertel hul mekaar.

Te maklik,

dié hoenderkwab met gemaalde been

as die blik eers oopgeskroef is.

 

Hulle mis die pels, hul klamkoue hande

skrik vir mekaar sonder daardie lyfie

wat hulle gedeel het.

 

Uitgedryf na die druppende afdakkie rook hy vuriglik,

sý in die tuin tot by die stroompie

wat woed op pad na die baai.

 

Die vetgevoerde dier jag.

In die vere vind hulle sy verlange

na iets wat kan spartel en bloei,

met verwyte, dan dring dit by hulle op

soos haansaad wat ’n dooier binnedring

voordat die dop vorm.

 

Hulle laat vaar die pogings

om dinge te verbeter. Die deure bly oop,

en die vensterbanke straal van die watts

as hul soggens na die kaai loop.

 

Hy bibber op sy krukke,

sy oë swem in trane,

wanneer sy wadend stuk vir stuk verder raak

behalwe vir die geraas van verset

wat sy vir die water gee, en beide,

die koudheid én nabyheid, daar is.

 

*

 

Die Vermissten

Zur Erinnerung für das Tier

lassen sie das Licht an.

Sie haushalten nicht,

mit Energie, sie entbehren.

 

Es jagt, sagen sie sich.

Zu leicht zu haben,

ist die Büchse erst mal geöffnet,

sind Geflügelgelee und gehäckselte Knochen.

 

Sie vermissen das Fell, ihre Hände,

feuchtkalt, erschrecken voreinander ohne den Körper,

der ihnen beiden gehörte.

 

Ihn treibt es unters tropfende Vordach,

qualmen, sie in den Garten, ab zum Bach,

der zorndick dem Sund zu läuft.

 

Das gemästete Biest jagt.

In den Daunen fühlen sie seine Sehnsucht

nach etwas, das zappeln und bluten kann,

sticheln, dann dringt es vor zu ihnen,

dringt ein wie Hahnsamen ins Dotter,

bevor es zur Schale kommt.

 

Sie verzichten auf jeden Versuch,

es besser zu haben. Die Türen bleiben offen,

die Fensterbeete bestrahlt von Watt,

brechen sie morgens auf zum Steg.

 

Er zittert an seinen Krücken,

seine Augen schwimmen in Tränen,

wenn sie loswatet, sich Stück für Stück entfernt

bis aufs Geräusch des Widerstands,

den sie dem Wasser bietet, und beide,

Kälte und Nähe, sind da.

 

 

Verheldering

Die swart van sy laaste skilderye was beslis geen

voorbode, verklaar sy dogter. Haar hare,

wat direk uit sy laat palet spruit, is ’n verfstreep só vol en breed

dat dit tot in Texas strek. Waarheen dit my trek

 

sedert my eerste voordagvertrek:

Vier jaar oud, op ’n ysblou motorsitplek, met my slaaprooi

jakkie aan, wagtend op iets, ek weet nie mooi wat nie.

’n Ferweelkoord hou die nag buite die Fiat-venster

 

en die haarslierte van die begin bymekaar. Ek vervloei

in die teer, en die symuur, die woud, merels

vergestalt in my geheue en verdonker

op die drade in Texas, plek van steenoue

 

denneheuning, op ’n verfdoek wat die swart

uit die oggendtriestige, vormlose dinge suig

en afsluk soos lopende suiker, om ’n kapel

van merels te voer, by die punt in Texas, waar hulle begin.

 

*

 

Klärung

Keinesfalls sei das Schwarz der letzten Gemälde

ein Vorbote, so seine Tochter. Ihr Haar ist direkter

Nachfahre der späten Palette, ein Strich so satt,

dass er bis nach Texas reicht. Wohin es mich zog,

 

seit ich zum ersten Mal aufbrach vor Tagesanbruch,

vierjährig, auf dem eisblauen Sitz in schlafrotem

Pullover und in Erwartung, nicht wissend wessen.

Eine Kordel hielt die Nacht im Fenster des Fiat

 

und die Strähnen vom Anfang zusammen. Ich floss

ein in den Asphalt und die Wand, den Wald, Amseln

zeichneten sich ab im Gedächtnis und dunkelten nach

auf den Masten in Texas, das ein Land aus steinaltem

 

Tannenhonig war, eine Leinwand, die das Schwarz

aus den morgentraurigen, formlosen Dingen sog,

es schluckte wie geschmolzenen Zucker, einer Kapelle

aus Amseln zum Futter, da wo die anfangen in Texas.

 

 

Vier gedigte uit Brandenburg

Vertaal deur Charl-Pierre Naudé en Rentia Bartlett-Möhl

Biografie: Sylvia Geist

Die digteres Sylvia Geist is in 1963 in Wes-Berlyn gebore en het daar grootgeword. Die gedigte kom uit haar jongste digbundel Fremde Felle (2018, Hanser-Berlyn), wat soos haar ander werk met groot lof en toekennings ontvang is. Sy kan tot die eerste rang van eietydse lewende digters in Duits gereken word. Sy woon in Duitsland se provinsie Brandenburg nie te ver van die Poolse grens af nie. Benewens skrywer is sy in die chemie gekwalifiseer.

Enkele notas by die vertalings

  • Op pad huis toe: Die gedig bring ’n tipiese kontreipad in die oostelike platteland van Duitsland tot lewe. ‘Bobrowski’ is ’n verwysing na die digter Johannes Bobrowski (1917–1965). Ná die verdeling van Duitsland in die sestigerjare word Bobrowski deur die noodlot ’n burger van Oos-Duitsland omdat hy in die oostelike deel van Berlyn gewoon het.

 

  • ‘working wood’: Die titel verwys na die klank wat hout maak as dit uitsit en inkrimp. Die gedig vermeld twee gedigte van Bertolt Brecht: ‘Die tapytwewers van Kujan Bulak vereer Lenin’ en ‘Boeddha se gelykenis van die brandende huis’.

 

  • Verheldering: Hierdie gedig verwys na Kate Rothko, dogter van die kunstenaar Mark Rothko, wat oor haar pa se werk praat. Sy het swart hare en die kleur swart speel ’n rol in haar pa se werk. Die Rothko-kapel in Texas is ’n huldigingsplaats vir Rothko se werk. Die digter het my meegedeel dat sy as kind op vakansies met haar ouers na die woude van Oostenryk per motor gegaan het. Hierdie reise het ten dele deur die beleërde Oos-Duitsland geloop en die pad word in surrealistiese verband gebring met die pad na Texas waar die Rothko-kapel staan.

 

Hierdie vertalings het reeds in Literator 41(1) verskyn en word met die toestemming van die Redaksie op Versindaba geplaas.

How to cite this article: Naudé, C-P. & Bartlett-Möhl, R., 2020, ‘Vier gedigte uit Brandenburg’, Literator 41(1), a1637. https://doi.org/10.4102/lit.v41i1.1637

Copyright: © 2020. The Authors. Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

 

 

K. Michel. Vertaling in Afrikaans

Friday, December 4th, 2020

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (39)

 

K. Michel. Vertaling van Nederlands in Afrikaans. Vert. deur Charl-Pierre Naudé.

 

In die koepelsaal

 

As papierlatern?

Delftblou servies?

 

As hedendaagse boekrak?

Teerpad? Cornervlag?

 

Nee! Aangetrek as ʼn aandenking

het ek opgedaag by die kongres van die dinge.

Om kennis te versamel

en om blad te skud.

 

Die nag was soel,

kamferfoelie en krieke in die lug

Sterre waar jy kyk.

 

Ek loop deur die saal

Ek knik na links, na regs.

ʼn Kroonluster. ʼn Reënboog.

ʼn Trofee. ʼn Sonsambreel. ʼn Vrugtebak.

En daar sowaar ʼn seilboot.

 

Ek haal asem,

ek geniet hier en daar van die koue buffet

en ek raak in gesprek.

Verskyningsvorme is die wese

van dinge en dis eenmalig.

So sê sy.

 

Die name is amptenare.

Hulle pak ons in leêrs weg,

in diep laaie.

 

Die name is doeane.

Hulle ondersoek herkomste

en sluikware.

Daarna gee hulle dit ʼn stempel.

 

Ja maar, opper ek

Die name is ook blou,

asem en swaeltjies.

Hulle maak die wêreld oop.

 

Nee! Die name is noorderwind.

Hulle blaas ons krom

soos waaibome,

soos fietsryers, soos riete.

Veral in die ouderdom.

 

Dit sê sý,

ʼn seringblompot op kaal voetjies.

 

U as aandenking behoort dit te weet,

u is immers die simbool

van die stand van dinge in hierdie tyd,

u het die wind in die hart,

nie waar nie?

 

Met één haal sny die dansorkes

die gesprek oop soos die skeermes van occam.

 

Ooo! Die woorde in die lug.

Die hare deurmekaar.

Die nag stralend, sprakeloos.

Rokke, glase, sonsambreel.

Vensters, die blompot, die lampe.

 

Alles lewe, alles baljaar, alles raas.

 

Yebo!

Lewe verby die name

Yebo!

Liefde wat dans

Yebo!

Duisend miljoen seringe

 

***

 

In de koepelzaal

K. Michel

 

Als tuinlampion?

Delfsblaauw servies?

 

Als moderne boekenkast?

Wegdek? Cornervlag?

 

Nee! Verkleed als souvenir

ging ik naar het congres der dingen.

Om kennis te verzamelen

en handen te schudden.

 

De nacht was warm

Kamperfoelie en krekels in de lucht

Sterren overal.

 

Ik liep door de zaal

Ik knikte naar links, naar rechts.

Een kroonluchter. Een regenboog.

Een trofee. Een parasol. Een fruitschaal.

En daar sowaar een zeilboot.

 

Ik haalde adem

Ik at een en ander van het koud buffet

En ik kwam in gesprek.

De verschijning is het wezen

en die is uniek.

Dat zei se.

 

De namen zijn ambtenaren.

Ze stoppen ons in ordners,

in grote laden.

De namen zijn douane.

Ze controleren op herkomst

op contrabande.

Daarna geven ze een stempel.

 

Ja maar, bracht ik naar voren

De namen zijn ook blaauw

adem en zwaluwen.

Ze leggen de wereld open.

 

Nee! De namen zijn noordenwind.

Ze blazen ons krom

als waaibomen

fietsers, het riet.

Vooral als ze koud zijn.

 

Dat zei ze

een seringvaas op blote voetjes.

 

U als souvenir moet dat weten

U bent immers het embleem

van de status der dingen in deze tyd

U hebt de wind in het hart,

N’est-ce-pas.

 

Met één haal sneed het dansorkest

als een scheermes van occam het gesprek open.

 

Ooo! De woorden in de lucht

Het haar in de war

De nacht stralend, sprakeloos.

 

Jurken, glazen, parasol.

Vensters, de vaas, de lampen.

 

Alles leeft, alles springt, alles is luid.

 

Yaaa!

Het leven voorbij het namen

Yaaah!

De liefde die danst

Yaaa!

Duizend miljoen seringen

 

Bronverwysing:

Michel, K. 1989. Uit: Ja! Naakt als de stenen. Meulenhof.

 

Seamus Heaney. Vertaling in Afrikaans

Friday, December 4th, 2020

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (38)

 

Seamus Heaney. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Charl-Pierre Naudé.

 

Dood van ʼn natuurkundige

 

Heeljaar lank het die vlasdam in die hart

van die hoewe geëtter; swaar koppe groen vlas

was reeds vrot daar; afgetrek deur reusagtige klodders.

En daagliks het die strawwe son dit laat verwelk.

Borreltjies het delikaat geskuim terwyl brommers

ʼn sterk gaas van klank om die stank weef.

Daar was naaldekokers, en skoenlappers met kolle,

maar die beste van alles was die lou, dik slym

paddakuit wat soos geklonte water

in die skadu van die oewers gegroei het.

Elke lente by die huis het ek konfytflesse vol

van die gestippelde kwab op vensterbanke gerankskik

en op rakke by die skool, om dop te hou, en gewag

vir die vetter wordende spikkels om oop te sweer

tot ratse paddavissies wat rondswem. Juffrou Walls

het vertel hoe die pappapadda ʼn brulpadda

heet en hoe hy kwaak, hoe die mammapadda

honderde eiertjies lê en dié was mos

die paddakuit. Jy kon weervoorspellings maak

deur na paddas te kyk, wat geel in die son

en bruin in die reën is.

En een warm dag toe die veld geil van die koeimis

in die gras geruik het, besluit die paddas

om die vlasdam te bestorm; deur die heg het ek

geduik om ʼn gekwaak te hoor soos nooit

tevore nie. Die lug was ruig van die baskoor.

Groot boepenspaddas het die lengte van die dam

afgekleim en was oorgehaal vir aksie op hul kluite;

die los nekvelle het gepuls soos bolseile.

Sommiges het gespring: die geflap-en-plons

was obsene dreigemente. Ander

het soos moddergranate gereed gesit

en gepoep met hul stomp koppe.

Ek was naar, moes omdraai en hardloop. Die groot

slymkonings was daar vergader vir wraak

en ek het geweet as ek my hand

in die water doop sal die kuit daarna gryp.

 

***

 

Death of a Naturalist

Seamus Heaney

 

All year the flax-dam festered in the heart

Of the townland; green and heavy headed

Flax had rotted there, weighted down by huge sods.

Daily it sweltered in the punishing sun.

Bubbles gargled delicately, bluebottles

Wove a strong gauze of sound around the smell.

There were dragon-flies, spotted butterflies,

But best of all was the warm thick slobber

Of frogspawn that grew like clotted water

In the shade of the banks. Here, every spring

I would fill jampotfuls of the jellied

Specks to range on window-sills at home,

On shelves at school, and wait and watch until

The fattening dots burst into nimble-

Swimming tadpoles. Miss Walls would tell us how

The daddy frog was called a bullfrog

And how he croaked and how the mammy frog

Laid hundreds of little eggs and this was

Frogspawn. You could tell the weather by frogs too

For they were yellow in the sun and brown

In rain.

Then one hot day when fields were rank

With cowdung in the grass the angry frogs

Invaded the flax-dam; I ducked through hedges

To a coarse croaking that I had not heard

Before. The air was thick with a bass chorus.

Right down the dam gross-bellied frogs were cocked

On sods; their loose necks pulsed like sails. Some hopped:

The slap and plop were obscene threats. Some sat

Poised like mud grenades, their blunt heads farting.

I sickened, turned, and ran. The great slime kings

Were gathered there for vengeance and I knew

That if I dipped my hand the spawn would clutch it.

 

Bronverwysing:

Heaney, Seamus. 1966. Uit: Death of a Naturalist. Faber & Faber.