Posts Tagged ‘chestlyn draghoender gedig’

chestlyn draghoender. facebook

Thursday, March 17th, 2022

 

facebook

 

ek gan op Facebook

vanoggend,

en ek sien jou naam

daar onner

 

“friend suggestions.”

 

jy’t natuurlik my

profile ytgecheck,

sonner om ees n

request te stuur:

 

ek wonner manet

hoekom het jy nie.

 

ek sit op my bed,

en ek kan jou huis

van hier af sien.

 

© chestlyn draghoender