voorafbepaalde vlug dartelend op verbeeldingsvlug vry, maar tog standvastig vlerkspan nou geknip … in brons verewig waar gaan jy heen? waar was jy oral? hoe is jy gevorm in die gedagtewêreld van ‘n dromer? tydloos is jou vlug stilstaande pseudo-ademlose beweging hoë vibrasie dog kalm-energie wat die relevansie van tyd kan waarneem…
